Silver – nog waarhede onthul

Woordnoot het die tragiese verhaal van Silver vertel, hoe hy moeilike kinderjare gehad het, maar so hard gewerk het en ver bo sy omstandighede uitgestyg het en ‘n uitstekende dokter geword het, hoe sy broer, Loekie, totaal bederf en beskerm was deur sy ma en heeltemal verkeerd uitgedraai het, hoe dit veroorsaak het dat Silver, toe nog Gideon, danksy sy bitterheid en haat teenoor sy broer, die kluts totaal kwytgeraak het en in drank verval het en amper sy hele lewe weggegooi het.

Een aand, in sy besope toestand, het hy voor ‘n kar beland en het iemand wat hom aan Frannie herinner, hom gehelp om weer die lewensleisels op te tel.

Silver hét ‘n nuwe lewe begin en besluit om sy broer te gaan soek. Hulle het lank gesels en Loekie het erken dat hy hulp nodig het. Silver het hom onder sy vlerk geneem, maar tipies Loekie se geaardheid, kon hy nooit heeltemal ‘getem’ word nie. ‘n Mens raak nie maklik van ou gewoontes ontslae nie! En net terloops, hy, Loekie, het glo vroeërjare ‘n verhouding met ‘n ene Brodina gehad, sy kon hom nooit vergeet nie en volg hom waar hy gaan. Hul het mekaar glo in een of ander inrigting ontmoet toe hulle saam daar opgeneem was. Dit verduidelik ook baie dinge!

Tog het Silver altyd rustiger gevoel as Loekie naby hom was, hy kon ten minste ‘n ogie hou en keer as Loekie te kwaai uithaak.

Hy en Loekie het een groot liefde gedeel, en dit was Harley’s. As daar dus ‘n Harley-bymekaarkomgeleentheid was, is Loekie gewoonlik by.

Ook toe hulle die wonderlike geleentheid kry om die Towerinne te vergesel, kon Loekie net nie agterbly nie. Die motorfietsryers het maar onderlangs net hulle koppe geskud en hom met meer erns as gewoonlik, dopgehou sodat hy nie tydens hierdie toer weer met sy streke begin nie.

Loekie het, nes sy broer, ook ‘n skuilnaam. Die motorfietsryers noem hom die Undertaker, en hulle doen dit met rede, hulle ken hom baie goed!

Genadiglik het hulle hom dopgehou, anders was ek nie hier om die storie te vertel nie. En die Undertaker? Virgo het haar stem dik gemaak oor sy swak gedrag en die fiasko by die Gariep. Hulle het hom die res van die toer verban. Silver het vir my kom verskoning vra.

Toortsie

Suiwer verbeelding van Toortsie, as deel van die verbeelde Towerinnetoer in ‘n giggelgroenbus.

Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.

49 thoughts on “Silver – nog waarhede onthul

    1. Tussen ons towerinne…daai Harley wat so eenkant gebly het en gelyk het of hy nie deel is van die crowd nie..dis Broodina. Solak die Harleys saam toer, gaan sy daar wees. Sy is net hopeloos te stil na my sin…ek is seker sy plot alweer…

      Liked by 2 people

  1. Nee kyk, ek kan dit nie meer waag om ñ paar ure af te vat en nie naby my rekenaar te wees nie, dan verloor ek ook die stories. Hierdie is nou baie interessante verwikkelinge, Toortsie, en klink my probleempies is opgeklaar.

    Liked by 2 people

  2. Broodina is gelukkig toe gesluit, maar…
    Sy kan mos haar handlanger in span in haar afwesigheid. So, pasop vir die begrafnisondernemer, of te wel Loekie die slang. Hy beweeg sag en verkieslik in die duister om toe te slaan wanneer almal hout gerus is.
    Ek vertrou nie die vrede nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!