Ek kry hierdie versoek via Messenger: ‘Can I have an essay in Afrikaans that say dagga in skole lei tot absolute chaos.’
Nee, ek skryf nie mense se opstelle nie, ek probeer wel ‘n bietjie help met die ‘waaroor skryf ek’, maar op die ou end moet die persoon sy eie opstel skryf.
Een van die Towerinne het vir my na hierdie skakel verwys. Voor ons egter na die feite kyk soos wat dit vervat is in hierdie skrywe, kom ons praat ‘n bietjie oor dagga in die algemeen.
‘Dagga in skole lei tot absolute chaos.’
Stem jy saam met hierdie opskrif, dat dagga tot absolute chaos lei? Skryf of jy saamstem of nie, en hoekom jy so voel. Voel jy dagga mag maar in skole gebruik word, of nie? Wat, dink jy sal die gevolge daarvan wees as dagga algemeen in skole gebruik word? Is dagga algemeen onder leerders in jou skool? Is dit te koop by leerders in julle skool, of hoe kry hulle dit in die hande? Ken jy kinders wat dagga gebruik en kan jy ‘n verskil in hulle optrede sien as hulle dit gebruik het teenoor wanneer hulle dit nie gebruik het nie? Maak dagga mense rustig of onrustig? Werk hulle beter saam as hulle onder die invloed van dagga is, of nie? Voel jy dat dagga ‘n dwelm is, of nie? Dink jy dit is onskuldig? Wat, dink jy, sal die effek van dagga wees op die dissipline in julle skool? Het julle skool dissiplineprobleme, of nie? Gebruik jy self dagga? Indien wel, wat doen dit aan jou?
Kyk gerus by hierdie artikel vir baie belangrike feite oor dagga (How does marijuana use affect school, work, and social life?) , Hierdie artikel sê
- dat die gebruik van dagga beslis ‘n effek het op die aandagspan, geheue en leervermoë van ‘n persoon en dat dit vir dae, of selfs weke, nog ‘n effek op ‘n persoon kan hê.
- dat die daaglikse gebruik van dagga ‘n invloed het op ‘n persoon se intelligensievlakke en akademiese resultate.
- dat daar die gevaar bestaan dat ‘n daggarokers substansafhanklik kan raak, selfs ander dwelms begin gebruik en ‘n groter geneigdheid toon tot selfmoordneigings.
- dat die gebruik van dagga ‘n effek kan hê op die inkomste wat jy kan verdien en jou lewenskwaliteit.
Hierdie opstelonderwerp vra van jou dat jy dit goed sal deurdink en die gevoelens wat jy oor dagga het, duidelik sal uitdruk en beskryf. Die vraag is: Hoe voel jy oor dagga? Voel jy dit moet in skole toegelaat word of nie en hoekom voel jy so?
Toortsie
Vir nog opstelonderwerpe, kliek gerus HIER.
Lees gerus die kommentare ook, omdat daar oulike inligting neergepen is.
Onthou om toortsie.com as bron te meld indien jy die inligting gebruik.
Weet jy ek het eerstehandse ondervinding van kinders wat dagga rook op skool gekry die tydperk wat ek by n privaat skool skoolgehou het. Die skool het jaar een tot jaar twaalf gehad. Die groot kinders het n verskaffer gehad wat moeilik was om te ontbloot want hul is so ingestel om ongesiens dit te doen. Dan die gebruikers het duidelike simtone van “vertraging” gewys. Hul kom redelik goed skool toe soggens en aan einde van dag is hul onhanteerbaar en mens het nie met hul “moeilikheid” gesoek nie. Daardie ouens veroorsaak beslis chaos in n klaskamer en n skool. Dis nie net seuns nie maar ook meisies wat dit rook.
LikeLiked by 1 person
Ek is so dankbaar vir jou antwoord. Ek moes my woorde so mooi kies om nie mense kwaad te maak nie. Eerstehandse ervaring is juis wat ons nodig het om die kind wat hierdie opstel wil skryf, te bemagtig.
