Verskoon asb, ek begin solank post, dis ‘n rowwe week en ek het ‘n paar bloginskrywings. Julle kuier mos by my en Seegogga gelyk.
Hierdie is ‘n fiktiewe toer wat 14 bloggers deur die land neem.
Nadat Seegogga ons behoorlik trakteer het, is dit my beurt. Ons het vroeg uitgeboek by haar gastehuis en net vinnig ons goedjies gaan aflaai by ons strandhuis.
Ek het ‘n baie rustige tyd beplan, maar ons weet mos nou almal dat ons nie hierdie span Towerinne sommer in toom kan hou nie.
Ons eerste besoekpunt was Elim, ‘n ou Morawiese sendingstasie. Daar het ons sommer die mooi kerk en watermeul bekyk en die labirint geloop om ons siele skoon te maak. Tannie Frannie en Scrapydo het behoorlik vasgehaak in daardie labirint. Towerinne! Sug.
Die gedagte was dat ons by die Black Oystercatcher sou gaan eet, maar Bondelsgedagtes en Una wou gaan kyk hoe dit by Pearly Beach lyk, met Seegogga wat net aanhou vertel hoe mooi dit daar is. Ag, ons ís mos met vakansie, so hoekom nie?
Plaas dat ons by die plan gehou het!
Toe ons by die see kom, sien ons daar is duikers in die water. Opgewonde skree Trommeltjies, sy kan duik, sy gaan nou ook, en storm nog voor ons behoorlik kan keer, met Positief agterná.
Ons probeer ons bes om die twee uit die water te kry, dis PERLEMOENSMOKKELAARS, en as hulle in die water is, bly jy daar uit! Daar het juis ‘n polisieman op die wal gestaan en wag dat van die duikers hulle voete uit die water sit. Dis professionele ouens daai, ‘n mens mors nie met hulle nie!
Intussen sit ons en bewe van angs op die wal, want as een van ons twee Towerinne nou opgewonde met ‘n perlemoen uit die see kom, is dit tronksake en voorbladnuus.
Maar, soos een man het ons beskermhere uit hulle voertuie geklim, vir die polisie amptelik en saaklik meegedeel dat hulle van die Suid-Afrikaanse en Vlaamse Intelligensiediens is en dat hulle hier is om die groep pragtige dames, wat op ‘n geheime sending is, te beskerm, en dat hulle geen probleme wil hê nie. Die polisieman het net met groot oë na die hooggeplaasdes gekyk, iets gemompel dat hy weet van ons, en toe so ‘n bietjie verder weg gaan staan en staar oor die see.
So ‘n ruk later het die twee dames met leë hande uit die water gekom en is ons daar weg.
Toe ons deur Baardskeerdersbos ry, met almal se spanning só opgejaag was deur die perlemoenduikers in ons midde en dis warm, het ons Marietjie’s Pub & Grill ingeval, want ons was dors.
Ag nou ja. Jajaaaa. Wat ‘n gesukkel om die span dáár weg te kry! Natuurlik was daar ‘n paar voete wat gejeuk het om op die tafels ook te dans, vertel dit nou oor! Ek het toe maar ons bespreking by die Black Oystercatcher gekanselleer, want ek het besef dit gaan te laat word. Die Towerinne het behoorlik weggelê aan die seekos.
Die res van die aand het ons sommer net ‘n vuurtjie gemaak en rustig saamgekuier. My man het natuurlik die vrouegeselskap vreeslik geniet, en die opmerkings oor die gebraaide skaapstertjies! Stedelinge! 😱😂
Net toe ek nou dink dat ons nou rustig gaan raak, hoor ek konsternasie van die krismisbedspul af! Hul gaan nou skinny dip by Struisbaai se hoofstrand. Elfuur in die nag! Maar dit is helder maanskyn en voor jy kan sê mes, is Hester, Woordnoot, Virgo, Perdebytjie, Lekkervurig en Kameel daar weg! 😱
Doodmoeg, maar doodlekker, dit is wat dit is.
