Adrio König bekyk die vier Evangelies met fyn oë en sommer vroeg in die boek daag hy my uit. Hy kyk spesifiek na die dinge wat vir Jesus belangrik is, en hy vra, met verwysing hierna: ‘Is ons navolgers van Jesus?’ Doen ons wat Hy gedoen het? Is dit wat Hy nagestreef het, ook vir ons nastrewingswaardig?
König beweeg stapsgewys deur die Evangelies en bespreek elke nuwe gedagte of stelling sistematies. Sommer in die eerste hoofstuk kyk hy onder andere na die hel, die ander wang draai, die ekstra myl, bekommernis, oordeel, selfliefde, en vele ander.
Hy daag my verder uit, om te gaan na die randfigure, die uitgeworpenes, nie om hulle te nooi en hulle daag nie op nie, maar om hulle te gaan haal en sodoende hulle vertroue te wen.
En dit is maar net Matteus. Dan is daarnog Markus, Lukas en Johannes ook. Hier is voorwaar baie skappe opgesluit in die Evangelies en König wys hulle uit in hierdie boek.
Toortsie
Ek lys al die boeke wat ek bespreek by Pinterest. Volg dit gerus.
Diep vraag wat jy hier gee. KLink of dit die moeite werd is om die boek te bestudeer.
LikeLiked by 1 person
Die boek is baie in geselstrant en verduidelik waar sekere goed vandaan kom. Ek dink dis ‘n boek vir mense wat die Evangelies beter wil verstaan.
LikeLike
Is dit regtig so of is dit die skrywer se mening? Dis wat ek graag sal wil weet. Hoe bring hy die gebeure bymekaar .
LikeLike
Dis my persoonlike mening.
LikeLiked by 1 person