Hierdie het ek al ‘n hele paar keer geskryf, maar daar kom altyd nuwe blogmaats op die horison en daarom is dit nodig om dit soms te herhaal.
Die beste raad wat ek ooit oor blogging gekry het, het ek by Xena gekry: Stel jouself bekend deur by ander blogs kommentaar te lewer. Hoe moet ons van jou weet as jy nie jouself bekendstel nie? Ek het dit ook geleer op ‘n blogkursus wat ek op ‘n tyd gedoen het, dat ons moet probeer om daagliks by 5 blogs kommentaar te lewer.
Ons skryf tog in die hoop dat iemand dit gaan lees, of hoe? Anders kan ons dit mos maar in ‘n boek skryf wat ons in ons onderste laai toesluit?
Terwyl ek nou van Xena gepraat het en haar getag het (kyk, haar naam is in ‘n ander kleur, sodat jy daarop kan kliek en by haar blog uitkom), dis iets wat ek ook in daardie jare geleer het, dat, sou jy na ‘n ander blog verwys, of van enige van die blogmaats praat, jy die persoon moet tag. Dis net goeie maniere. Soveel keer kom ek toevallig op ‘n blog af wat iemand iets van my blog of van my skryf, iets waarvoor ek die persoon sou bedank, maar ek het nie geweet hulle het van my geskryf nie.
Met tag is daar ‘n baie goue reël: Kliek op die naam van ‘n bloginskrywing, nie op die naam van die blog nie. Dan kleur jy die URL (adreslyn) van daardie bloginskrywing in, regskliek, copy. Dan kleur jy in jou skryfsel die woord wat jy wil beklemtoon, in, regskliek en paste.
Die lekker daarvan is dat WordPress dan die persoon laat weet as iemand hom getag het.
En onthou, tag trek baie mense na jou blog toe, want hulle lees die ander persoon se blog en sien dan jou skakel en kom lees dan by jou.
Blogging is lekker. Dis lekker as ons blogmaats saamkuier. En bloggers hou daarvan as mense lekker kommentaar by hulle skryf en saamgesels.
Maar ons moet van jou weet.
Toortsie
Sjoe Toortsie…ek lees nou hier van goete wat ek niks van geweet het nie. dalk is die tyd ryp om ‘n blogkursus te doen!
LikeLiked by 1 person
Mens kon sulke kursusse by WordPress dien. Dit was oor en oir die moeite werd. Ek is seker dis steeds beskikbaar.
LikeLike
Ek sal gaan loer…dankie!
LikeLike
Probeer op my blog ‘kursus’ by soek intik, dalk kom jy by dit uit. Ekhet al daaroor geskryf.
LikeLike
Tx hoor
LikeLike