Twee honde baklei

My pa was vreeslik lief vir die uitdrukking, Twee honde baklei om ‘n been. Die derde kom en gaan daarmee heen.

Ek dink dit is glad nie nodig om hierdie idioom uit te lê nie, dis voor die hand liggend. Twee mense stry oor iets wat hulle graag wil hê, dat hulle nie agterkom dat ‘n derde persoon met die prys wegloop nie.

In my lewe is hier twee honde wat baklei om ‘n been. Die been se naam is Saterdag. My tyd, eerskomende Saterdag.

Die twee honde is ‘n gilet wat klaargebrei moet kom voor Maandag, en my huis wat ek nou vir eens en vir altyd klaar wil uitpak en die prente ophang. Tyd vir beide is daar regtig nie, dit sal baie beplanning kos.

Nou wil dit al vir my lyk dat ek iemand baie naby aan my vir wie ek baie lief is, sal moet skuif van die een kamer na die ander in die ouetehuis Saterdag.

Nou ja, ek sal dit met liefde doen. Die twee honde sal maar bekaf moet sit en kyk, dis wat.

En intussen sal Toortsie ‘n bietjie beplanning moet doen rondom ‘n sekere gilet wat klaargebrei moet kom.

Die lewe is opwindend!

Groete

Toortsie

12 thoughts on “Twee honde baklei

Gesels saam, asseblief!