Net terloops, dis hierdie tyd van die jaar:
Foto geleen op Facebook.
Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.
Toortsie
Hierdie gaan weer ń heerlike kuier wees!
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so. Almal was nog, want met 14 Towerinne bymekaar kan dit nie anders nie
LikeLiked by 1 person
Julle area het soveel ongelooflike plekke, ek kan nie wag nie.
LikeLiked by 1 person
Skinnydip. Nogal. Gelukkig is die virtueel en ek is dan Sophia Loren aka Lekkervurig aka Vuurvliegie. Bwahaha.😎
LikeLiked by 5 people
Ja, skinnydip, en dit in onse onskuldige seewater! 😱
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n storie…gelukkig ‘n storie storie. Kan jy nou jou indink as ons rerig daar kom kaperjol. Hehe.🤣🤣
LikeLike
Ek sal dit so geniet
LikeLike
Nooi ons…..
LikeLike
Ek sien daai lyf Sophia 😁😁😁😁As Toorts ons wil laat skinny dip soek ek my jongmenslyf terug 😣
LikeLiked by 3 people
Geen voorwaardes hier nie! Ek glo almal wat wel daai tyd op die strand was, het nader gestaan om die spektakel te aanskou. 😂
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die kompliment 🙄 ek skaam my uit my vel uit om nou te skinny dip met toeskouers nogal. Het ons nie die koerant gehaal nie 😂😂😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ons sal maar sien wat Vrydag in die Suidernuus verskyn
LikeLiked by 1 person
Ooooo gaaaats!!! Of soos my ma altyd gesê het “O my gatta.”
LikeLiked by 1 person
Ek dink juis ek moet vir Loui Koen ‘n boodskappie stuur.
LikeLiked by 1 person
Toorts ek het ‘n groot probleem….as jy vir Loui Koen ken vra hom om asseblief nie ‘n berig en fotos van ‘n klomp kaal vroue wat onder die maanlig swem te plaas nie. Sien my twee kleinkinders hou van môre af saam met hulle ander oupa en ouma op Struisbaai vakansie. As daardie mense en die kinders dit sien is ek in diepe verknorsing!!! Ek soek ‘n bietjie genade vir my uithakkery daar op julle dorpie.
LikeLiked by 2 people
Ek sal mooi praat met hom. Hy is darem baie ordentlik en sal seker nie kaalswemmers op sy voorblad wil hê nie. Maar die agterblad is natuurlik ‘n ander storie. Dalk kan ‘n mens nie die gesigte so goed uitken nie. 😂🥂👙
LikeLiked by 1 person
Onthou Kameel, jy lyk soos jy in jou verbeelding lyk, ek het omtrent geswem en geduik soos ‘n regte vis
LikeLiked by 3 people
Sjoe dit kos werk om my verbeelding soooooo vêr te strek. Dit was sekerlik Camilla wat daar gaan swem het….met haar het ek geen probleem nie 😁😁😁
LikeLiked by 1 person
😀🌻
LikeLike
Ek hou hiervan.
LikeLike
Dit verstom my dat julle nog nie totaal uitgeput is nie. Julle het ‘n wilde skedule aan die gang.
LikeLiked by 1 person
Ons kry darem altyd rus tussenin. Elke week het net 2 of 3 dae. 😊🥂
LikeLiked by 1 person
Toortsie in watter dorp bly jy?
LikeLike
Ek weet nou nie of my vorige antwoord deur is nie. Bredasdorp meestal. Waar bly jy?
LikeLiked by 1 person
Kan ek jou dalk interview vir my Country People Afdeling? Ons maak dit ‘n afrikaanse een?
LikeLiked by 1 person
Graag. Dis ‘n baie groot kompliment. Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Het jy my e-posadres nodig?
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! En ja asb stuur vir my jou e-pos.
LikeLike
madeleburger@gmail.com
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek het die vrae deurgestuur 🙂
LikeLike
Ek sal kyk.
