Hierdie is suiwer verbeelding van Toortsie, as deel van ‘n verbeeldingstoer wat die sogenaamde Towerinne deur ons land onderneem.
Kameel het mos vir Broodina iewers in die Knysnabosse raakgeloop, sy het kwansuis al haar nonsens laat staan. Nuwe lewe begin. Te goed vir woorde!
Ons Towerinne was tog te bly, want sy was regtig ‘n lastige vlieg in die salf en niks en niemand kon haar keer nie. Ons is ook bly dat sy ‘n nuwe lewe begin het, die arme vrou, sy het dit mos maar nooit maklik gehad nie, en ons gun mos elke mens ‘n beter lewe.
Maar toe gebeur daar weer ‘n paar goedjies wat haar balans ‘n bietjie versteur het.
Al het sy regtig goeie voornemens gehad om die Towerinne hulle heerlike saamkuier, saamtoer en binnepret te gun, kon sy maar net nie die jaloesie keer wat weer stilweg sy plek kom ingrawe het nie, veral toe die Towerinne se toer weer hervat het vroeg in die jaar nie.
Die krisis het egter gekom toe die motorfietsbrigade daar in Knysna kom rondkuier het, en soos julle weet, het sy en die Undertaker mos al vir jare lank ‘n verhouding. Eintlik moet ek sê, ‘n verhouding ‘gehad’, want dit is al lankal verbreek, maar hulle loer nog steeds vir mekaar. Die Undertaker was deel van die motorfietsbrigade.
Ag nou ja.
Nou word daar weer gevalle aangemeld wat glase ontplof en potjies wat onverklaarbaar breek.
En mense vermoed die Towerinne het iets daarmee te doen. Genade!
Hoe meer die een Towerin na die ander hulle onskuld verklaar, hoe meer duister raak dit, totdat iemand skielik besef, dit kan net één persoon wees.
Julle moet maar self dink wie dit kan wees.
Intussen, lees al die Towerinne se eskapades HIER. Terloops, daar is alreeds meer as 130 hoofstukke in hierdie verhaal!
Toortsie
Agge nee!!!!! Wat ń laspos.
LikeLiked by 1 person
Sy ken geen grense nie.
LikeLike
Amper sê ek die koei, maar ek sal nie…
LikeLiked by 1 person
Nooit! 😳🤪
LikeLike
Ek en Broodina is nou groot vriendinne….sal nie daarvan hou as jy my vriendin ‘n koei noem nie 😇
LikeLiked by 2 people
Skies Kameel ek sal nie hoor
LikeLiked by 2 people
Sy is besig om te dink aan ‘n “explosive comeback”!
LikeLiked by 1 person
Presies so. Ek is so bly jy het deur haar gesien die oomblik toe die Towerinne al weer die skuld kry vir goed wat hulle nie gedoen het nie.
LikeLiked by 1 person
Ag vaderland Perdebytjie daar moet ek nou lag…en ek wou nie.
LikeLiked by 2 people
Broodina gaan in ‘n wip gevang word, glo vir my….
LikeLiked by 2 people
Ek wag vir daardie dag! 😁
LikeLike
Toorts hoe kon jy dit aan my doen….my “trust” in mense die lug laat inskiet. Sommer lus en sê vir die Underter hy moet jou gaan help trek…jy vra gedurig na hom. 😂😂😂😂 Ek sal Broodina moet gaan opsoek en hoor wat het sy te sê. Maar waar de swernoot vind ek weer daardie winkeltjie in hierdie grote bos.
LikeLike
Die Undertaker is onwelkom in ons dorp.
LikeLike
Dink net hoeveel lewe sal hy Bredasdorp toe bring. Hulle sal vir dae iets hê om oor te praat….veral as jy ‘n bok vir sports is en agterop die motorfiets spring en saamry 😎
LikeLiked by 1 person
No thanks. Ek maak genoeg skinderstories op my eie, ek het nie sy hulp nodig nie.
LikeLiked by 1 person
Julle sien…Broodina het nog altyd daai “stille water, diepe grond” gesiggie gehad….eish
LikeLiked by 2 people
‘n Mens sterf net moeilik ou gewoontetjies af.
LikeLike
Guilty until proven innocent.
LikeLiked by 2 people
Jy bedoel natuurlik die Towerinne nê Hester?
LikeLiked by 1 person
Kameel in watter span speel jy?
LikeLiked by 1 person
Hoe bedoel mevrou nou? Ek is ‘n volbloed Towerin met ‘n sagte hart vir verlore skapies. 😇
LikeLiked by 1 person
O nee, nee, ek praat sommerso in die algemeen – Towerinne en Broodina. Dit lyk my die mening omtrent wie die skuldige is, wissel so van persoon tot persoon. Ek is natuurlik ‘n draadsitter 😇
LikeLiked by 2 people
Ek sien….soos om vas aan die slaap te wees wanneer dinge begin ontplof 🤔
LikeLiked by 2 people
Soos om terug te sit en te juig wanneer ‘n doel behaal word – maak nie saak deur watter span nie. Net solank die spel boeiend is.
LikeLiked by 2 people
Oppas, ‘n mens kan nekbeaerings opdoen as jy so ‘n wedstryd sit en kyk, of jy kan jou balans verloor en van die draad afval!😳
LikeLiked by 1 person
Not to warrie deah, ek is ‘n geoefende draadsitter.
LikeLiked by 1 person
Oppas. Oppas. 😊
LikeLiked by 1 person
Net so!
LikeLiked by 1 person
Ek het jou op InLinkz geplaas. Ag toggie nou klink ek soos my oorle tokkelos swaer wat so suiwer Afrikaans gepraat het.
LikeLiked by 1 person
Dankie dankie! 😊
LikeLiked by 1 person
Ai ja ja, gedoriewaar n storie. Dat jul nou so oor ou Broodina kan sit en kibbel. Verstaan nie wat in daardie vrou se koppie aangaan nie. Kan sy nie maar rustig haar eie gang gaan en ons klomp uitlos nie. Kameel jy kan n baie groot en sagte hart hê mar dis diesulkes wat jou goedhartigheid uitbuit. Dan moet ek byvoeg, wat as Hester se keuse aan die anderkant van die bus(draad) gesmyt word as ons die klowe so uitry. Toorts ons sal ons beslis moet voorberei vir n (her)ontmoeting met Broodina en haar weer goed die skrik op die lyf jaag!
LikeLiked by 1 person
Solank niemand haar terugbring Harties toe nie, is als reg. My dorp is op die oomblik diep genoeg in die sh…moeilikheid.😑
LikeLiked by 1 person
Nou wat het julle dorp dan gemaak!? 😱
LikeLike
Die kat kom weer…….
LikeLiked by 1 person