Die Towerinne aan die Suidpunt – tussenwerpsel

Die Towerinne is op ‘n verbeeldingsreis deur Suid-Afrika en is tans op pad om by my en Seegogga by die Suidpunt van Afrika te kuier.

Seegogga het my program behoorlik deurmekaargegooi toe Hester haar skielik wakker gemaak het waar sy rustig sit en droom het daar in die giggelgroen bus en toe die busbestuurder sommer laat afdraai na Malgas se pont, Koppie Alleen en Waenhuiskrans, en dít nog sommer voor die werklike kuier by haar eers begin! Daar is my hele toerprogram vir dag twee toe in sy kanon in, want dis net mooi wat ek vir ons vir dag twee beplan het, om vir julle te loop wys waar ek grootgeword het en die grot by Waenhuiskrans, Koppie Alleen waar ons as familie vakansie gehou het en die De Hoop Natuurreservaat, wat se grond aan my voorouers behoort het.

Skielik moes ek hard en vinnig dink wat anders om te doen! Toe ek egter Seegogga se weergawe van Waenhuiskrans lees, en hoe mooi sy ons belewenis in die grot beskryf, kon ek nie anders nie as om te sê: ‘Dankie Seegogga, jy het dit so mooi gedoen.’

Maar, hier is my weergawe van ons storie. 😁

Soos julle mos weet, is ons oor die pont, blykbaar die enigste een in Suid Afrika wat nog met mensekrag getrek word en Virgo en Positief het te lekker help trek met die ketting om die kabel. Daar is omtrent gelag dat dit sommer oor die water weergalm het.

By Waenhuiskrans het ons mos ingeboek by die Arniston Hotel. Ek leen die foto by Kameel.

Met laagwater is ons almal na die waenhuisgrot. Party was maar skrikkerig om deur die nou gaatjie te klim, maar met groot gelag is ons almal darem deur. Perdebytjie se kamera het net heeltyd kliekkliekkliek gegaan.

Waar Hester verdwyn het, weet ek steeds nie en is maar ‘n bietjie angstig hieroor, want as die opstoot en dit hoogwater raak, kan sy verdrink in daardie grot. 

Maar iewers het sy uitgekom en ons kon almal weer onstpan. 

Ons het toe eers deur Kassiesbaai gestap, met sy tradisionele Waenhuiskranshuisies en ‘n koeldrank gaan drink by Willenes, ‘n eetplek in Kassiesbaai. Almal het tog te lekker gelag vir hierdie bord op pad na die eetplek: 

Volgens oom Ferdie Spamer, was die vissershuisies aanvanklik by Oubaai (Roman Beach), maar is later geskuif tot hier waar dit vandag is. 

Die res van die dag het ons sommer net lui-lekker verkeer. Lekkervurig en Hester het natuurlik die geleentheid aangegryp en sommer net daar op hul balkon sit en lees. Party het gaan lyf wys op die strand, sommige het sommer net rustig by die hotel verkeer. Una, Bondelsgedagtes en Woordnoot het die gerief van die Spa aangegryp. Julle moes vir Kameel in die branders sien! Dis ‘n belewenis!

Foto geleen by Arniston Holiday Cottages op internet.

Ek daag julle uit om te sê wie is op hierdie foto! 😁 Mooi, né?

Ek, Seegogga en tannie Frannie het by ‘n tafeltjie op die hotel se stoep gaan sit en die heerlikste mengeldrankies bestel. Trommeltjies en Scrapydo het eers hulle gaan verkyk aan die vissersbote in die hawe, wat almal volgens dieselfde styl gebou is, blykbaar deur dieselfde bouer, en het later by ons aangesluit. Soos die dag aangeloop het, het die res ook stuk-stuk by ons aangesluit.

En op daardie stoep het dit laat geraak. 🙂

Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.

Toortsie

38 thoughts on “Die Towerinne aan die Suidpunt – tussenwerpsel

  1. Ag Toortsie, man, ek is netso omver gegooi. As ek nou bietjie langer kon slaap, sou ek mos eers hier by Stormsvlei se kant wakker geword het en die bus laat afdraai het Bredasdorp en Struisbaai toe. Ek het alles beplan om oor die Suidpunt en die vuurtoring en die wrak te vertel. Daar boikot die verkeerde afdraai toe vir jou en ook vir myself! Toe gaan toer ek waar jy wou toer. En hopelik gaan toer jy nou waar ek graag wou toer. Maar een ding staan darem vas: of jy nou n Struisbaai “fan” is, ( ek is) of ‘n Waenhuiskrans “fan”, ( en hierrond is jy tradisioneel net een vd twee), ons woon in die heel beste deel van die land, nê Toorts! Ons kan oor en oor op dieselfde plekke hier toer en ons sal nie moeg word daarvoor nie, want ons ons is sooo lief vir hierdie hele Suidpunt!

    Liked by 1 person

  2. Hie4 het ons nog die warm seestroom, Hester. Dis een vd goed wat ek eintlik wou vertel, maar toe draai die bus te gou.( ag ok, ek weet dis my eie skuld, maar wat verwag jy as ek do skielik wakker geskud word?)

    Liked by 1 person

  3. Nee genade, ek kan nie wag om in julle deel vakansie te kom hou nie! Defnitief nou ń mooi prentjie van wat alles by julle gebeur en te siene is. Die feit dat die water warmer is, dis vir my ń groot pluspunt.

    Liked by 2 people

      1. Ek maak elke Desember ‘n punt daarvan om nie op die blogs te kuier nie…loer net af en toe in…ek sluit my Ipad in die kluis toe. Moes vanoggend geld tussen rekenings oorplaas en kon nou nie die versoeking weerstaan om in te loer nie! Die ipad gaan netnou weer kluis toe!!

        Liked by 2 people

  4. Ek het nou lekker tussen die wit huisies gaan rondloop en myself gate uit geniet. Dit sê die Willeens restaurant….maar is jy seker die Towerinne het geëet as hulle soveel ander dinge daar verkoop? Lyk vir my nogsteeds na ‘n lekker vissersdorpie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!