Afrikaans vir ontklotter

Met hierdie week se bloguitdaging kom ek op ‘n nare woord af: ontklotter. Direk vertaal van ‘declutter’. Dis om van naar te raak. In my oë, ‘n anglisisme. Ek sien dat dit nie net ek is wat die woord naar en vreemd vind nie, omtrent almal voel so. Waar kry julle hierdie woord?

Sjoe! Daar móét ‘n mooi Afrikaanse woord wees wat ons kan gebruik, ons taal is mos darem nie só arm nie! Natuurlik het my kop ook gaan stilstaan en kon ek nie aan ‘n woord dink nie.

Hier is ‘n paar moontlikhede:

opruim

jou goed uitsorteer

jou goed regpak

netjies maak

rommel weggooi

in orde bring

ontrommel, soos Hester voorgestel het

Ek is seker julle kan ook aan ‘n hele paar woorde dink. Ek hoop van harte dat hierdie ontklotterwoord nóóit gaan posvat nie. Regtig nie.

Jammer as ek op tone trap hier.

Toortsie


33 thoughts on “Afrikaans vir ontklotter

  1. Ek is nie tevrede met een van die twee woorde nie, want declutter het vir my ‘n wyer mening as om net rommel weg te gooi. Nie alles wat ek uit my huis wil gooi is rommel nie. En wat van onwelkome emosies, “vriende” wat jy wil agterlaat, herinneringe wat jy nie meer in jou brein wil laat rondspoel nie. Wie van julle behoort aan die Facebookgroie “Argaïese uitdrukkings is cool? Gaan soek na die woord ontklotter (in die soekblokkie in die linkerkantse kolom) – daar was reeds twee besprekings van die vertaling vir declutter in Januarie 2017 en Desember 2018. Hierdie groepie lewer baie oulike debatte op.

    Liked by 3 people

  2. Jy is reg, dis ‘n simpel woord. Klink soos iets wat met slagroom moet gebeur. Ek is getroud met die vader van “clutter”. Ek sal van een van sy hope ontslae raak, net om te ontdek hy het twee ander begin.

    Liked by 1 person

    1. Die beste is om so ‘n opgaarder net te aanvaar soos hy is, anders gaan jy mal raak. Aan die ander kant, mal raak jy dalk in elk geval, óf van die opgaardery, óf van die regpak.
      Ek is bevrees ‘n sekere persoon gaan ons hele garage weer vol keppies hang. Ai toggie, kan ek dit nie laat verdwyn nie? 😳

      Like

  3. Die woord gee my die horries Toorts. Voel waaragtig ek wil naar word. As my huismense dit uitvind gaan ontklottering gedurig hier gebruik word om my bloeddruk op te jaag. If they keep this up in Afrikaans I will become English 😂😂😂😂

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!