Jakobus: Hoe nou gemaak?

Ons doen tans die boek, ‘Jakobus: Hoe nou gemaak’, deur Annene Mullens en Kobus Myburgh, in ons bybelstudiegroep. Die boek is uitgegee deur Bybelmedia en ek kan dit regtig aanbeveel.

Die boek het 10 lesse waarvan ons weekliks een deurwerk, maar dis regtig aktueel en gepas vir die tyd waarin ons tans leef. Die groep gesels baie lekker en lewendig saam oor al die onderwerpe en ons leer so baie hieruit.

Onderwerpe wat behandel word, is:

Aan wie en vir wie is die boek Jakobus geskryf; God gee goeie gawes; Wysheid in die Woord; Hoe ons God se liefde beantwoord; Voeg die daad by die woord (ons geloof moet in ons dade sigbaar raak); Wie vrede saai, sal vrede oes (die stuk oor die tong); Onderwerp julle aan God; Dink eers, praat dan; Hemel en aarde ontmoet; In God se hande.

Jakobus is regtig geskryf vir ‘n tyd soos hierdie, die tyd waarin ons nou leef.

Hierdie boek is geskik vir persoonlike bybelstudie, maar ook vir bybelstudiegroepe.

Groete

Toortsie

U kan my boekbeskrywings volg op Pinterest. Kliek HIER.

5 thoughts on “Jakobus: Hoe nou gemaak?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s