Alhoewel ek ‘Seisoen van Genade’ ‘n paar jaar gelede gekoop en gelees het, was dit weer vir my heeltemal nuut toe ek dit nou weer lees.
Soos gewoonlik klim ek in die karakter se vel in en beleef ek dit wat sy beleef. Ek word kwaad vir die dinge waarvoor sy kwaad word, maar ook dié in my eie lewe.
Saam met haar ontdek ek dinge waarvoor ek onskuldig die skuld dra, leer ek die waarheid ken, maak ek vrede in my eie hart, vergewe ek myself.
Saam met haar vloei genade in my hart vir myself en ook vir hulle wat dalk nie gewillig is om hulle eie pla-goed in die oë te kyk nie en eerder maar verkies om te skuil, omdat dit hulle dalk beter laat voel.
In ‘n vorige bloginskrywing het ek die beskryf as ‘n goedvoelboek. Nou wil ek dit beskryf as ‘n heelwordboek.
Al wat ek kan sê, is, waag dit, kyk jou duiwels in die oë, neem tyd en haal hulle uit daardie laaitjies waar hulle weggebêre is. Die proses is dalk nie so maklik nie, maar die bevrydende resultaat is prysloos.
Toortsie
Sal gaan soek vir d boek
LikeLike
Amazon
LikeLike
Ek is nie seker if dit nog in gedrukte weergawe beskikbaar is nie, maar anders kees jy dit sommer op die Kindle op jou foon.
LikeLiked by 1 person
Het gou gekyk. Hy is op Amazone as eboek. Book Depository sê hy is unavailable
LikeLike
E boek ja. Ek het gister by Amazon gekyk. Dan lees mens dit sommer op die Kindle wat jy op jou selfoon afgelaai het as jy nie ‘n Kindle het nie. ❤️
LikeLike
Ek het n kindle so dis nie n probleem nie.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike