Dat Alta Cloete kán skryf, is beslis waar!
‘Seisoen van Vervulling’ deur Alta Cloete is ‘n pragtige liefdesverhaal, maar baie meer as dit.
‘n Moderne kwessie word aan ons voorgestel: ‘n Vrou wat swanger raak en kies om ongetroud te bly. Ons ervaar saam met haar hoe die samelewing dit hanteer.
Ons leer ook van testikulêre kanker, ons voel saam met hom waar hy dit deurwerk en verwerk, ons hoor sy vrese en bekommernisse.
Hierdie is ‘n pragtige, deernisvolle verhaal wat beslis baie meer om die lyf het as sommer net ‘n gewone liefdesverhaal.
Groetnis
Toortsie