Seegogga bel my sodat ek haar moet help en daar val ek sowaar ook in die sloot!
Sy (en nou ook ek) het die nuwe formaat van ‘skep nuwe artikel’ op ons rekenaars.
Ek het nog die ou formaat gehad, wat wonderlik werk, en om te kyk wat aangaan, kliek ek toe op die nuwe formaat en HOE KAN EK WEER TERUGGAAN?
Daar is net geen manier nie en die nuwe manier is simpel. Hoé kry ‘n mens al hierdie akuutklemme en ander tekens gedoen? Nou ja, ék kon dit gelukkig nou regkry omdat, as ek die e inhou op my rekenaar, dan kom die lettertjies op waaruit ek kan kies. Maar hoe doen ek dit op die ander rekenaars waarvan ek nie altyd die kodes ken nie?
Het iemand anders dit ook oorgekom? Hoe maak mens? Hoe gaan jy weer terug? Asseblief! Help!
En dan verskyn ‘n ding sommer in ‘n blok en ek weet nie wat alles nie.
Toortsie
Ai Toorts na ure se soek en knoppoe druk, sien ek dit skielik raak! A ha! As mens na regs bo gaan en op 3 kolletjies druk kom daar n kolom met allerlei griekse Afrikaanse goed bv boonste nutsbalk ens. Heel heel onder staan daar:
Switch to Classic Editor.
Klik daar en siedaar!
LikeLiked by 1 person
Mooi man! Spanwerk uit die boknste rakke. Jou dag in Waenhuiskrans is so mooi geskryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou hulp en geduld! Nou moet en Hester weer vind….
LikeLike
Asb! Jy moet haar dringend vind voor die hoogwater haar oorval.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop jy vind vir Hester voor môre-oggend 6 vm!
LikeLiked by 1 person
Ek het ook die nuwe een probeer en daardie blok gekry wat ek op einde tie darem uitgevee het en een-een kon pos soos dit was. Ek het nog nie weer probeer nie maar dis n gestoei om alles met die nuwe ding te doen. Eks bly seegogga het reggekom om terug te skakel.
LikeLiked by 1 person
Nou het ek ‘n bestaande een teruggeskakel en diechais vergroot!
LikeLike
Ouch! Dit klink gladnie goed nie. Is daar nie n “help” plekkie waar jy kan kyk wat hul aanbeveel nie. Eks te moeg op oomblik anders het ek ook gaan kyk wat aangaan. Sal miskien die naweek bietjie kyk.
LikeLike
Ek kom nou reg met die nuwe een. Ons moet maar aanpas, want anders, wanneer daar WEER vernuwing kom, is die aanpassing onmoontlik. 🙂
LikeLike
Is so, dis hoekom ek ook maar die nuwe dele doen. Nes mens agter die kap van die byl kom gaan alles sommer weer beter.
LikeLiked by 1 person
Dis regtig so.
LikeLiked by 1 person
NEE DIT KAN NIE WEES NIE! MYNE IS PERFEK!
LikeLike
Ek kom nou reg met die nuwe een. 🙂
LikeLiked by 1 person
Suster, ons moet aanpas by die vernuwing, want as hulle weer vernuwe, raak ons te ver agter.
LikeLiked by 1 person
ek sla volgende jjaar probeer as ek meer tyd het.
LikeLiked by 1 person
Ek is steeds te bang om die nuwe een oop te maak. Doodbang.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan ek verstaan ek verstaan.
LikeLike
Ek kom nie reg met die ander kommentaar nie, selfs met die wagwoord.
LikeLiked by 1 person
Wat sal dit wees? Kry jy dit oopgemaak?
LikeLike
Ek skryf my kommentaar onder aan jou post, dan moet ek my gegewens invul en die woord. Submit. Dan net niks daarna nie, en my kommentaar wys nie.
LikeLike
Hoofletter T
LikeLike
Het T gedoen.
LikeLike
Komaan, julle is Towerinne – niks bang vir nuwegeite nie!
LikeLiked by 1 person
Jajaaa! Klaar vernuwe. 😁
LikeLike
🏆🥇
LikeLiked by 1 person