Wie is die Towerinne?

Wie is die Towerinne? Hoe kan ‘n mens hulle beskryf?

Ek weet nie!

Nadat ek die video gesien het van ‘n lawwe klomp oumas wat Lekkervurig op FB gesit het, ek weet ongelukkig nie hoe om dit hier te post nie, kon ek nie help om te dink: Dís die Towerinne!

Nee, ons is nie ‘n spul lawwe oumas wat die kluts totaal kwyt is nie. Nee!

Ons is ‘n klompie vroue met ouderdomme oor ‘n wye spektrum van jonk na ouer en sommige meer gevorderd in jare as ander, maar ons gee glad nie om nie.

Ons is ‘n span vroue wat die lewe gryp, wat ons nie laat voorskryf nie, maar sterk is en in ons verbeelding nie bang is om sommer net laf te wees nie. Ons inspireer ander en bou mense op.

Die Towerinne bemoedig mekaar, bemagtig mekaar, inspireer mekaar.

En soms sypel die krag en entoesiasme wat ons in ons Towerinlewe ervaar, deur tot in ons gewone lewe en doen ons dalk dinge wat ons nooit voorheen sou doen nie, net omdat dit in ons verbeelding ‘n werklikheid geword het, omdat ons mekaar gemotiveer en aangespoor het om buite ons gemaksone te waag.

Vir ander mense mag ons laf vertoon, soms sal mense ons selfs teen onsself wil beskerm, maar ek is mal oor die Towerinne. Hulle is ‘n bus vol borrelende energie wat mekaar aanspoor tot hoër hoogtes en in liefde uitreik na mekaar.

Bravo vir die Towerinne!

Toortsie

Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.

34 thoughts on “Wie is die Towerinne?

  1. Dis so waar Toortsie, onscreen vang dinge aan wat ons nooit regtig sou waag nie en terselfder tyd nodig dit ons aan om iets nuuts te probeer. En op die koop toe leer ons by mekaar..heerlik om elkeen beter te leer ken. Onbevange eerlik

    Liked by 1 person

    1. Hoe bedoel meneer nou? Ons verban jou gou-gou van die groen bus af! Anties! Gmf! Mal verby! Sjoe!
      Kyk hoe reuneer hy nou die vriendskap!
      Kameel! Kom help! Hester!! Lekkervurig! Una!!kyk wat sê die man!

      Liked by 3 people

          1. Oukei… hier kom ‘n spesiale bos blomme vir elkeen van julle sterre!!
            💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐
            en… bokse vol krismis vreugde!!
            🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁🎁

            Liked by 4 people

Gesels saam, asseblief!