Knippetieknip

Hoe gebeur dit? Ek skryf so lekker, die woorde vloei, dit gaan net lekker en die volgende oomblik druk ek iets verkeerd en woeps! Alles is weg! En nee, die konsepte lê daar dolleeg.

Maar wat ek aan die vertel was, ek hoop ek kry dit weer reg! Verlede Sondag speel ek toe weer kitaar in die kerk. Die diens gaan oor liefde, liefdeloosheid en liefdelvolheid. Die gedagtes wat ek in my kop het, is nie almal baie liefdevol nie. Nie almal mooi nie. Ek besef dit en praat myself aan, sommer nog voor kerk: Toortsie, liefdevol.

Die orkes speel hulle hart uit, ons sing uit volle bors waar nodig, met gevoel waar nodig. Te oulik. En Toortsie is mos musikaaaaal, julle weet. Sy kan mos eintlik heel oraait sing, julle weet. In elk geval, dis wat sy dink!

My gedagtes is vir ‘n oomblik nie heeltemal waar dit moet wees nie, my kop is nie by my werk nie, sou my man sê.

Hoor hier, ons sing ‘n liedjie, ek kan nou nie eers meer onthou wat dit was nie, maar dit bou so op. Ons speel en ons sing, julle moes ons hoor! Op ‘n sekere plek haal almal uit so al wat hulle het, die sangers sing, die pianis speel die klavier vir dood, die tromspeler haal allerhande lopies op die dromme uit, die baskitaarspeler speel vir al wat hy het en Toortsie en die ander kitaarspeler slaan hulle kitare, julle moes ons net hoor!

Toortsie maak sommer haar oë toe, so lekker speel sy. Uit volle bors, in die oomblik.

Totdat sy haar oë oopmaak en sien dat sy verander het na G en nie na E nie. Wat ‘n lawaai!

En by die Amen klink haar stem skielik soos ‘n dronk muis s’n, ook kliphard oor die mikrofoon.

Mooi man!

‘Cut her to size’, sou my broer sê. Knippetieknip, nê.

Toortsie, jy moet kyk na jou gedagtes.

Hoor jy?

Liefdevol, hoor,

20 thoughts on “Knippetieknip

            1. 😂 Ek het dit al by ons bybelstudiegroep gesê toe daar op ‘n stadium een was wat heeltyd iets te sê gehad het, dat die volgende een wat iets te sê het, self die kitaar kan vat. Stilte. Nie weer ‘n woord nie!

              Like

  1. 😁🤣 Dis die soort blapse waaroor ‘n mens in die nag wakker lê, net om die volgende dag uit te vind niemand het eens opgelet nie. Hoekom is dit so moeilik om jouself te vergewe? Solank jy darem daaroor kan lag, is jy orraait.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!