Romeine – Hartklop van die Evangelie

In Februarie 2006 het ek voorin die boek, Beleef God se genade, deur Andrie du Toit, as volg geskryf:

Nadat ek die boeke ‘Beleef God’, deur Blackaby en ‘Algehele Oorgawe‘, deur Andrew Murray gedoen het en ‘n wonderlike nabyheid met God gevoel en ervaar het, het ek hierdie boek begin doen.

Dit was ‘n wonderlike boek wat ek woord vir woord geniet het en vir ons bybelstudiegroep ook voorgestel het om te doen. Dit is ‘n vers vir vers verduideliking van die boek, Romeine, die Bybelboek wat vir ons as gelowiges so baie beteken, die boek wat handel oor die genade. Oor Jesus se genade wat vir ons so groot is.

Tydens die deurwerk van die boek het ek geloofsgroei ervaar, het God met my persoonlik gepraat, het ek weer eens geleer dat ek moet waak teen geestelike hoogmoed, maar God in nederigheid moet dien. Ek moes weer eens herinner word dat die lewe nie oor MY gaan nie, maar oor God.

Wat ‘n wonderlike boek!

Hier is die goeie nuus nou:

Hierdie boek is hersien en is nuut uitgegee met die naam: Romeine: Hartklop van die Evangelie. Dis nuut en vars gemaak en steeds ‘n uitstekende bybelstudieboek om te doen. ‘n In diepte en deeglike studie oor Romeine, wat veroorsaak het dat Romeine nou een van my gunstelingboeke in die Bybel geraak het.

Groetnis

Toortsie

3 thoughts on “Romeine – Hartklop van die Evangelie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s