Lê jou eier: Ontrommel my elektroniese wêreld

In opdrag van Hester.

Ek is maar ‘n sentimentele een en al gooi ek ook maklik goed weg, maak ek maar graag bymekaar ook. Dis vir my moeilik om waardevolle goed sommer net weg te gooi, net môre kry ek dit weer nodig. Of nie.

Ons elektroniese dinge kan maklik ons lewens oorneem, en daarom moet ons nogal strenger wees met dit as met ander dinge. Hierdie bloginskrywing mag dalk negatief oorkom, maar dis ongelukkig hoe ek my elektroniese wêreld ontrommel. Verskoon my as hier ‘n paar Engelse woorde ook deurglip.

Hoe ontrommel ek my elektroniese wêreld? Danksy die tegnologie dring mense ons lewens ongenooid en ongevraagd binne.

  1. Blogs en Facebook:

Ek stel alle kennisgewings per e-pos af. Ek lees net blogs wat vir my lekker is en as ‘n blogger op ‘n gereelde basis vir my ‘n wrang smaak in die mond gee, verkies ek om dit nie te lees nie, net soos ander weer nie by my lees omdat ek nie skryf waarvan hulle hou nie.

Om mee te begin, is my foon se klank af. Dit is permanent op ‘silent’. So min mense bel deesdae nog en ‘n mens raak nogal gewoond aan die stilte, dat jy hoor as iemand bel.

Besliste nee’s by blogs en Facebook:

  • Mense wat my God onteer deur hulle inskrywings of kommentare.
  • Mense wat my Christenmaats op my FB verkleineer oor ons geloof.
  • Mense wat disrespekvol teenoor die ander mede-gebruikers is.
  • Mense wat keer op keer kla oor reën. Onthou, my lewe hang af van reën. Dit maak seer. Baie seer. (Ek kla nie oor jou salaris nie!)
  • Mense wat my keer op keer op FB ‘reghelp’ op ‘n ongeskikte manier. Jammer, as ek dan so pateties is, kan jy my bel en ons praat dit uit, maaar nie in die openbaar nie. (Dit het darem nog net een keer gebeur.)

Nee’s op Facebook:

Ek geniet FB baie, veral as mense lekker lawwe en geselsgoedjies opsit, waarmee ‘n mens kan saamkuier. Selfs lawwe foto’s is ook pret.

  • Mense wat die meerderheid van tyd negatiewe goed opsit.
  • Mense wat van my Facebookmuur misbruik maak om hulle advertensies op te sit.
  • As ek agterkom dat ek wel jou FB maatjie is, maar ek kan niks van jou goed en foto’s sien nie, dan wonder ek …
  • Ek sit baie gou die kennisgewings van kommentare af wanneer ek by iemand kommentaar gelewer het.

2. Nee’s op E-pos:

  • Alle gemorspos is uit. Ek blokkeer dit onmiddellik.
  • Ek wil nie graag al die mooie video’s wat mense so graag van die een persoon na die ander aanstuur, ontvang nie.
  • Slegs een e-posadres. My werk het vir twee jaar van my vereis om ‘n tweede e-posadres te hê, dit is gelukkig nou weer gekanselleer.

3. Nee’s op Whattsapp

Voor ek die nee’s skryf, wil ek eers sê: Ek is mal oor whattsapp. Om te gesels op WA. Dis vir my HEERLIK as jy vir my laat weet hoe dit met jou gaan en ons gesels sommer ‘n lang stuk. Met regte woorde. Maar …

  • Hierdie is ‘n moeilike een, omdat die persone wat twee keer per dag vir jou ‘n mooi prentjie aanstuur, gewoonlik die hand van vriendskap nodig het.
  • Video’s per whattsapp is uit. Dit is ook my boodskappie op Whattsapp: ‘Asseblief, geen video’s. Dankie’. Dis lelik, maar ek het nie tyd óf genoeg data om almal se video’s te kyk nie, en as dieselfde video al die tiende of twintigste keer vir my gestuur word, wil ek skree, selfs al is dit ‘n baie mooi video.

4. SMSse en oproepe

Jammer, Foschini, Solidariteit, die DA, ATKV, en wie nog almal vir my promosie-smsse stuur. Julle nommer word summier geblok. Ook as julle my bel en ‘n rekenaarstem begin met my praat. ‘Call-centres’ is UIT. Julle bel my net EEN keer, dan word julle geBLOK. Ek is GOED met nommers blok.

Ek is die baas van my elektronika, nie die elektronika die baas van my nie. Laat ek dit so hou!

