Skryf ‘n opstel: Water is lewe

Die nuwe jaar het begin en die kinders skryf opstelle en hulle praat mondeling en die juffrouens soek onderwerpe vir ‘n vale en hulle beland by Toortsie. Ai toggie, sal Toortsie kan help?

Ek is só bly oor hierdie onderwerp wat iemand uitgedink het! Vir die grootste gedeelte van my lewe het ek altyd die gevoel gekry dat dit die boere is wat kerm en huil oor reën en dat die stedelinge nie altyd besef het hoé belangrik dit vir ons almal is nie. Maar, soos die titel van die opstel sê, ís water lewe.

Water raak ‘n al hoe skaarser kommoditeit, veral in Suid-Afrika wat stadig, maar seker, besig is om al hoe droër te raak. Dit reën al hoe minder en wanneer dit reën, is dit geneig om in die vorm van ‘n vloed te kom, wat dan baie skade veroorsaak, en baie van die water loop dan ook weg. Ons opgaardamme is ook nie meer voldoende nie en word ongelukkig nie oral voldoende in stand gehou nie.

Water is besig om ‘n probleem te raak en elkeen van ons begin dit aan ons vel voel. Op een of ander manier raak ons almal daardeur geraak.

Wanneer jy ‘n opstel hieroor skryf, kan jy natuurlik nie my woorde net so herhaal nie. Dis mos belangrik dat jy jou eie opstel skryf. So, wat kan jy skryf?

Jy kán noem wat ek hierbo genoem het, om mee te begin.

Maar dink sommer aan die effek wat dit op jou, op julle gesin, julle huishouding, julle dorp het wanneer daar waterbeperkings is. Het julle dorp al die effek van die droogte gevoel, of selfs die effek van swak waterbestuur? Hoe word julle beperk? Kan julle nog tuin maak? Kan julle nog bad, of moet julle net vinnig afspoel in die stort, en beslis nie elke dag nie? Moes jule in julle tuin al aanpassings maak om dalk eerder meer waterbestande plante te plant? Wat doen julle persoonlik om die probleem te oorkom?

As jy wil loer, kan jy HIER kliek, vir maniere om water te bespaar in die huis, dalk kan jy van dit ook noem.

Dit is natuurlik ook belangrik dat jy noem HOEKOM jy voel water lewe is. Eintlik is dít waarmee jy jou opstel moet begin. Wat is alles van water afhanklik? Hoekom is jy afhanklik vir van water om te lewe? Nie net om te bad of te swem nie, maar dat jou liggaam water nodig het om te funksioneer. Jy kan HIER lees oor die belangrikheid daarvan om water te drink.

Watter oplossings stel jy voor? Wat kan ons doen om ons water beter te bestuur? Wat kan jyself doen? Jou ouers? Julle huishouding?

Sterkte met jou opstel, en onthou, as jy van die inligting op my blog gebruik maak, om dit te noem in jou opstel. Ek sal ook baie daarvan hou as jy in die kommentare noem as dit vir jou gehelp het.

Is daar blogmaats wat oor water ‘n blog wil skryf? Doen dit. 🙂

Groetnis

Toortsie

Vir nog opstelonderwerpe of selfs mondelingonderwerpe, kliek HIER.

10 thoughts on “Skryf ‘n opstel: Water is lewe

  1. Snaaks genoeg het ek al in die verlede hier vir my skryfgroep oor SA se water probleme geskryf en hul kon nie glo dat dit so is nie. Hier het ons ook waterskaarste. Dwarsdeur die jaar waterbeperkings en jy mag net die tuinslang in jou hand hou om nat te spuit. Dis veral in die somer wat water skaarser word omdat ons winterreênval het. Somers is te droog.

    Liked by 1 person

        1. Mense raak ook meer en die damme wat gebou is destyds, slik vol.
          Dit is deesdae so moeilik om ‘n permit te kry as ‘n boer ‘n dam wil bou. Jy moet BEE wees. Hul sien eerder dat die water wegloop as om toestemming te gee vir ‘n dam.

          Like

          1. Dis maar sleg. As die water weg is, is dit weg! Die damme hier begin ook nou te min word vir al die mense. Hul beplan en bou darem nuwes om te help. Ons riviere hier word vreeslik besoedel deur die baie diere wat op gronde wei. As dit so warm is floreer die alge en maak dat mens en dier dit nie kan gebruik nie.

            Liked by 1 person

  2. Dit is so jammer dat ons regering nie meer doen om water te berg nie, veral omdat die reën skaarser raak. Ons het dit darem behoorlik aan ons velle gevoel hier in die Kaap en nogsteeds. Ek was my lewe deur baie lief vir groente tuin maak, helaas dit is iets van die verlede. Dit is so jammer, wat is nou lekkerder as om met jou mandjie na jou tuin te stap om te oes.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!