Lê jou eier – Toortsie se Woordsnoere 1

Ek wil vir julle ‘n storie vertel, eintlik is dit ‘n komedie, en as jy dit lees, mag jy dalk dink ek is kens, maar jy moet oppas om in daardie slaggat te trap, met die Towerinne weet ‘n mens nooit waar hulle hulle kleims afsteek nie.

Die Towerinne is so vol lewenslus, ek sal julle met graagte ‘n ietsie daarvan wil vertel, maar ek weet nou al dat as ek eers begin, dit moontlik tot chaos kan lei of selfs ‘n hewige reaksie uitlok. As jy hulle, die Towerinne, bymekaargooi, kan jy maar weet dat jy ‘n resep het vir iets totaal onverwags, makaber selfs.

‘n Mens kan hulle ook glad nie isoleer nie, of hulle met enge oë bekyk nie, om die waarheid te sê sal dit goed wees as jy die lens wat jy gebruik, selfs ‘n bietjie tint om die regte beeld te kry. Weet net dat dit wat jy gaan aanskou, fenomenaal sal wees, moedermooi, amper soos ‘n engelekoor, of ‘n oerangoetang in die wildernis. Die kans is goed dat jy selfs 14 dames sal sien wat kleurvol gesmeer is met oker, wat enige skuinste in hulle lewens sal gebruik as ‘n geleentheid om af te gly.

Dus, maak ‘n memo, teken aan, want weet, die Towerinne is al weer besig met ‘n nuwe uitdaging.

En net indien jy, soos ek aan die begin voorspel het, dink ek is kens ná jy hierdie gelees het, wil ek net sê dat die rede vir hierdie gegorrel is dat Lekkervurig ons uitgedaag het om hierdie woorde wat almal in swart gedruk is, op ‘n manier te gebruik. Ek gebruik graag die Towerinne as onderwerp omdat hulle my na aan die hart lê, ons is eintlik soos een soma, een liggaam, as ek die woord reg verstaan.

Dit is my bede dat die Towerinne dalk eendag op ‘n reëndag tog te lekker sal saamkuier. Wie weet, dalk gebeur dit tog.

Het jy ook lus vir saamspeel? Skryf dit op jou blog. Gebruik een of meer van die woorde as inspirasie en onthou om die skakel te gaan plak by INLINKZ, waar jy ook sommer al die ander blogs kan lees.

Toortsie

22 thoughts on “Lê jou eier – Toortsie se Woordsnoere 1

  1. Newwwermaaind ys gebreek, die lat so hoog gestel dat ons Charmaine Gayle en Hestrie Cloete sal moet inroep om namens ons oor te seil. Toortsie, bravo! Komaan Towerinne, nog dertien snoere moet geryg word, en wie weet nog. Ag, ek is bevoorreg om ‘n towerin te wees. Whoohoo.

    Liked by 3 people

  2. Welgedaan Toorts. Dis daardie nuwe huis wat jou so inspireer….of Kareltjie…of die Undertaker. Ek moes net…kan myself nie help as iets my so “tickle” nie. Weereens…welgedaan!!!

    Like

  3. My hande juk om te begin maar my muse word besig gehou met die 2 sewejariges wat die naweek kuier…..uitstekende werk Toortsie! Gaan moeilik daai stukkie briljantheid kan nadoen

    Like

    1. Ek kry eintlik regtig groot lag. Ek het die lys woorde afgeskryf, my rekenaar gevat en begin skryf. Ek dink die eerste woorde het ontstaan oor die woord, komedie. Die res het net gevolg. So iets het ek nog nooit beleef nie.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!