Nou het ek heeltemal te veel geskryf en sal nog hierdie bloginskrywing ook moet ontrommel!

Groete

Toortsie

Kyk wat skryf die ander blogmaats oor ontrommeling. 

28 thoughts on “Lê jou eier: Ontrommel my elektroniese wêreld

  1. Hoe blok mens hierdie oproepe van callcentres? Noudat MTN mens se internet gaan afsit as jou data opgebruik is, gaan ek beslis geen videos en prentjies ontvang op whatsup nie!

    Like

    1. Watter tipe foon het jy?
      By Androit fone kan jy Truecaller opsit. Dit werk baie goed.
      Ek het ‘n Apple. Jy druk op die nommer. Dan is daar mn opsie: Block caller.
      Soms is dit ‘n langer pad. Druk op nommer. Kliek op information. Druk weer op nommer. Dan kom opsie: Block caller.
      Of so iets. Jy moet maar probeer tot jy daarby uitkom.
      Hulle bel weer, want hulle het baie lyne, maar iewers raak hulle tog almal geblok.

      Liked by 1 person

  2. Ek kla ook oor die prentjies , ek wonder altyd of die prentjie-stuurder ooit dink aan ons data!! ag ek sou darem eerder selfuitgedinkte boodskap so uit die hart wou ontvang … enn ek het broertjie dood aan groepe – whatsapp groepe.

    Liked by 2 people

    1. Ek hou nogal van ‘n groep wat ‘n spesifieke doel het en die mense hou daarby. Dan kan dit nuttig wees. Maar as hulle hand-uit ruk, is dit chaos.
      Ja, stuur vir my ‘n boodskap in jou eie woorde asb.

      Like

    2. Ek leer almal wat wil groepies stig om eerder n Broadcast list te maak….dan stuur mens een boodskap na honderd mense maar almal kry nie al die replies nie. Dit lyk asof die afsender en die persoon wat die boodskap kry net met mekaar gesels. Skakel al daai onnodige replies uit. Ek was onlangs op ‘n groepie waar daar elke dag tussen 20 en 30 traangesiggies rondgestuur is…..

      Liked by 2 people

      1. Dis baie erg. Maar ek is nou op ‘n broadcastlist waarop ek nie wil wees nie.
        Die dame sit sieselfde goed op faceboek, waar sy my tag, whattsapp en e-pos. Dieselfde e-pos kom ‘n paar keer deur. Nou word almal se lief en leed per broadcast list gestuur. Ek het nou al gevra vir minder, nou raak die whattsapps meer. Ek gaan verdrink!

        Like

        1. Party mense weet net nie waar om die flippen streep te trek nie….My situasie met die baie huilende gesiggies was so iets. EN dit was na die afsterwe van daardie pragtige jong vrou. Maar haar vriendinne en familie het die dam so vinnig onder die eend uitgeruk….ek het na die vierde dag van 30plus huil gesiggies die groep verlaat…baie sleg gevoel, maar my data kon net nie saamspeel nie.

          Like

  3. EK het hierdie blog uitgedruk en gaan die naweek stap vir stap lees hoe jy wat gedoen het. Omdat ek gedigte en stories vir my radioprogram op FB kry is ek toegegooi met FB inskrywings…ek wil mal word, maar ek weet nie woe om dit anders te doen nie. Dankie vir die goeie raad.!

    Like

    1. Waaroor dink jy?
      Fb kyk by wie jy reageer, danword daardie mense se goed gewys. Ek het ook 2 mense wie se goed ek baie sien. Die geheim is dat ‘n mens orals moet ‘like’ of kommentaar lewer, dan sien jy meer mense se goed.
      Dink ek.

      Liked by 1 person

        1. Nou moet ek mooi dink. Jy moet in jou settings ingaan. Dan kyk jy maar, iewers is daar ‘n plek wat jy kan aftiek watter kennisgewings hulle vir jou moet stuur. Haal al die merkies uit. En maak seker dat, wanneer jy kommentaar lewer, jy NIE die blokkie tiek dat hille vir jou e-posse moet stuur nie. Dit gebeur baie maklik.

          Liked by 1 person

  4. Ek dink ook nie veel van die prentjes wat so gestuur word nie. Met tye kry ek dit nie oop nie. Nou kyk ek nie eers regtig daarna nie. Die groepe is vir my ook meestal maar n soort van n klaagmuur. Dit hang ook maar af watter groep dit is. Gelukkig is ek nie so tegnologies vaardig nie. Eintlik stel ek nie so diep daarin belang nie. Dit oordonder my heeltemaal as daar so baie goed gestuur word.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!