LikeLiked by 1 person
Asof ek nie weet nie! Mosambiek! 😊
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person
Eeejôh, amper het ons alweer tronk geproe… dankie tog vir ons beskerm engele.
Ek het die krismis bed geniet tot wie weet wie my met ‘ n kussing geslaan het en n kussing geveg uitgebreek het..
LikeLiked by 2 people
Julle is nes ‘n spul skoolkinders wat op ‘n kamp gaan, onbeheerbaar. Jul kon net nie tot rus kom nie!
LikeLike
Sorry Toortsie, dis seker daardie laataand kondensmelk koffie en die blik uitlek na die tyd…
LikeLiked by 1 person
Ek dink daar is baaaaie faktore. 😂
LikeLike
Ek het vere gevoel vir daardie kussinggeveg…gemaak asof ek slaap. Het jy al vir Toorts gesê jy het haar dure pot in skerwe laat spat 😇
LikeLiked by 1 person
Pot? Wat? Gelukkig het ek nie dure goed by die see nie. 😁 Was die vere wat jy gevoel het die vere in die kussing?
LikeLiked by 1 person
Jy is skerp….presies net dit….nou verstaan jy hoekom ek heelnag genies het.
LikeLiked by 1 person
Ag hooikoors kan so sleg wees! Plaas dat jy gepraat het, ek dink daar lê nogals Allergex in my laai.
LikeLiked by 1 person
Gedog julle voel vere vir my wat so suffer. Dankie Toorts sal sommer die hele pakkie vat net v.i.g die Towerinne weer so ‘n middernagtelike gier kry.
LikeLiked by 1 person
Dis reg so. 😁
LikeLiked by 1 person
Daar gaan dalk nog wees wat dit nodig het. 😁
LikeLiked by 1 person
Bwahahaaa vir daai ou wat so vreesbevange is vir die Vaalies 😀 Dit was ‘n betowerende dag!
LikeLiked by 2 people
Bly jy het dit geniet. 😁
LikeLiked by 1 person
Die Valies is baie welkom hier, maar 3 Januarie is dit weer ons strand. 😊
LikeLiked by 1 person
Oe daai skaapstertjies. Ek het vir my man ‘n whatsapp foto daarvan gestuur en hy is nou baie bekaf – dis een van sy gunstelingdisse, maar hier rond sien of ruik jy mos nie ‘n skaapstertjie nie. Hy sê al hierdie gerondkuiery is nou regtig uitspattig, die Towerinne is besig om my te verlei – hy sien daar is sprake van drank en kaalswemmery en hoekom is daar ander mans teenwoordig terwyl hy by die huis moet bly. Ek moet sorg dat ek klaar kuieren by die huis kom! Gmf. Dis baie lekker hier op die suidpunt van Afrika en ek kuier heerlik, so hy sal maar geduldig moet wag.
LikeLiked by 1 person
Weet julle dan nog nie dat die mans nie die stories moet lees nie? Ek is bly julle kuier lekker. Môre is nog ‘n dag.
LikeLike
Spot maar met die Vaalies! As julle Wildtuin Jouies toe kom lyk julle ook maar heel anders as ons ou Vaalies. Ek wonder of daardie twee “duikers regtig met lee hande uitgekom het. Positief het so n half opgeswelde wang gehad toe sy uitkom. Ek het haar gevra of sy tandpyn het maar sy het net heftig haar kop geskud en vinger op haar mond gesit dat ek moet stil bly. Klink vir my n bietjie fishy!
LikeLiked by 1 person
Ja ek glo ons Kapenaars lyk vreemd daar in die Wildtuin, maat dat dit ‘n lekker plek is, is baie waar. 😁
Is dít waar sy die perlemoene gebêre het? Ek dog so stilweg sy het darem vreemde buuste en boude! Maar die polisieman het mos op ‘n veilige afstand gestaan. 😂 Ek wonder steeds wat hy bedoel het met ‘hy weet van ons’ ?
