Wie is die Towerinne? Hoe kan ‘n mens hulle beskryf?
Ek weet nie!
Nadat ek die video gesien het van ‘n lawwe klomp oumas wat Lekkervurig op FB gesit het, ek weet ongelukkig nie hoe om dit hier te post nie, kon ek nie help om te dink: Dís die Towerinne!
Nee, ons is nie ‘n spul lawwe oumas wat die kluts totaal kwyt is nie. Nee!
Ons is ‘n klompie vroue met ouderdomme oor ‘n wye spektrum van jonk na ouer en sommige meer gevorderd in jare as ander, maar ons gee glad nie om nie.
Ons is ‘n span vroue wat die lewe gryp, wat ons nie laat voorskryf nie, maar sterk is en in ons verbeelding nie bang is om sommer net laf te wees nie. Ons inspireer ander en bou mense op.
Die Towerinne bemoedig mekaar, bemagtig mekaar, inspireer mekaar.
En soms sypel die krag en entoesiasme wat ons in ons Towerinlewe ervaar, deur tot in ons gewone lewe en doen ons dalk dinge wat ons nooit voorheen sou doen nie, net omdat dit in ons verbeelding ‘n werklikheid geword het, omdat ons mekaar gemotiveer en aangespoor het om buite ons gemaksone te waag.
Vir ander mense mag ons laf vertoon, soms sal mense ons selfs teen onsself wil beskerm, maar ek is mal oor die Towerinne. Hulle is ‘n bus vol borrelende energie wat mekaar aanspoor tot hoër hoogtes en in liefde uitreik na mekaar.
Bravo vir die Towerinne!
Toortsie
Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.
Ek moet bysê: die towerinne skrik vir niks, hul is dapper lewenslustige, mensliewende vroue. Ons wys ook wat in ons steek as dit by probleme oplos kom. Dis heerlik om so in ons verbeelding die regte lewe voor te stel. Elkeen is uniek.
LikeLiked by 2 people
Netso
LikeLiked by 1 person
Dis so waar Toortsie, onscreen vang dinge aan wat ons nooit regtig sou waag nie en terselfder tyd nodig dit ons aan om iets nuuts te probeer. En op die koop toe leer ons by mekaar..heerlik om elkeen beter te leer ken. Onbevange eerlik
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Jy het gesê wat ek glo in almal se harte is. Partykeer voel die Towerinlewe net so werklik soos die ware een.
Jy kan van Broodina gaan lees 😊
LikeLiked by 1 person
Ek doen dit dadelik. Ons het bietjie ons beurt gehad met Eskom.
LikeLiked by 1 person
Ons ook…krag nou weer aan.
LikeLiked by 1 person
Dis ñ absolute heerlikheid en ñ voorreg om ñ Towerin te wees!
LikeLiked by 1 person
O ja, beslis!
LikeLiked by 1 person
Ek kannie bybly nie… julle spul anties is mal-mal verby!! 😉
LikeLike
Hoe bedoel meneer nou? Ons verban jou gou-gou van die groen bus af! Anties! Gmf! Mal verby! Sjoe!
Kyk hoe reuneer hy nou die vriendskap!
Kameel! Kom help! Hester!! Lekkervurig! Una!!kyk wat sê die man!
LikeLiked by 3 people
… my stertvelle lê aan vlarde… sorrie dames!!!!
Gmf… dit klink na ‘n lelike ding die!!
😵🙄😲🙃🤣
LikeLiked by 1 person
Joe! Ek is steeds erg ontsteld! Jy sal 14 GROOT krismisbokse moet stuur om hierdie blaps weer te herstel!
LikeLiked by 1 person
Oukei… hier kom ‘n spesiale bos blomme vir elkeen van julle sterre!!
💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐
en… bokse vol krismis vreugde!!
🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁
LikeLiked by 4 people
Jy is vergewe. 😁
LikeLiked by 1 person
Sjoe… dit was benoud… daar’s kolle… ek het geworrie… erg! Dankie!!!!!!!!!!!!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie! 😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁
LikeLike
Ooooo die antie sê dankie vir haar blomme en krismisboks. Jy moet maar versigtig trap tussen die Towerinne….hulle mag jou dalk teer en veer!!!
LikeLiked by 2 people
Plesier!!
Klink my na ‘n hele pot bollie… diskriminasie van die hoogste order… 14 teen een!
My broek bewe… duk stukke!!
🙃😲🙃🙄😁
LikeLiked by 3 people
Oppasssss
LikeLiked by 1 person
Hoekom?
Ek is die onskuld van selwers… belowe!
LikeLiked by 1 person
Dalk sommer net omdat ons hou van pret. 😂
LikeLiked by 1 person
Sommer emmers vol!
Of, ek sal heel lekker daar in ‘n vat vol Pinotage kan val… LEKKER!! 🍷😲😵😁
LikeLiked by 1 person
Hulle sal baaaaie hou daarvan! Die teer en veerdery.
LikeLiked by 1 person
Definitief….dis iets wat ons nog nie gedoen het nie. 😊
LikeLike
Sjoe! Dit sal baie lekker wees. 🥂
LikeLike
Haha, nou sien ek hoe hang daai velle oor jou broek se belt!
LikeLiked by 1 person
AJ, jy sukkel mos nou met ons, jong…🤔
LikeLiked by 1 person
Viva La Towerinne!!!
LikeLiked by 2 people
Dis nou mooi opgesom Toorts.
LikeLike
❤️
LikeLiked by 1 person
Ag Toorts, julle inspireer my sommer om my Sophia-storie van rigting te laat verander…
LikeLiked by 1 person
Jy kry dit wat ons almal voel presies raakgeskryf
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike