Broodina raak weer lastig

Hierdie is suiwer verbeelding van Toortsie, as deel van ‘n verbeeldingstoer wat die sogenaamde Towerinne deur ons land onderneem.

Kameel het mos vir Broodina iewers in die Knysnabosse raakgeloop, sy het kwansuis al haar nonsens laat staan. Nuwe lewe begin. Te goed vir woorde!

Ons Towerinne was tog te bly, want sy was regtig ‘n lastige vlieg in die salf en niks en niemand kon haar keer nie. Ons is ook bly dat sy ‘n nuwe lewe begin het, die arme vrou, sy het dit mos maar nooit maklik gehad nie, en ons gun mos elke mens ‘n beter lewe.

Maar toe gebeur daar weer ‘n paar goedjies wat haar balans ‘n bietjie versteur het.

Al het sy regtig goeie voornemens gehad om die Towerinne hulle heerlike saamkuier, saamtoer en binnepret te gun, kon sy maar net nie die jaloesie keer wat weer stilweg sy plek kom ingrawe het nie, veral toe die Towerinne se toer weer hervat het vroeg in die jaar nie.

Die krisis het egter gekom toe die motorfietsbrigade daar in Knysna kom rondkuier het, en soos julle weet, het sy en die Undertaker mos al vir jare lank ‘n verhouding. Eintlik moet ek sê, ‘n verhouding ‘gehad’, want dit is al lankal verbreek, maar hulle loer nog steeds vir mekaar. Die Undertaker was deel van die motorfietsbrigade.

Ag nou ja.

Nou word daar weer gevalle aangemeld wat glase ontplof en potjies wat onverklaarbaar breek.

En mense vermoed die Towerinne het iets daarmee te doen. Genade!

Hoe meer die een Towerin na die ander hulle onskuld verklaar, hoe meer duister raak dit, totdat iemand skielik besef, dit kan net één persoon wees.

Julle moet maar self dink wie dit kan wees.

Intussen, lees al die Towerinne se eskapades HIER. Terloops, daar is alreeds meer as 130 hoofstukke in hierdie verhaal!

Toortsie

34 thoughts on “Broodina raak weer lastig

  1. Toorts hoe kon jy dit aan my doen….my “trust” in mense die lug laat inskiet. Sommer lus en sê vir die Underter hy moet jou gaan help trek…jy vra gedurig na hom. 😂😂😂😂 Ek sal Broodina moet gaan opsoek en hoor wat het sy te sê. Maar waar de swernoot vind ek weer daardie winkeltjie in hierdie grote bos.

    Like

  2. Ai ja ja, gedoriewaar n storie. Dat jul nou so oor ou Broodina kan sit en kibbel. Verstaan nie wat in daardie vrou se koppie aangaan nie. Kan sy nie maar rustig haar eie gang gaan en ons klomp uitlos nie. Kameel jy kan n baie groot en sagte hart hê mar dis diesulkes wat jou goedhartigheid uitbuit. Dan moet ek byvoeg, wat as Hester se keuse aan die anderkant van die bus(draad) gesmyt word as ons die klowe so uitry. Toorts ons sal ons beslis moet voorberei vir n (her)ontmoeting met Broodina en haar weer goed die skrik op die lyf jaag!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!