Só het ek geleer in een van die vele bemarkingsgoed wat ek in my lewe gedoen het: Vra vrae. Ask ‘yes’ questions. Vra vrae waarop die antwoord ja is, dan lei jy die persoon tot ‘n ja vir jou produk.
En ná die tyd sit die ou met ‘n ding wat hy nie regtig wou hê nie.
Dit voel darem baie soos manipulasie, of nie? Erg aggressiewe bemarking wat my ongemaklik laat.
Party mense het die kuns van vrae vra vervolmaak en die Toortsie val keer op keer in daardie gat. Toortsie se kop werk oortyd om die vrae wat op haar reën, sinvol te antwoord. En terwyl sy besig is om die een sinvolle antwoord te gee, kom die volgende vraag reeds en sommer die volgende een ook en Toortsie is doof en sien net die lippe beweeg en kan nie byhou nie!
My skoonma was ‘n genie wat vrae vra aanbetref. So hou sy die geselskap aan die gang. Skoonma vra, Toortsie antwoord en intussen dink sy die volgende vraag uit solank Toortsie antwoord. Tot Toortsie sê dat dit nou genoeg vrae vir vandag was.
Soms wonder ek, maak die antwoord enigsins saak?
Ek het wonderlike vriende wat ook baie vrae vra. Nes skoonma, stel hulle regtig belang.
En dan, soms dink ek, nou het ek heeltyd gepraat en nog niks van hulle gehoor nie en dan is die uurtjie al om. En dan voel ek vir dae skuldig omdat ek so baie gepraat het.
‘n Mens wen net nooit!
Maar die verkoopsman wat my nou net gehelp het, het my moeg gemaak. Hoekom wil tannie die spykers hê? Wat gaan tannie dan nou ophang? Waarvandaan trek tannie? Van’n ander dorp af? En dit is alles nog deel van sin een.
Moeg!
Toortsie
Dan is daar ‘n kennis van my wat jou geen kans gee om ‘n woord in te kry nie. Sy vra ‘n vraag, antwoord dit self en brei daarop uit. Al wat jy hoef te doen is om jou wenkbroue te lig en “ja” te knik – dan gaan die geselskap volstoom voort.
LikeLiked by 3 people
Maklik, nê 😊
LikeLiked by 1 person
Soms vra mense vrae en stel nie regtig belang in jou antwoord nie. Ek weet nie waarby dit kom nie.
LikeLiked by 1 person
Dalk ‘n ingesteldheid om vrae te vra, moenie worrie oor die res nie.
LikeLiked by 1 person
Interessant. Voltaire het gesê, “Judge a man by his questions rather than his answers”!
LikeLiked by 1 person
Joe.
LikeLike
Dit maak sin.
LikeLike
Toortsie hoekom voel jy altyd skuldig? Hoekom vat dit jou so lank om een vraag te beantwoord. Hoekom praat jy en gee nie jou skoonma kans om iets te sê nie? Hoekom wou jy i.e.g daardie spyker hê. Hoekom slaan jy spykers in die muur…daar is beter maniere om skilderye op te hang. Is dit ‘n skildery wat jy wil ophang? In watter kamer wil jy hom ophang? Bly jy lekker in jou nuwe huis?
LikeLike
Is daar nog iets wat jy wil weet! 😳 Genade, jy klink erger as ‘n opgewende orrel en weet jy hoe klink dit? Vra my pa, wat altyd gesê het dis soos ek klink, maar hy is al 20 jaar dood so nou weet ek nie vir wie jy kan vra nie.
LikeLiked by 1 person
Hoekom weet jy nie vir wie ek nou kan vra nie Toorts. Wie dink jy sal miskien my kan help. Hoekom is jy nie op datum met alles nie? Hoe oud was jou pa toe hy oorlede is? Verlang jy ook so na hom soos ek na my ouers? Lekker slaap jy!!! 😁😁😁
LikeLike
My pa was ongeveer 71 toe hy oorlede is. Hy het ‘n beentjie ingesluk wat sy slukderm oopgeskeur het. Ek mis hom by tye baie, ander tye minder. Ons het ‘n wonderlike verhouding gehad. Hy was baie jare op geleende tyd met baie siek longe wat sy hart verswak het. Nooit in sy lewe gerook nie. Sy longe was gekontamineer deur stof van te veel in sy lewe in skaapkrale werk. Hy het sarkiodoses gehad. Sakkies en dose. Verpakkingsmateriaal.
LikeLiked by 1 person
Eintlik was hy nog jonk.
LikeLike
Baie jonk van gees ook. Wonderlike mens. Baie geliefd.
LikeLike
Het jou vrae nou opgeraak?
LikeLiked by 1 person
Neeeeeeee hoekom het jy nog nie my Valentynsblog gelees nie? Hoekom staan jou eendjies juis by daardie spesifieke venster. Hoekom sê jy jy is nie ‘n goeie vryer nie. Hoekom gee jy nie meer onderwys nie. Wat se vak het jy aangebied. Vir watter standerd het jy klas gegee?
LikeLike
😳
LikeLiked by 1 person