Help!

Seegogga bel my sodat ek haar moet help en daar val ek sowaar ook in die sloot!

Sy (en nou ook ek) het die nuwe formaat van ‘skep nuwe artikel’ op ons rekenaars. 

Ek het nog die ou formaat gehad, wat wonderlik werk, en om te kyk wat aangaan, kliek ek toe op die nuwe formaat en HOE KAN EK WEER TERUGGAAN?

Daar is net geen manier nie en die nuwe manier is simpel. Hoé kry ‘n mens al hierdie akuutklemme en ander tekens gedoen? Nou ja, ék kon dit gelukkig nou regkry omdat, as ek die e inhou op my rekenaar, dan kom die lettertjies op waaruit ek kan kies. Maar hoe doen ek dit op die ander rekenaars waarvan ek nie altyd die kodes ken nie?

Het iemand anders dit ook oorgekom? Hoe maak mens? Hoe gaan jy weer terug? Asseblief! Help! 

En dan verskyn ‘n ding sommer in ‘n blok en ek weet nie wat alles nie. 

Toortsie

25 thoughts on “Help!

  1. Ai Toorts na ure se soek en knoppoe druk, sien ek dit skielik raak! A ha! As mens na regs bo gaan en op 3 kolletjies druk kom daar n kolom met allerlei griekse Afrikaanse goed bv boonste nutsbalk ens. Heel heel onder staan daar:
    Switch to Classic Editor.
    Klik daar en siedaar!

    Liked by 1 person

  2. Ek het ook die nuwe een probeer en daardie blok gekry wat ek op einde tie darem uitgevee het en een-een kon pos soos dit was. Ek het nog nie weer probeer nie maar dis n gestoei om alles met die nuwe ding te doen. Eks bly seegogga het reggekom om terug te skakel.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!