Daardie dag wat Seegogga ons so haastig laat afdraai het so in haar wakkerword, is ons ook net vinnig by Koppie Alleen en die De Hoop Natuurreservaat verby. Die Towerinne was so teleurgesteld omdat hulle net vinnig moes kyk en nie werklik die ongerepte natuur kon geniet nie. Ons het dit bespreek en besluit om tog weer die lang grondpad aan te durf De Hoop Natuurreservaat toe. Dit is werklik ‘n hele dag se besoek werd.
Ons het genoeg water en koeldrank en piekniekkos ingepak en toe is dit ons en Lorenzo met die bus De Hoop toe. Ai tog, iewers kry ons toe ‘n pap wiel en almal moes in die warm son uitklim sodat die wiel omgeruil kan word. Gelukkig het daar een van die jong boere verby gekom, en soos ons hulle ken, dadelik gestop en tjoef-tjaf die wiel omgeruil. En ja, natuurlik ken ek hom goed, hy het dan voor my grootgeword! 😁
Dadelik het Trommeltjies en Positief nader gestaan en vir hom ook koeldrank en koekies uit die groenbus aangebied. Lekkervurig het net planne gemaak oor hoe sy hierdie jong man aan haar dogter gaan voorstel. 😁
Uiteindelik het ons by die De Hoop Natuurreservaat aangekom, waar ons net vinnig ingeboek het en ons bagasie afgelaai het voor ons na Koppie Alleen toe is, behoorlik hierdie keer.
Eers het ons almal sommer net vir lank op ‘n rots gesit en die manewales van die walvisse sommer hier reg voor ons in die water, geniet. Dit was ‘n behoorlike geoeee en ge-aaa elke keer as ‘n walvis heeltemal uit die water spring. Perdebytjie se kamera het behoorlik oortyd gewerk. Terloops, weet julle hoe ‘n lang neus het haar kamera?
Die swemmers onder ons het die seewater aangedurf, ons ander was sommer net rustig en het die seelewe in die getypoele geniet. ‘n Seekat het amper vir Virgo aan die been gegryp! En Hester wou net alekreukels uithaal, dís nou moeilikheid soek, dis ‘n reservaat hierdie! Seegogga kon ons tog te lekker inlig oor die verskillende seediere.
Tannie Frannie, Bondelsgedagtes, en Scrapy het sommer net op die groot rots bly sit en walvisse kyk.
Daarna is ons terug na ons blyplek by De Hoop, en het ons sommer op die vlei se wal sit en braai en gesels en kampliedjies om die vuur gesing, nes ek soveel keer as skoolkind by skoolkampe dit daar gedoen het. Hester en Kameel het ons vertel van die interessante boeke wat hul lees. Aan die oorkant van die vlei is Melkkamer se opstal en ek het vertel van die spook wat daar loop, Perdebytjie sal weet! 😁
Intussen kan Una nie uitgepraat raak oor haar beplande toer ba Bali in Februarie en na Indonesië later die jaar nie. My tone krul behoorlik en ek wens net ek kan saamgaan. Woordnoot se kop werk ook oortyd soos sy planne maak om saam te gaan.
Ná ‘n goeie nagrus en lekker ontbyt, is ons nou op pad Kaap toe, drie dagreise ver te perd.
Die goeie nuus is darem dat Alfonso nog agter die bus se stuur sit en ons orals veilig besorg, behalwe vir die stuk grondpad waarvoor hy nie kans gesien het nie, toe moes ek maar ‘n rukkie die stuur oorneem.
Toortsie
Nog ‘n dag in die toer van die Towerinne. Om hulle hele toer te lees, het jy baie tyd en asem nodig, maar dis HIER te lese. Hierdie is die 117e hoofstuk in hierdie storie. 🙂
Toorts, my Bab vermoor ons as ons skoonma soek ‘n boer speel. Bwahaha! Una, toe kon ek saam met jou die walvisse se soutsproei spatsels voel. Whoohoo. So mooi en groots, die see en die seereuse. Daai Bali reise raak al hoe aanlokliker.
LikeLiked by 3 people
Skoonma soek ‘n boer. 😁
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLiked by 1 person
Ek sal saamwerk sodat ons vir Bab ń handuitgesoekte man vind. Daai oulike kind van Lekkervurig verdien dit.
Toorts, ek is heeltemal uitverkoop aan julle area. Hoe ek my man gaan oortuig dat ons daar moet gaan aftree, weet ek net nie. Maar ek gaan hard probeer. Hy is ń Suidkus mens, die warm seewaters pols deur sy are.
LikeLiked by 2 people
Kom kuier maar net gereeld. 😁
LikeLiked by 1 person
Goeie nuus! Struisbaai het warm seewater! Die warm Agulhas stroom vloei mos hier verby(in die Indiese oseaan) Dis eers van Agulhas af , na di3eSuidpunt van Afrika, wat die koue Benguela stroom in die Atlantiese oseaan die res vd wes-Kaap( Hermanus Kaapstad ens )koud maak. Gister was Steuisbasi se water lou-warm en heerlik.
