Ek is opgewonde oor 2019.
Vir ‘n hele ruk was ek bang vir 2019, omdat daar ook maar baie onsekerhede is, maar elke jaar hét mos maar sy onsekerhede.
Ons woon in Suid-Afrika en niemand kan dit ontken dat hier nie vragte onsekerhede is nie. Ons weet nie wat die toekoms vir ons inhou nie en met soveel swaarde wat oor ons koppe hang, kan ons ook nie altyd seker wees dat die besluite wat ons maak, sal realiseer soos ons dit wil hê nie. Ons voel onseker oor die ekonomie, die politiek, ons veiligheid, noem maar op! Ons verhoudings wil ook nie aldag werk soos dit moet nie. En dit kán ons depressief maak, bedruk.
Maar as ons regtig mooi dink en eerlik is, hou elke jaar sy onsekerhede in, elke jaar is die politiek maar lus om onstuimig te raak, die ekonomie lus om in duie te stort, verhoudings is broos, jaar vir jaar.
En dis juis dít wat my moed gee, want te midde van al hierdie hartseer en onsekerheid, is daar ook jaar vir jaar soveel positiewe goed wat gebeur, positiewe dinge wat na ons kant toe kom, geleenthede om te benut, deure wat oopgaan. Ons pas aan by die nuwe omstandighede, ons raak sterker.
Ek glo met my hele wese dat elkeen van ons gemaak is vir die tyd waarin ons lewe, dat ons spesifieke eienskappe besit om juis die uitdagings van hierdie tyd te kan oorleef, dat ons toegerus word om die dinge te kan hanteer.
Verder het ek ook geleer dat dit juis in die moeilikste van tye is wat ons groei op geestelike, emosionele en ander vlakke.
En as jy die Sleutel in jou hand het, God opsoek, jou vertroue in Hom stel, kan jy die toekoms met durf tegemoetstap in die wete dat Hy saam met jou stap deur die mooiste van paaie, maar ook die moeilikstes. Dít kan ek met ‘n oop gemoed getuig omdat dit presies is wat ek doen, met my hand stewig in God se Groot Hand, veilig deur die woeste storm, omdat Hy die groot prentjie sien, die pad ken.
Ek is opgewonde oor 2019.
Toortsie
Dankie Toortsie. EK het bietjie moed inpraat nodig .
LikeLiked by 1 person
Hoe kan ek jou help?
LikeLike
Dankie Toortsie. Ek problem my lewe drasties verander en loop net in mure vas. Gebed help altyd. 😊
LikeLike
❤️
LikeLike
Woordnoot ek weet Jesus hou jou hand, rig jou tree en sal jou wysheid gee vir die pad vorentoe.
LikeLiked by 1 person
Mooi gesê positiewe Toortsie! Jy maak my sommer ook opgewonde
LikeLiked by 1 person
Ek moet myself ook soms oortuig! 😳
LikeLiked by 1 person
Dis hoekom blogland so great is want daar is altyd iemand wat die positief raaksien ten spyte van….dankie Toorts, jy is voorwaar die liggie in my pad.
LikeLiked by 1 person
❤️😊🥂 Dankie
LikeLike
Ek het in die vakansie na ‘n fliek gekyk…Paulus, disciple of Christ. Ek weet daar is maar ingeskryf met die drama, maar ons weet ook hoe het dit gegaan in Jerusalem, nadat Nero dit half afgebrand het. Die christene is gebruik as fakkels en in die speles vir die leeus gegooi ens. Ek weet nie hoe sou ek gevaar het nie? Ons lewe nog baie lekker.
LikeLike
Oeee daardie fliek het my diep geraak. Ek bid baie dat, sou ek eendag voor so ‘n keuse staan, ek sterk sal wees en nie vou nie, want uit jouself sal jy dit nie regkry nie.
LikeLike
Dit is absoluut die waarheid wat jy hier skryf Toortsie. Een dag op ‘n slag. Ons mag dalk soms die Here se hand los, maar Hy sal NOOIT ons hande los nie.
LikeLiked by 1 person
Nooit nie. Hy los nooit nie.
LikeLiked by 1 person
Jy onderstreep my kommentaar op Bondelsgedagtes se skrywe.
LikeLiked by 1 person
Woordnoot ek weet Jesus hou jou hand, rig jou tree en sal jou wysheid gee vir die pad vorentoe.
LikeLiked by 1 person
Ek stem volkome saam met die mooi en goed wat op jou pad kom. Self het ek al n hele klompie winters agter die rug. In daardie vroeëre jare het daar ook dinge selfs wëreldwyd gebeur waar daar gedink is nou is dit die laaste. Tog as mens terugkyk was daar altyd n uitkoms. Die vaste geloof op God se wil is al wat mense werklk staande kan hou al sê baie die teendeel.
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLiked by 1 person