Die voortvlugtige

Mensig! Hou hierdie boek my gevange, hoor! Ek kry hom nie neergesit nie.

Casey is aan die vlug, want sy het op die vermoorde lyk van haar beste vriend afgekom. In plaas daarvan om die polisie te bel, voel sy dis beter om te vlug. Haar voetspore en ander leidrade wat haar verklap, lê die hele wêreld vol.

Dylan word deur die vermoorde se ouers aangestel om die polisie in die soektog na Casey te help. Sy opdrag is om haar te vind en terug te bring. Hy is egter ‘n speurder in murg en been. In sy poging om haar te vind, strek sy ondersoek ‘n bietjie verder as wat die polisie van hom verwag.

Nou ja, ek is omtrent halfpad met die boek. Casey is nie dom in haar voortvlugtigheid nie en kry dit nogal in ‘n mate reg om een treetjie voor te bly, maar Dylan se ogies is fyner as wat jy sou dink en vind leidrade op die mees onverwagte plekke.

Is Casey skuldig, of nie? Is sekere mense nie amper té oorywerig om vir háár as die skuldige vas te pen nie? Ek kry soms selfs die gevoel dat sekere inligting van Dulan weerhou word deur mense wat veronderstel is om hom in sy ondersoek te help. Vreemd. Net die tyd sal leer.

‘Die voortvlugtige’ deur Terri Blackstock, is ‘n vertaalde boek. Dis die eerste keer dat ek van haar boeke lees, ek sien sy is ‘n topverkoper in Amerika. Die boek is regtig goed vertaal en dit pla glad nie.

Eers moet ek nou hierdie boek klaarlees, maar ek sal nogal uitkyk vir nog van haar boeke. Ek dink mans sal ook van hierdie boek hou.

Die boek is uitgegee deur CUM-boeke.

Groetnis

Toortsie

Hoor hier, hoe verder ek lees, hoe spannender word dit en kom hier net nóg en nóg stories by. 😳

7 thoughts on “Die voortvlugtige

  1. Ek is ‘n ou Terri Blackstock leser. Haar boeke is uiters goed. EK het ‘n vriendin wat altyd die boeke gekoop het en dan vir my gegee het om te lees. Dit was voor sy ‘n Kindle gekry het.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s