LikeLike
Ek het self gedurende eksamentyd terwyl ek toesig gehou het gesien hoe n kind met n tassie om die hoek van die gebou wag. n Ander ou het gekom en hul het hul onderhandeling gedoen en is terug klas toe.(Ek het al die kinders geken en geweet wie dit was) Hul het nie besef ek kon hul sien nie. Wat het hul in elke geval buite klas gesoek! Seker dringend toilet toe gaan? Ons het die saak opgevolg en dit afgesny. Probleem is daar is toe verder van buite die heining onderhandel.
LikeLiked by 1 person
Ai dis erg
LikeLike
Dis baie sleg. Probleem is mens kan nie met hul redeneer as hul so gerook is nie. Ons het bv ook n tuinwerker gehad wat baie hard kon werk as hy sy rook gerook het. Hy was egter n moeilike kalant as hy nie sy rook gekry het nie. My man was n goeie kenner en hanteerder van sulke ouens.
LikeLiked by 1 person
Hulle raak aghanklik. Chemiese afhanklikheid is ‘n verskriklike ding. Hulle kan dan nie funksioneer daarsonder nie. En dan wil mense sê hul funksioneer beter met dit, maar dis net omdat hulle alreeds so erg afgetakel en afhanklik is daarvan.
LikeLike
Die ouens se verstandelike reaksie word totaal vertraag. Een seun kon net nie sy Engels slaag nie want sy vermoë was so beinvloed dat hy nie kon verstaan wat hy lees om vrae te beantwoord nie. Ek sien die ou nog voor my. Hy het ook twee maats gehad wat hom probeer beskerm het. Hy kon nie eers sy moendeling doen nie.
LikeLiked by 1 person
Dis so sleg! Maar hulle wil dit nou wettig en sou jy net waag om iets negatiefs daaroor te sê, word jy gestenig.
LikeLike
Ja, dis hier ook n gedoente. Hierdie sintetiese dagga maak hul rasend want hul sal enige iets doen om dit in die hande te kry. Hier beroof hul die kafeetjies wat wat dit verkoop om dit in die hande te kry. Dis toe verbode nou en nou beroof hul die plekkies om geld te kry.
LikeLike
Hi Toortsie,
Hierdie is ân stuk oor dwelm misbruik onder kinders, wat ek al ân ruk terug gekryf het. Dalk kan jy dit gebruik. Dit antwoord dalk nie presies die opdrag nie. Alhoewel, dit lê na aan my hart en moet so ver moontlik onder ouers se aandag kom.
Ek stuur die WORD document vir jou. Jy kan maar besluit of jy dit kan gebruik. Dit lê reeds ook op my blogs.
Baie groete daar!
Petra van Tonder (pajamasmetsokkies)
LikeLike
Dankie! Is dit in ‘n bloginskrywing? Dan kan jy die url (adreslyn) daanvan hier by die kommentare kom plak en ek kan dalk daarna verwys.
LikeLike
Jy kan ook die inhoud van jou word dokument copy en paste as ‘n kommentaar as jy sou wou.
LikeLike
Nee gits,
Jy vra nou vir iemand wat haarself moes leer om te blog om sulke goed te doen soos die URL te pos in die kommentare. Ek weet ek is dom met die goed, maar ek kry nie eens die kommentare op jou blogs nie….. ??? HAHAHA! Regtig tegnies gestrem hoor!!
LikeLike
Maar jy kewe dan nou hier kommentaar! 😊 Ek help jou. Sê eers: Is dit ‘n bloginskrywing wat jy gemaak het? Het jy dit op jou blog gesit?
LikeLike
Hie-hie, ja, maar dit was van my foon af…
Ja, dit was ‘n blog gewees.
LikeLiked by 1 person
So, op jou rekenaar, gaan in jou blog in.
Dan kliek jy op die naam van daardie spesifieke bloginskrywing, dat net hy wys, nie jou hele blog nie.
Dan, bo, waar jy altyd die adres intik, dis die url. Kleur daardie hele adres in.
Hou die muis daarop en regskliek.
Dan copy.
Dan kom jy hier waar jy kommentaar lewer.
Weer regskliek en paste.
Kyk of jy regkom. 😊
LikeLike
https://pajamasmetsokkies.wordpress.com/2018/05/10/dis-in-hul-taal/
LikeLiked by 1 person
Reggekry! 😁
LikeLike
Dankie! Het jy dit gekry?
LikeLike
Jajaaa
LikeLiked by 1 person