LikeLike
Al wat ek altyd onthou is my pal in die Kaap het hulle “sopikoppie” genoem, want die pa’s dra mos altyd die kjinders so op hulle skouers en dan moet hulle kort-kort buk by deur in en al wat jy hoor is ma wat sê “sopdiekoppies” (pas op die koppies).
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLike
Daar is allerhande skate in die see, nie net perlemoen nie #sêmanet
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Mmmm, ja, wat het jy toe gekry?
LikeLiked by 1 person
Met soveel bote wat hier gestrand het, moet hier baie skatte wees.
LikeLike
Sal steeds wil weet wat Positief in haar kies weggesteek het.
LikeLiked by 1 person
Moenie te veel vrae vra nie. 😳🙃
LikeLiked by 1 person
Hoe lus ek nou vir een van Marietjie se B’Bos Burgers…
LikeLiked by 1 person
😊🍷🥂
LikeLiked by 1 person
O jy ken daai plek. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek sal al die pad van Pretoria af ry spesiaal daarvoor! Sulke gawe mense ook!
LikeLiked by 1 person
Nou miet ek bieg. Ek dink nie ons het al ooit regtig geëet daar nie, maar ek verkyk my elke keer wat ons daar kom aan die lieflike, massiewe borde seekos. Ek dink hierdie vakansie is dit op my prioriteitslys om wel daar te gaan eet ook. Nee ag! So lus kan mens mos nie vir seekos wees nie! 😁
LikeLiked by 1 person
Julle sal dit so geniet!
LikeLike
Ek weet, ja. Elke keer wat ons nog daar was, was dit ‘n vreemde tyd van die dag. Ek dink ons wou een keer daar eet, toe was hulle vol.
LikeLiked by 1 person
Of dit sou baie lank neem voor ons kon bestel.
Ons ry die dag om te gaan eet by Black Oystercatcher. Vol bespreek. Toe na Marietjies. Baie besig. Gaan lank vat. Ry terug Struisbaai toe. Probeer 55 Knots. Vol bespreek. Gaan koop vis en chips by Agulhas Seafoods. 😂 Wel, ons het ‘n lekker uitstappie gehad. Daardie dag het my skoonseun ouers gevra. 😊🥂
LikeLiked by 1 person
Baie mooi plekke gesien op n baie spesiale dag! Was al die Vaalies toe daar dat die plekke so vol was?
LikeLiked by 1 person
Hulle was almal daar. Die laaste een van hulle. Almal. 😁
LikeLiked by 1 person
😀 😀 😀
LikeLiked by 1 person
Waaaat???? Nog nooit daar geëet nie? Daai seekos is “to die for…” julle kan maar gerus daar eet!
LikeLiked by 1 person
Ons gaan beslis. 😁
LikeLiked by 1 person
Nou leer jy mt ook iets, Toortsie. Ek sal daardie labyrint weer moet gaan (be) soek op my volgende rerige besoek! Jy het my amoer hartverlamming gegee. Ek dig jy het ons weg voir ons due Suidpunt besoek het! En tiw bru g jy ons sowaar weer terug! Jay! Skinnydip in due maanlig! Super pret!
LikeLiked by 1 person
Ek moet die laberint dalk self ook regtig gaan loop. Mens is altyd so haastig as jy daar is en ons altwee sal by Pearly Beach moet uitkom. 😁
LikeLike
Vir pêrlemoenduik Toorts?
LikeLiked by 1 person
Mens weet nooit! 😊
LikeLiked by 1 person
Ek oan mos nie swem nie, jy weet. 😊
LikeLiked by 1 person
Daar is altyd vlerkies!!!
LikeLiked by 1 person
En ‘n tjoepie om die middel. 😂
LikeLiked by 1 person
Ek wou iets sê toe dink ek Kameel bly stil…ek is in ‘n tergbui vandag, en netnou vryf ek julle verkeerd op 😇
LikeLiked by 2 people
Terg maar. Ons is nie bang nie.
LikeLiked by 1 person
Nee man, hoekom maak jy my nou die sondebok….ek sou nooit op jou gesplit het nie….
