Woordnoot het die tragiese verhaal van Silver vertel, hoe hy moeilike kinderjare gehad het, maar so hard gewerk het en ver bo sy omstandighede uitgestyg het en ‘n uitstekende dokter geword het, hoe sy broer, Loekie, totaal bederf en beskerm was deur sy ma en heeltemal verkeerd uitgedraai het, hoe dit veroorsaak het dat Silver, toe nog Gideon, danksy sy bitterheid en haat teenoor sy broer, die kluts totaal kwytgeraak het en in drank verval het en amper sy hele lewe weggegooi het.
Een aand, in sy besope toestand, het hy voor ‘n kar beland en het iemand wat hom aan Frannie herinner, hom gehelp om weer die lewensleisels op te tel.
Silver hét ‘n nuwe lewe begin en besluit om sy broer te gaan soek. Hulle het lank gesels en Loekie het erken dat hy hulp nodig het. Silver het hom onder sy vlerk geneem, maar tipies Loekie se geaardheid, kon hy nooit heeltemal ‘getem’ word nie. ‘n Mens raak nie maklik van ou gewoontes ontslae nie! En net terloops, hy, Loekie, het glo vroeërjare ‘n verhouding met ‘n ene Brodina gehad, sy kon hom nooit vergeet nie en volg hom waar hy gaan. Hul het mekaar glo in een of ander inrigting ontmoet toe hulle saam daar opgeneem was. Dit verduidelik ook baie dinge!
Tog het Silver altyd rustiger gevoel as Loekie naby hom was, hy kon ten minste ‘n ogie hou en keer as Loekie te kwaai uithaak.
Hy en Loekie het een groot liefde gedeel, en dit was Harley’s. As daar dus ‘n Harley-bymekaarkomgeleentheid was, is Loekie gewoonlik by.
Ook toe hulle die wonderlike geleentheid kry om die Towerinne te vergesel, kon Loekie net nie agterbly nie. Die motorfietsryers het maar onderlangs net hulle koppe geskud en hom met meer erns as gewoonlik, dopgehou sodat hy nie tydens hierdie toer weer met sy streke begin nie.
Loekie het, nes sy broer, ook ‘n skuilnaam. Die motorfietsryers noem hom die Undertaker, en hulle doen dit met rede, hulle ken hom baie goed!
Genadiglik het hulle hom dopgehou, anders was ek nie hier om die storie te vertel nie. En die Undertaker? Virgo het haar stem dik gemaak oor sy swak gedrag en die fiasko by die Gariep. Hulle het hom die res van die toer verban. Silver het vir my kom verskoning vra.
Toortsie
Suiwer verbeelding van Toortsie, as deel van die verbeelde Towerinnetoer in ‘n giggelgroenbus.
Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.
Nou toe daar het jy dit!!! Jy is nou veilig en kan verder die reis geniet. Net ontslae raak van die handvatsels….for in case 😂😂😂
LikeLiked by 2 people
Ja, daai handvatsels verstaan ek steeds nie. Sal dit die kortisoon wees wat hul in my arm ingespuit het?
LikeLiked by 1 person
My sus het opgeswel van kortisoon…haar gesig koelrond gewees.
LikeLiked by 2 people
Ek het in kort tydjie 3 inspuitings gehad. Hoop maar dis dit en dat dit gou sal regkom.
LikeLiked by 1 person
Mmm dit maak nou baie sense. Ai die liefde darem.
LikeLike
As liefde ‘n onsessie word … gevaarlik!
LikeLike
AI toggie hierdie toer begin seriously met my kop smokkel, soveel intrigues ek bly nie by nie…ek gaan nou eers moet gaan tee drink….
LikeLiked by 2 people
Bring vir my ook ‘n bietjie tee asb. Sterk, sonder melk of suiker. Dankie
LikeLike
Toortsie wat van bietjie heuning vriendin? Dit help….
LikeLiked by 1 person
Neeneenee. Dan is my oranjelyskwota vir die dag opgebruik. Net so sal heerlik wees. 😁 Min dinge kan nie opgelos word om ‘n koppie tee nie!
LikeLike
Ek het sommer weer moed… maar gelukkig het ek nie kwotas nie so heuning is by myne…
LikeLiked by 1 person
Geniet dit. ❤️
LikeLike
Broodina hmmm? Daar is sekere karakters wat klou soos ‘n neet.
LikeLiked by 3 people
Hopelik klou sy erger aan die Undertaker as aan ons.