LikeLiked by 1 person
Die walvisse…ek het my hart weer van voor af verloor.
LikeLiked by 1 person
Die walvisse kom so naby aan die strand.
LikeLiked by 1 person
Klink my ek swem my pollie af op die toer…dalk goed, pollie kan kleiner raak😉
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Ag Toortsie, dis hierdie salige dae van amper niksdoen wat my batterye herlaai. Dis ‘n pragtige seediertjiefoto daardie. Om te dink, ek het soveel jare in Kaapstad self gewoon en nooit hierdie heerlike plekke behoorlik leer ken nie. In my verdediging moet ek darem ook sê dit was die jare van klaintjies grootmaak, sente omdraai en hard werk aan ‘n loopbaan. As ek weer terugkom aarde toe, wil ek ‘n seerob wees wat so luilekker al om die suidelike punt swem, elke dag, heeldag lank.
LikeLiked by 1 person
Dit klink lekker. ‘n Rob, sê jy. 😊
LikeLiked by 1 person
Ja, hulle lyk altyd so blinkvet en tevrede met die lewe.
LikeLiked by 2 people
Ek weet nie of ek ‘n rob wil wees nie, ek kan nie so lekker swem nie.
LikeLiked by 1 person
Ek ook nie. Ek weet net hoe om lekker rond te dryf. Maar as jy ‘n rob is, kan jy swem.
LikeLiked by 2 people
Lag ek nou vir jou Hester….maar jy is reg met jou beskrywing. Dan lê mens net op die land in die son of baljaar in die water.
LikeLiked by 2 people
Dis wat wonderlik is van diere, hulle is net qat God hulle gemaak het en probeer nie nog 20 ander goed ook doen nie.
LikeLiked by 1 person
De Hoop is werklik ‘n besoek werd. Daardie spookhuis…oeee! Ook ‘n lekker plek vir baie stories. Dankie dat jy ons hierlangs gevat het, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Het jou tablet sowaar weer uit die kluis gesluip? 😂😳
LikeLiked by 1 person
Ja, ek het gereël dat ek mag inzoem , net op ons reis en darem so ‘n bietjie FB.😄
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ek dog Lorenzo bestuur?? Jinne maar daai walvisse is mooi, ek kan myself maar net oop bek verwonder…
LikeLike
Ek kan mos nie sy naam onthou nie, ek konsentreer net op die Towerinne se name. 😁
LikeLike
Voor ons weer vir iemand wegry😋
LikeLiked by 1 person
Asb tog net nie dít nie!
LikeLike
🤣🤣🤣
LikeLike
Ons sal help kyk Toortsie…
LikeLike
Ai dankie tog.
LikeLike
Ag vaderland Toorts….ons reis al die hele Afrika deur en nou Alfonso jy die arme Lorenzo!!! O ja, ek onthou nou jy het op die bazaar jou eie naam vergeet 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Daar is belangriker dinge as name. 🙃
LikeLiked by 1 person
Jy is reg Miemsie!!!
LikeLike
Sien jy nou, Liesbet, wie gee nou om!?❤️
LikeLiked by 1 person
Daardie pragtige foto’s laat my regtig see-toe verlang – ‘n virtuele kuier werk net tot op ‘n punt…maar ai, Toortsie, dit was heerlik!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Jy is nie op InLinkz nie!!!
LikeLike
Ek sal nog opsit. Ek skeduleer mos die goed en tans hardloop ek teen die spoed van wit lig om alles klaar te kry. Sal nou gou opsit. Dankie dat jy my herinner.
LikeLike
Miemsie, Liesbet en Alfonso. So maak mens!!
LikeLike
Nes jy daar sê, Priscilla 😁
LikeLike
Lol
LikeLike
Ek moet sê dis werklik heerlik om so rustig te sit en kyk na die wavisse.(in die werklike lewe het ek nog nie een gesien nie!) Dis darem maar net n ander wêreld hierdie van jou en seegogga. Mens kan sommer tot verhaal kom na al die grondpad se hobbels en klippe.
LikeLike
My pa het soveel keer as die lewe kwaai druk, sommer Koppie Alleen toe gery. Daardie grond het toe aan ons behoort en daar het skape gewei op die plaas. Hy het altyd gesê so ‘n dag het sommer ‘n klomp moeilikhede weggewas.
LikeLike
Stem saam met jou pa. My beste tye was ook maar in die middae as ek ver van die huis onder n rosyntjie bos sit en bokke oppas dat hul nie te ver afdwaal nie.
LikeLiked by 1 person
Dis wat die see doen! Dit was jou kommer weg, dit maak jou rustig, dit laat jou stilword, dit laat joy die wonder van die natuur opnuut beleef, waardeer.
LikeLiked by 1 person