En hier maak een sinnetjie vir my ‘n hele nuwe wêreld oop! Hierdie sinnetjie is in die boek, ‘Verlos deur Genade’, deur Jill Eileen Smith.

Die boek handel oor Naomi en Rut se storie, regtig ‘n mooi en lekker boek om te lees, dis vertaal uit Engels en oorspronklik uitgegee as ‘Redeeming Grace’.
Die droogte in Betlehem veroorsaak dat Elimelek en sy gesin groener weivelde gaan soek in Moab, waar hulle twee seuns verlief raak op die twee Moabitiese meisies, Orpa en Rut.
Op ‘n baie interessante manier leer ons die heidense feeste ken, ook die offer van pasgebore babatjies aan hulle god, Kemos.
Rut voel van kleins af ongemaklik met hierdie gebruike, maar die twee jongmanne en Orpa geniet die feeste. Tot daar ‘n groot waterskeiding kom.
Intussen is al die mans in die gesin dood en het die reën weer gekom by Betlehem. Soos ons die Bybelverhaal ken, besluit Naomi om terug te keer na haar geboorteplek, Betlehem. Sy versoek haar skoondogters om terug te draai, maar Rut voel om saam te gaan met Naomi. Sy begin vrae vra oor die God wat Naomi aanbid.
Naomi antwoord: ‘Ons God is nie soos Kemos nie. Hy gee en neem lewe op sy aangewese tye, maar Hy vra nie bloed van onskuldiges op brons altare nie. Hy verafsku dit inderwaarheid, soos wat Hy aan ons vader Abraham bewys het.’
En net daar gaan ‘n liggie vir my aan. Ons dink altyd hoe wonderlik Abraham se geloof was toe hy vir Isak moes gaan offer, hoe gehoorsaam hy was, dat hy in sy hart geweet het dat God sal voorsien, hoe wonderlik God se voorsiening is, maar dat hierdie voorval ‘n demonstrasie was van hoe anders God is op ‘n heel ander manier, dat Hy nie soos soveel van die wêreldse gode verwag dat kinders geoffer moet word nie, maar dat Hy juis daarmee gedemonstreer het dat Hy dit verafsku. Wonderlik. Ons God is ‘n unieke God, ‘n wonderlike God, Een op wie jy kan vertrou. ‘n Lewende God wat betrokke is in ons gewone alledaagse lewens.
Intussen lees ek voort, die twee vroue is op pad terug na Betlehem, terwyl Boas se vrou kort gelede dood is en hy baie swaar kry as gevolg van sy verlies.
Toortsie
Uitgegee deur Cum Boeke
Ek moet dit lees!
LikeLike
Jy kan gerus ja.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die bymekaarvat, ek sal die boek defnitief lees.
LikeLike
Toer julle nog lekker?
LikeLike
❤
LikeLike