Brei ‘n gilet

Die VLV-uitdaging vir breiwerk is: Brei ‘n gilet.

Dit moet mouloos wees, heuplengte, 4 verskillende patroonsteke, wol nie dikker as dubbelbreidraad, as knope het, nie laer as borshoogte nie.

Hoe moeilik kan dit tog wees? Toortsie kan mos brei en daar is genoeg mooi patrone op die internet.

Eers kies Toortsie ‘n patroon wat nog uit die Middeleeue kom. Baie dienlike patroon. Klassiek. Genoeg patroonsteke. Wel, dit het knope tot onder, maar ek kan dit mos maar net verander.

Dis geskryf vir baie dik wol.

Somme word gemaak. Steke moet aansienlik vermeerder word. Die patroon is geskryf vir afsonderlike pante, en hulle vra vir minimum pante, gebruik eerder ‘n sirkelpen. Hoe moeilik kan dít tog wees?

Toortsie maak somme en nog somme. Sy brei en trek uit. Begin weer. Verander aan die patroon. Skryf neer in die boekie. Brei. Trek uit.

Tot op ‘n punt.

Trek alles uit.

Soek nuwe patroon op die internet. Kry mooi patroon. Wol steeds te dik. Aantal patroonsteke te min. Planne maak.

Brei. Oor brei. Uittrek.

En as jy op ‘n sirkelpen brei, is dit tog te lekker, een ry beteken die ry is klaar vir die voorpant, die agterpant, en nog ‘n voorpant. Maar trek jy ‘n ry uit, is dit ongelukkig ook vir ál die pante wat jy uittrek.

Uiteindelik kry Toortsie dit reg, die patroon word reg geplaas, alles lyk reg.

Maar?

Die penne is beslis te dik, die breiwerk is slordig.

Ek kan nou nie onthou by poging nommer hoeveel ek nou al is nie, maar ek dink dit kan dalk nou werk.

Hierdie is een van die mislukte pogings:

Ons gaan daar kom, gee net kans! Elke poging is een nader aan die ware Jakob! Ek hoop dis betyds klaar! 😱

Groetnis

Toortsie

24 thoughts on “Brei ‘n gilet

  1. Toorts en bewonder/brny jullr wat so handewerk handig is. Ek is links. Brei,hrkel, sker sny, ryg, stik….epiese komiese resultate. Ek het eenkerr toe ek swanger was vir Rots ‘n trui gebrei. Toe Bab Graad 1 toe is is dit eers voltooi, lyf te kort, moue te lank. Dis in ons onthoukas as waarskuwing dat almal maar liewer warmgoed moet koop om nie te vrek van die koue terwyl hulle vir my breiwerk wag nie nie!

    Like

    1. Jong, ons moet eers die eindproduk sien!
      Mag ek jou iets vertel? Ek is ook links. Erg links!
      Dalk het die fout by die patroon gelê.
      Ek maak ook baaaaie flops, soos die trui wat ek vir my kind gebrei het, wat vir die buurman pas. Nou voel ek sleg oor kind nie trui gekry het nie en kind voel sleg oor al die moeite wat ma gedoen het en trui pas nie.
      Buurman smaail aldie pad.

      Like

  2. Ek moes nou eers gilet gaan opsoek. Wanneer moet dit klaar wees? Jy klink vir my heel handig met die berekeninge.Het die patroon enige patroonsteke in soos kabeltjies? Ek sou nie weet hoe om dit aan te pas om die regte grootte te gee nie. Die oortruitjies is nou weer hoog in die mode. Dis waar soos jy sê: die sirkel pen is lekker omdat al die pante aanmekaar is, maar as jy moet lostrek is dit n groot stuk om te doen.

    Like

  3. Wat is ń gilet, gewens Scrappy deel daai inligting aangesien sy gazn google het. Ek brei net kindertruie, een vir my dogter gebrei en gesê sy moet waardeer want dit gebeur nooit weer nie, vat net te lank.

    Like

  4. Die laaste keer toe ek ‘n pull-over wou brei was ek in st 7. Ons moes iets vir onself brei. Toe die juffrou die dag ons goed merk, toe druk sy haar twee hande deur die nek en vra my of dit oor my kop gaan waar ek toe natuurlik ‘ja’ antwoord. Gelukkig (saved by the bell), lui die klok en kon sy my nie vra om dit aan te pas nie, maar ek dink sy het geweet (!) dit sou nie oorkom nie. Die beste brei daarna: bedsokkies en serpe. My spanning is nooit netjies nie en ongelukkig is ek lief vir brei, maar liewer vir kruisie borduurwerk! 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!