Die puntestelsel

Vakansies waar die hele familie bymekaar is, dis ouma en oupa en mammas en pappas en krioelende kindertjies, kan soms lank en stresvol raak, soos hierdie prentjie wat jare gelede in Die Burger was, probeer vertel.

Terloops, ek sien nogal die oupa in hierdie prent se naam is Bertus! 😎

My vriendin maak toe ‘n oulike plan om hulle vakansie werkbaar vir almal te maak.

As ek dit reg verstaan, sorg elkeen half vir homself gedurende die dag, maar saans word daar saamgeëet.

Elke dag is ‘n ander paartjie aan diens, die getroudes is natuurlik saam, en die twee broers maak ook ‘n span.

Vir die dag kry die span punte vir die kos, die braai, en hulle moet sorg vir een of ander aktiwiteit, en dis juis die aktiwiteit wat my sommer opgewonde maak, party neem dit regtig ernstig op en hulle hou sandkasteelkompetisies en wat nog als.

Terwyl dit jarelange boesemvriende is, val ons ook soms sommer by hulle in. Toevallig toe dit die jongmanne se beurt is, gaan kuier ons daar en neem ‘n vis en bykosse saam, sommer om te help punte bou. Ons gooi balle en het pret.

Omdat ons soveel keer by hulle inskakel, neem ons ook ons beurt. Manlief maak pot, en ek sorg vir die aktiwiteit: Ons sing soos ons jare laas gesing het. Ek speel so hier en daar klavier, baie note is al verlore, en vriend Gerrit speel kitaar. Hy ken baie meer liedjies as ek!

En ons maak punte, maar nie genieg om te wen nie.

Toortsie

4 thoughts on “Die puntestelsel

Gesels saam, asseblief!