Toortsie! Jy kan darem nonsens uitdink! Wat ‘n vraag om te vra: Hou Toortsie van kosmaak? Jy gee dan kosboeke uit, hoe kan jy nie van kosmaak hou nie?
Wel, ek sê altyd ek is ‘n lui kok, ek soek kortpaaie, ek hou nie van al die onnodige stappe wat mense soms in kos sit nie. En vir jare het ek gedink ek kan nie eintlik lekker kos maak nie, wel, ek kon nog nooit soos die ‘grand’ mense kos maak wat in die mode is nie, kos met groot name wat ‘n mens nie kan uitspreek nie, behalwe Tiramisu, wat ook maar net ‘n vloekskoot was. Omdat ek net gewone kos vir gewone mense in gewone huise maak, sien ek nie myself as ‘n watwonderse kok nie. ‘n Jong sjef wat jare gelede by ons kom kuier het, het wel genoem dat iemand wat uit haar vuis kan kosmaak, eintlik die ware kokke is. Hoe sal ek nou weet? Dit was lank voor Bantigboerekosboeke. Ek is mos nie in kompetisie met die sjefs nie, wil regtig ook nooit wees nie!
Maar ja, as ek dit nou self mag sê, my kos is nogal lekker, hoor. Vir baie mense was dit ‘n vreemde gedagte dat ek, van alle mense, ‘n kosboek uitgee! Blykbaar het my dogter op ‘n dag uit die bloute vir haar man gesê, dit was nou in die laaste week voor Toortsie 1 uitgegee is, dat haar ma lekker kos maak. Nou ja toe, uit die mond van die suigeling! Sy het die saak toe seker sit en oordink op die lang pad huis toe.
Maar hou Toortsie van kosmaak?
Kosmaak was nog nooit vir my sleg nie, maar dis regtig nie ‘n ding wat ek heeldag wil doen nie. Ek hou van kos wat vinnig gemaak kan word, of nog makliker, wat sommer self gaar kom, wat ek sommer net in die oond kan druk en uithaal wanneer dit gaar is.

Baie keer het ek nie ‘n idee wat om te maak nie en hoop my man koop vir ons wegneemetes, of braai vir ons, of maak ‘n plan.
Baie keer is ek sommer regtig nie lus vir kosmaak nie en stel voor elkeen vat vir homself iets. Wat, weet ek dan nie eintlik nie!

Maar Toortsie het ‘n manier om kos te wil verwerk, verander. Om die resep te maak soos dit vir haar pas. En weet julle wat? Sy doen dit selfs met Toortsie se resepteboeke! As ek weer sien, het sy al weer daaraan ook verander!
Maandagaand het ek tot die besef gekom: ‘n Mens wat op ‘n Sondagaand half twaalf kerriebone inlê, of op ‘n Maandagaand 10 uur vroetel in haar kombuis en resepte uittoets, moet lief wees vir kosmaak. Watter persoon wat nie hou van kosmaak nie, sal op ‘n Saterdagaand 9 uur begin neute maal vir ‘n kaaskoek? Dit kan natuurlik dui op malligheid, maar ek wil tot die slotsom kom:
Toortsie hou van kosmaak. Moet wees. Kan nie anders nie.
Maar sy is beslis nie mal daaroor nie.

Toortsie
Verskoon, ek werk op die nuwe ‘ad post’, my foto’s se grootte verskil almal. Dalk kry ek dit nog reg!
Nou water my mond vir daai brokkoli
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
My kommentaar het tussen hier en Bredasdorp verdwyn… Dis so ń voorreg om jou te ken, Toortsie, of jy nou kos maak of nie.🤗
LikeLiked by 1 person
Die gevoel is wedersyds. ❤️
LikeLike
Jou kerriebone resep asb!
LikeLiked by 1 person
Whattsapp my. Het jy nog my nr?
LikeLike
Nee ek het nie, my nr is 0718850279
LikeLiked by 1 person
As jy op ‘n Saterdagaand 9-uur begin neute maal … WAT? Ek sal neute EET daardie van die aand, mits my oë nog oop is. Jy is beslis ‘n veelsydige vrou en ja, ek dink jy hou van kosmaak.
LikeLiked by 1 person
Ek eet neute, ek maal neute, ek breek beute …
LikeLiked by 1 person
Flukse vrou
LikeLiked by 1 person
Ek sê nog altyd dis pure luiheid, sodat ek baie keer kan kuier sonder om kos hoef te maak.
LikeLiked by 1 person
Ek het due voorreg gehad om al toortsiw se heerlike kos te proe- maar dit was lank gelede. Miskien kry rk eendag die voorreg om weer te proe…
LikeLike
En daai dag was jy op die TV! 😁
LikeLiked by 1 person
Die towerinne is nie sommerso nie. Toorts was die star of the show! Die kos was heeeeerlik!
LikeLiked by 1 person
Maar Seegogga was die een agter alles.
LikeLiked by 1 person
Al is ek die middelste kind sal ek my eersgeboortereg verkoop vir daai bone!!
LikeLike