Ek is só opgewonde

Ek is nou so opgewonde, ek kan my amper nie inhou nie. 😁 Seegogga! Die eerste boeke is op pad!

Eers het ek nie geweet of ek julle kan vertel nie, of eerder dalk, hoe ek julle gaan vertel en hoe ek hierdie ding gaan aanpak nie. En nou blaker ek dit sommer net uit, op die gewone Toortsie manier.

So, in die tweede week van Desember verlede jaar kry ek hierdie boodskap van die bemarkingsafdeling by Cum boeke. Dit lyk my hulle maak al hoe meer van bemarking op sosiale media gebruik, en sou ek belangstel om op ‘n gereelde basis ‘n pakkie van hulle nuutste boeke te ontvang en dit dan op verskillende maniere bemark, dalk resensies op my blog skryf, of so?

Natuurlik stel ek belang! Ek sê toe sommer vir haar dat Seegogga my sal help, ons woon mos op dieselfde dorp. 😁

Ag, sulke goed glo ek mos moeilik voor dit regtig gebeur, maar sy het laat weet hulle stuur die eerste boeke! 💃

Mensig! En nou is ek so opgewonde. En nuuskierig. Wat sal in daardie pakkie wees? 🙃🤪

En al wat Toortsie sal moet doen, is wag en sien, iets waarmee sy nie so goed is nie, maar, ek belowe, sodra ek die boeke het, sal ek vir julle ook vertel, hoor! Hou net hierdie spasie dop!

Joejoe! Opgewonde is nie die woord nie!

Maar ek lees stadig! Sal moet aftree en begin boeke lees!

Toortsie

18 thoughts on “Ek is só opgewonde

Gesels saam, asseblief!