LikeLiked by 1 person
Waar het ons jou dan nou die sondebok gemaak?
LikeLike
Kameel split op my…..jy weet mos op die groen bus vang ons goed aan wat ons nie wens geweet het ons vang aan nie…tydens die kussing geveg het jou kosbare pottery iets in die slag gebly, jammer Toortsie….
LikeLiked by 1 person
Aardse gied. Aardse goed. My Struisbaaihuis het nie waardevolle goed in nie. Geen probleem. Jy is vergewe.
LikeLike
Ek haak uit Bondels….moet in ‘n harnas gesit word. Jammer jong, die potstorie het uitgeglip voordat ek kon keer. Jy weet jy het my amper versmoor toe jy daardie verekussing oor my gesig gedruk het om my gillery oor die groot skrik te keer.
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n ou pot waarvan ek nog nooit gehou het nie, so bly hy kan uiteindelik weggegooi word.
LikeLiked by 1 person
AI toggie Kameeltjie ek is vreeslik jammer jong ek wou jou nie so laat skrik het nie! Ook nie versmoor nie, ons moet nog koffie date hê as ek in George is…. ek sal volgende keer versigtig wees… as daar n vlg keer is bedoel ek…
LikeLiked by 2 people
Daar lê nog ‘n nag voor op ‘n krismisbed. 😂
LikeLike
Hierdie keer kruip ek weg…
LikeLiked by 1 person
Skinnydip nogal! Perdeby swem nooit as sy dit kan verhelp nie! Lekker Toortsie. Lyk my ons kuier van eetplek tot eetplek.
LikeLiked by 1 person
Toortsie hou van eet. Ons eet tot ons moeg is en slaap tot ons honger is. En ons swem nooit, behalwe as ons kan skinny dip. 😁
LikeLiked by 1 person
Ons kuier nou in dele wat baie spesiaal is en mooi herinneringe inhou. Ek is so bly ek het uiteindelik die duik ding gedoen. Ons het lekker pret gehad Positief. Daardie smokkelaars het nie geweet wat hulle tref toe ons soos wafferse meerminne op hulle afduik nie. Daai een ou het sommer die perlemoene neer gegooi en weg geswem. Ongelukkig het ons ook ons asse presies toe af geskrik toe ons besef wat regtig aan die gang is. Tog nie soveel dat ons ń paar perlemoene gegryp het nie.
Ons het al baie heerlik ge eet by Marietjies. Hulle platters is to die for. Moet net nie koffie drink nie, dit proe soos die slegste kamp koffie. Ons het een jaar op my verjaardag daar ontbyr ge eet. Manjifiek. Beste is bespreek vooraf.
LikeLiked by 2 people
Hul koffie is seker sleg sodat jy eerder bier moet drink. 😁
LikeLike
Weet nie, maar dis vrek sleg. Ook gewens ek het eerder iets anders bestel.
LikeLiked by 1 person
Deesdae lees ek net Towerrin stories en dan altyd laat.
Daai see is vrek koud vir skinnydip, maar ek is seker dit sal my boude laat krimp wat so uitsit,van die hitte, mos
LikeLiked by 2 people
Ek dink ek is die jongste Towerin, maar as ek daar was sou ek verseker die oudste een gewees het met al julle se mannewales.
LikeLiked by 1 person
Ons mis jou op hierdie trip. 😁
LikeLike
Ag ja…hier kom ou agterossie ook…. Toortsie..jou plek by die see is awesome! Ek sal permanent daar kan bly. Mens kan sien dis ‘n kuierplek. Niks fênsie ornamente nie. Jy het ons baie tuis laat voel. En ek bieg nou vandag…daai laatnag swemmery was tops! Veral toe die toppies begin waai!!! Ek sal niks sê nie want ons praat mos nie uit nie…maar dit was heerlik bevrydend om so te baljaar!!! Sorry vir die geraas1
LikeLiked by 1 person
Ons het dit geniet, ons ken julle mos al, en my man het soos ‘n koning gevoel met sy harem.
LikeLike