Die geskenk

Kyk, Struisbaai is vir my sinoniem met ‘n paar dinge: Die see, natuurlik, rus, laatslaap, tyd met my manlief spandeer, kuier saam met vriende, eet tot ek moeg word, slaap tot ek honger word, tyd met God spandeer.

So, vanoggend het ek besonder laat gelê, anders as die vorige oggend wat ek al sesuur wakker was. Manlief kom by die huis, het al ver gery met sy fiets en sê ons moet gou iemand gaan hello sê. 😁

Toe ons terugkom, begroet ‘n geskenksakkie ons by die deur. Wie was hier solank ons weg was?

Geen boodskappe op my selfoon?

Wie kan dit wees?

Ek hoop nie my vriendin het al die pad van Swellendam af gery en by dooiemansdeur aangekom nie?

Geen kaartjie aangeheg, maar binne-in, ‘n blikkie Sally Williams Nougat.

Manlief is in ekstase, hy eet dit tog te graag, en vroulief Bant mos, so dis alles syne.

Groot is sy teleurstelling, en my verbasing toe hy die blikkie hoopvol oopmaak:

Dis ‘n blikkie vol lappies. Laslappielappies! Die mooiste denkbare lappies!

Dadelik weet ek wie die besoeker was. 😁

Dit laat my wonder of ek regtig die VLV-projek waarmee ek besig is, wil klaarmaak? Hierdie lappies roep! Dit sal my heel eerste laslappieprojek wees.

Jammer pappa, ons sal maar vir jou nougat moet loop koop!

😊

Geniet jou dag

Toortsie

Ns. Die gewer het gesê sy sal vir sy verjaarsdag nougat in ‘n lappie toedraai. 😂

17 thoughts on “Die geskenk

Gesels saam, asseblief!