Streef jou droom na? #JusJoJan

Wat verkies jy? Om jou droom na te streef? Of eerder ‘n pad vol verrassings?

As daar een mens is wat sal sê, streef jou droom na, is dit ek, maar terselfdertyd hou ek ook van ‘n pad vol verrassings. Al wat ek glad nie kan hanteer nie, is om doelloos rond te dobber en toe te laat dat jy meegesleur word deur enige gety.

Pad vol verrassings?

Dis hoe my lewe al hoe meer raak. Ek stap die pad wat die Here vir my uitlê en weet glad nie wat om die volgende draai gaan gebeur nie.

Soms voel ek bang, benoud, selfs depressief, en dan kom maak Hy my rustig en sê, ‘sjoe, sjoe, wees jy net rustig, Ek kyk na jou soos ‘n mens na ‘n baba kyk’, of, hiervoor is jy nie verantwoordelik nie, moenie verantwoordelik voel en dan sleg voel nie, dis dinge buite jou beheer.

Ek vertel vir iemand die pad wat ek met my boeke stap. Dit was geen begeerte by my dat ek ‘n Boek met My Naam op moet uitgee nie, dit was eerder ‘n uitdaging: Sal ek so iets kan regkry?

Dit was egter ‘n uitgelegde pad wat ek net moes stap in afhanklikheid van die Here. Hy het elke hekkie vir my oopgemaak op die onmoontlikste maniere denkbaar. Hy het die regte mense oor my pad gestuur op die regte tye, raad gegee op die interessantste maniere. Sou ek die pad nie stap nie, sou dit ‘n daad van ongehoorsaamheid wees.

En dis hoe ek steeds die pad van die boeke loop. Baie vra my of daar ‘n boek 3 gaan uitkom, en ja, ek werk aan hom en het al gesê dat ek hoop om dit in 2019 te doen, maar net die tyd sal leer. Ek sal, wanneer God daardie hekkie oopmaak, weet om dit te doen.

Intussen stap ek hierdie pad vol verrassings in verwondering en geniet elke treetjie daarvan in dankbaarheid, dankbaar vir elke tree wat God langs my stap, want sonder Hom sou my lewe ‘n fiasko wees.

Mag 2019 vir jou goed wees. Wees doelgerig, wees sterk, wees vasberade, maar wees ook swak, want dis juis wanneer jy swak is, wat God Sy krag die meeste in jou sigbaar maak. Mag jy in 2019 ‘n verskil maak.

Toortsie

This post is part of the Just Jot It January Challenge.

13 thoughts on “Streef jou droom na? #JusJoJan

  1. Lekker skryf Toortsie. Ek het ook ‘n boek wat ek hierdie jaar ‘n ‘go’ wil gee. Het dit verlede jaar, nee, voor verlede jaat ingeskryf by Sanlam se kompetisie, en nie te sleg gedoen nie. Wil regtig kyk of ek iets met dit kan doen.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s