LikeLiked by 1 person
Man, ek het mos nou nie ‘n probleem met die Undertaker nie. Soms kan sulke caveman-tipes groot pret wees. Net solank die pret nie te lank aanhou nie.
LikeLiked by 4 people
Ek is bly hy’s weg.
LikeLiked by 1 person
Tussen ons towerinne…daai Harley wat so eenkant gebly het en gelyk het of hy nie deel is van die crowd nie..dis Broodina. Solak die Harleys saam toer, gaan sy daar wees. Sy is net hopeloos te stil na my sin…ek is seker sy plot alweer…
LikeLiked by 2 people
Die arme vrou! Waarmee gaan sy haarself besig hou wanneer die Towerinne rus oor kersfees en nuwejaar?
LikeLiked by 1 person
Maar gaan hulle wel rus?
LikeLiked by 1 person
Die toer gaan amptelik ‘n blaaskans neem, maar wat die individue sal doen, wil ek nie eens probeer voorspel nie.
LikeLiked by 2 people
Ek het die wonderlikste nuus oor Broodina….maar sal dit later deel.
LikeLiked by 4 people
Dis nou wat ‘n mens ‘n cliffhanger noem – maak my net lus en loop.
LikeLiked by 2 people
😨
LikeLiked by 1 person
Regtig nie mooi nie.
LikeLiked by 1 person
Nee jy kan nie so maak nie! Vertel!
LikeLiked by 1 person
Maar Toorts ek is nou baie moeg na dag uit. Eers voete opsit en my gedagtes in plek kry!!!
LikeLiked by 1 person
Maar noudat Loekie weg is, volg sy hom dalk. Ja, ongelukkig kan ‘n mens haar nie voorspel nie.
LikeLike
Nee kyk, ek kan dit nie meer waag om ñ paar ure af te vat en nie naby my rekenaar te wees nie, dan verloor ek ook die stories. Hierdie is nou baie interessante verwikkelinge, Toortsie, en klink my probleempies is opgeklaar.
LikeLiked by 2 people
Ja, my probleempie is wel opgelos. Ek kan g’n die Kerstyd ingaan terwyl ek aanmekaar oor my skouer moet loer nie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Toort vir die verklaring van hoe alles inmekaar steeks.
Daai blerrie Broodina, dat sy nou jou biker wil kom afvry, tipies
LikeLiked by 1 person
Maar ek wil hom nie hê nie! 😳
LikeLiked by 1 person
Klink vir my asof hy jou wil hê
LikeLiked by 1 person
Jammer om van sy probleem te hoor!
LikeLiked by 1 person
Broodina is gelukkig toe gesluit, maar…
Sy kan mos haar handlanger in span in haar afwesigheid. So, pasop vir die begrafnisondernemer, of te wel Loekie die slang. Hy beweeg sag en verkieslik in die duister om toe te slaan wanneer almal hout gerus is.
Ek vertrou nie die vrede nie.
LikeLiked by 1 person
En ek is nie so seker of sy nig toegesluit is ook nie.
LikeLike
😱😱hoop so
LikeLiked by 1 person
Kameel het haar mos opgespoor, jy moet gaan lees daar. Sy is totaal gerehabiliteer.
LikeLiked by 1 person
Ek is besig met ‘n koerant berig oor julle toer. Gedorie, al hierdie kinkels in die kabels kan dit moeilik maak om die woorde tal by 300 te hou…
LikeLike
Soos ‘n regte egte koerantberig? Of ‘n blogkoerantberig?
LikeLiked by 1 person
Net ‘n blogkoerantberig. 😉
LikeLiked by 1 person
😁🥂💃👠🍷
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy sal dit ook maar ‘n vervolgverhaal moet maak. Hier moet ‘n mens kophou, of dalk glad nie! 😂
LikeLiked by 1 person
Dit klink na ‘n uitstekende plan. 😂
LikeLiked by 1 person
Hiwr in blogland maak ons net soos dit die beste klink en voel. 😁
LikeLiked by 1 person
Jy sien! Geen reëls. Net lekkerte.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook seker dat, met die navorsing wat jy oor ons toer gedoen het, jy op ‘n hele paar nuwe kinkels sou afkom.
LikeLiked by 1 person
Absoluut! Maar o weë, om als in te pas. 🤦🏼♀️
LikeLike
Dis ‘n riller op sy eie!
LikeLiked by 1 person