
Naomi, Rut en Boas.
In die eerste gedeelte van hierdie boek het ek gelees van Naomi wat saam met haar man en seuns, Moab toe getrek het toe die hongersnood te groot geraak het in Betlehem. Intussen is al die mans in die gesin oorlede en al wat oorgebly het, Naomi en haar twee Moabitiese skoondogters. Naomi stel hulle vry om terug te gaan na hulle families toe, maar Rut voel om eerder haar skoonma te ondersteun en by haar te bly.
Hulle keer terug na Betlehem na hulle geplunderde huisie. Naomi, wat eens op ‘n tyd ‘n ryk vrou was uit ‘n ryk familie, leef nou in armoede. Naomi, wat bitter geword het, maar weer besig is om haarself te vind, heel te word.
Ons leer vir Boas ken: ‘n Eerlike man met integriteit. ‘n Man wat daagliks uit die Wet van God lees, wat dit toepas, wat seker maak dat dit in sy dorp toegepas word. ‘n Man wat sy eerste vrou ongelooflik liefgehad het en lank treur oor haar dood. Iemand wat sy werkers goed behandel en ‘n hart het vir ander mense.
Rut speel ‘n al hoe groter rol. Hardwerkend en lojaal. Sy is lief vir haar skoonma en sy hunker al hoe meer om die God van die Israeliete te leer ken.
En dan, die mooi, onskuldige manier wat die belangstelling tussen Rut en Boas ontwikkel, die liefde tussen hulle ontwikkel. ‘n Liefde wat tot ‘n huwelik ontwikkel en ‘n kind tot gevolg het: ‘n Kind wat die oupagrootjie sou word van die baie bekende Koning Dawid. Hierdie kind was ‘n voorvader van Jesus Christus, ons Here.
Ek geniet hierdie boek geweldig baie. Dit is ‘n vertaalde boek en is oorspronklik uitgegee met die naam, Redeeming Grace. Die boek is goed vertaal en lees baie lekker.
…………………………………………….
Geskenk. Present. Seëning. Geseend.
Hierdie is een van die boeke wat saam met ‘n pakkie boeke van Cum af gekom het, wat ek en Seegogga lees en as ons wil, iets daaroor skryf. Ons geniet dit geweldig baie. Dis ‘n geweldige voorreg en ek lees boeke wat ek dalk nie almal by sou uitkom, of self sou gekoop het nie omdat ek dalk ander sou kies. Elkeen van die boeke is fantasties en ek leer so baie daaruit. Behalwe dat die ontvang van die boeke ‘n seën is, word ek soveel geseën deur die inhoud van hulle almal. Baie, baie dankie aan Cum vir hierdie wonderlike voorreg.
Die volgende pakkie boeke is glo op pad! Dit lyk my dis meestal kinderboeke hierdie keer. Lekkerrr!
Ons is opgewonde! Dankie, CUM Boeke, julle is sterre!
Groete
Toortsie
Kliek HIER vir nog boekbesprekings.
U kan ook my boekbesprekings volg op Pinterest.
Ek het ook al die boek gelees en het dit ook geniet
LikeLiked by 1 person
Die verhaal van Rut is een van my gunsteling verhale in die Bybel. Dit wys ook dat ‘n mens nie ‘n manier van dating kan voorskryf soos sekere mense graag wil nie. Die Here het mense op die mees onkonvensionele maniere by mekaar laat kom in die Bybel.
LikeLiked by 1 person
Hy het Sy plan met ons, of ons dit wil erken of nie, of ons wil saamspeel of nie. En as ons hardekwas is, laat Hy ons toe om ons eie lewe te lei. Met ons eie gevolge.
LikeLiked by 1 person
En dan nogtans werk als volgens Sy meesterplan uit! Dit bly fantasties, elke liewe keer as ek besef presies hoe fyn goed bymekaar pas en ons sien maar net ‘n klein bietjie van dit!
LikeLiked by 1 person
Net so. 😊
LikeLiked by 1 person
Het die boek in engels gelees, ek het dit baie geniet.
LikeLiked by 1 person