Eendag, nie so lank gelede nie, was daar ‘n koningin. Sy was nie ‘n regte koningin wat stam uit die adel met die blou bloed nie, maar sy was ‘n koningin uit die boere-adel met bloedrooi, liefdevolle bloed in haar are. Sy was my koningin.
Die liewe tannie was ‘n baie goeie vriendin van my se ma, en tipies Toortsie, kon ek nie haar naam onthou nie. Ek wonder in elk geval of iemand ooit vir my haar naam gesê het, ‘n mens stel mos soms iemand so voor: ‘Dis my ma.’, en op ons goed opgevoede boeremanier, is haar naam dan Tannie. Tannie voor, tannie agter, tot een dag wat ek wonder, wat is hierdie lieflingtannie, wat amper vir my ‘n ma is, se naam?
Ek vra haar en kon sien dat sy half teleurgesteld voel dat ek nie haar naam ken nie. Sy antwoord dat haar naam Juliana is, soos die Koningin van Holland. Wel, of Koningin Juliana nou nog aan bewind is, weet ek nie, wag, ek vra gou vir Google, sy sal weet!
Ag, hoe bly is ek dat ek gaan loer het! Kyk wat sê Google van haar:
Juliana of the Netherlands Queen of the Netherlands:
Juliana was Queen of the Netherlands from 1948 until her abdication in 1980. Juliana was the only child of Queen Wilhelmina and Prince Henry. From birth she was heir presumptive to the Dutch throne. She was educated privately.


Sy was die moeder van Beatrix of the Netherlands. En toe ons verlede jaar in Amsterdam was, was ek bevoorreg om in die koninklike woning te gaan rondstap. Hulle gebruik dit steeds wanneer hulle in Amsterdam is. Dis baie, baie mooi.
Terug by my koningin. Tannie Juliana. Sedert daardie dag wat ek haar naam gevra het, was sy my koningin. Ons gesin se koningin. Ons het haar so genoem, en sou ek vir haar ‘n kersgeskenk neem, was daarop net aangedui dit vir die koningin is.
Hoekom dink ek nou aan haar? Want Google het vir my herinner dat sy een van die dae sou verjaar. As sy nog gelewe het.
Ag, maar dis lekker herinneringe aan ons eie koningin.
Toortsie
Alle Julianas is spesiaal. My ma en my kind is ook so gedoop.
LikeLiked by 1 person
Sien jy nou en jou ma stam juis uit die Hollandse adel. Dalk is hulle nog egte naamgenote.
LikeLiked by 1 person
What to say, dear Toortsie…you look far more gorgeous 🙂 Have a nice week-end!
LikeLike
Awwww thank you! And you look much more gorgeous as well. 🙂
LikeLiked by 1 person
Oh!!!! Thank you! But not as much as you are at least because I do not have such a wonderful red ankara….yet… 🙂
LikeLiked by 1 person
Dis nou spesiaal! Ons het almal sulke tannies, en dis ń voorreg om hulle te koester.
LikeLiked by 1 person
Ag, my koningin was net te dierbaar en dis beslis die naaste wat ek ooit aan ‘n koningin kon kom.
LikeLike
😍🤗🧜♀️
LikeLike
😍🤗😘
LikeLike
Koningin voorwaar. Ek dink elkeen het so n koningin in hul lewens of gehad. Pragtig!
LikeLike
Ja, ons het almal sulke ‘koninginne’ in ons lewe nodig.
LikeLike
Die Hollandse koningshuis was hoog aangeskryf in my jong dae omdat ons daarvandaan kom. Ek het my altyd verwonder aan die fotos. Ons het altyd tydskrifte gekry. In die latere lewe het ek n paar koninginne ontmoet wat die naam werd is!
LikeLiked by 1 person