‘n Aand by die opera

Van kleintyd af is ‘n aand in die operahuis vir my iets uit ‘n ander wêreld. Dit moet ‘n operette of musiekblyspel of so iets wees, nie regtig opera nie. Ek hou van die uitstekende musiek, die storie, die sang, die dans, die dekor, alles wat daarmee saamgaan, die vloer wat draai, die goed wat uit die dak kom, wat nog alles, die hele belewenis.

Maar ek het nou ‘n beperking: Ek raak doof en kan sekere klanke nie meer goed onderskei nie. Dit raak ook vir my moeilik om ‘n fliek te kyk en veral in die begin mis ek baie van die dialoog. Dis of my ore tog ietwat aanpas met tyd.

Ons het Matilda in die Artscape gaan kyk en wanneer hulle lang stukke praat, kon ek dit nie volg nie. Veral Matilda het ek moeilik gehoor. Dit het my laat wonder of my tyd om die opera te geniet, ook nou verby is?

Maar nee, dit is beslis nog nie verby nie.

Alhoewel ek dalk baie belangrike stories gemis het, kon ek steeds die storie volg, kon ek steeds die uitstekende musiek, die dekor en wat nog alles daarmee saamgaan, geniet. Kon ek en my dogter steeds die gedeelde liefde saambeleef. Daar is nog genoeg wat ek kan geniet om dit een honderd persent die moeite werd te maak.

Mag hierdie voorreg vir nog ‘n hele paar jaar vir my beskore wees.

Toortsie

Matilda was fantasties!

13 thoughts on “‘n Aand by die opera

  1. Ek het ook Matilda gesien…was regtig so goed, veral Miss Trungeball! Toortsie, ek het dieselfde probleem met doofheid. Soms hoor ek net die onderste klanke van die musiek, dan klink dit so snaaks. Dis nogal interessant, want ek hoor nie die wysie nie, net die harmonieë..😵

    Liked by 1 person

  2. Is interessant as jy jou gehoor laat toets vind hul presies uit wat jy nie kan hoor nie en dan pas hul die gehoorapparaat aan sodat jy dit beter kan “hoor”. Ek is veronderstel om my apparaatjie te dra maar het heeltemaal opgehou omdat hul nie my oue kon aanpas nie, Ek moet totaal nuwes hier kry wat eintlik amper onbekostigbaar duur is. Nou skip ek maar sekere stukke. moeilikheid is ek hoor al minder en minder, veral as daar n geraas of praat om my aangaan.

    Like

    1. My ore is jare gelede beskadig, dink ek, met ‘n skietery. Ons het skyf geskiet met ‘n rewolwer en my ore was nie beskerm nie.
      Jare gelede wou spesialis vir my gehoorstukke gee, maar dit was onbetaalbaar duur.
      Twee jaar gelede het spesialis gesê hul kan dit nie regtig verbeter nie.
      So flieks is vir my moeilik om te kyk. Op eie tv kan ek dit presies stel dat ek kan hoor, maar in die teater mis ek die helfte van die storie.

      Like

      1. Ek verstaan ook dat as dit beskadig is is daar nie veel aan te doen nie. Hier is hul vreeslik gesteld darop dat mens nie aan harde geluide blootgestel word nie. As mens egter met kinders werk is daar gedurig n helse lawaai wat gemaak word. Ek besef nou eers hoe dit my ore beinvloed veral nou dat ek ouer word. Ek kan bv gladnie die geskree van hulle meer verdra nie. Baie sensitief. En as daar so geraas word kan ek nie n woord hoor as een met my praat nie.

        Like

  3. Julle bloggers wat sukkel mert gehoor….daar is wel apparate beskikbaar wat nie jou hele pensioen gaan vat nie, en daar is deesdae ander maniere om finansiering te kry. Ek het een ding geleer in my tyd in die gehoor praktyk…as mens minder hoor, raak jy meer eensaam want jy is nie meer deel van wat aangaan nie. Vind maar uit van die opsies en kry dit en dra dit….eensaamheid tussen mense is n aaklige ding…. my vyf sent …

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!