NB. Suiwer verbeelding van die Toortsie, as deel van ‘n lang, filtiewe storie wat deur ‘n groep bloggers, genaamd die Towerinne, geskryf word.
Eerstens, dankie vir julle bekommernis oor my, dis ‘n riem onder die hart. En al wat ek kan sê, is dat julle met reg bekommerd oor my was.
Ek kan ongelukkig nie alles vertel nie, want my hele lewe hang daarvan af. Ek is gewaarsku, sien. Gedreig! 😱
Ek móés maar sê ek het vasgevang by my rekenaar gesit om ‘admin’ te doen, en soos een tereg vermoed het, was dit nie die waarheid nie, maar daar het geen stoutighede plaasgevind, soos vermoed is nie.
Die Undertaker is ‘n gevaarlike man, dis eintlik al wat ek julle kan sê. Ek bedoel, sommer van die eerste oomblik af wat hy my soos ‘n sak aartappels hanteer het, moes ‘n mens mos besef iets is verkeerd! 😱 G’n wonder daar was skok en afgryse op my gesig nie, soos Virgo so mooi beskryf het nie.
Maar, op ‘n manier het ek weggekom en moes wegkruip. Dinge lyk maar steeds nog nie heeltemal veilig nie, maar al wat ek julle kan sê is dat ek redelik veilig is. Relatief.
So, hou maar duime vas.
Toortsie
En genadiglik is hierdie glad nie waar nie.
Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.
Joe, vir ‘n oomblik het ek asem opgehou en was ek regtig bekommerd! Klink darem of jy in een stuk is, Toorts.
LikeLiked by 2 people
Net-net
LikeLiked by 1 person
Ons is bly jy is veilig, skreeu net as jy hulp nodig het
LikeLiked by 2 people
Dankie! Ek weet julle sal klm help. 😁
LikeLike
So jy het sabander…🤔
LikeLike
Watsegoed?
LikeLike
Jongie, ek sit alweer met my taalboeke en rondspeel. Salamander beteken die pad gevat, weggeraak.🤗
LikeLiked by 1 person
Nou toe! Salamander, salamander, so deur die bos
My pappa en mamma kook lekker kos
My boetie verstik aan ‘n druiwetros
En die laaste een se kop word afgekap!
Genade!
Gelukkig is daai een nie Salamander nie, maar Koljander. 😁
LikeLike
Neeee Una nie jy ook nie…ek moet gedurig die woordeboek nader sleep wanneer Frannie praat. Plain Afrikaans vrou….plain Afrikaans!!!
LikeLiked by 1 person
Gewone Afrikaans. 😁
LikeLike
Ag ok man, Kameel. Dis Desember, ek sal ophou tot volgende jaar.😉
LikeLiked by 1 person
Solank jy ons net mooi leer.
LikeLike
Slaak ek nou ‘n sug van verligting!!! Ons het jou vandag hier nodig gehad om te decorate…open house vir alle agente om fotos te kom neem. So ek en Ken gee pad om sewe paste te gaan ry.
LikeLiked by 2 people
Kameel! Knysna doen jou taalgebruik nie goed nie! 😳
LikeLike
Oops sorry man…dis die Kaapse invloed!!! 🤗
LikeLike
Eina
LikeLike
Oe lekker, wens ek was daar!
LikeLike
Sabander…ai.
LikeLiked by 1 person
Sabander sabander 😁
LikeLike
Lekker laat jy my lag.
LikeLiked by 1 person
Met my lees van die ou verkeerde woordjie, besluit ek vriend Bali het besluit om ń nuwe woord te skep. Die betekenis van sababder, is soirt gelyk aan sabbatical, net hierdie is sabader, vir rus van banting. Ek was geskok Toortsie. Gelukkig is dit net salamander😥😥
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Toe ek daardie Undertaker se gesig en uitdrukking sien het ek al gevoel hier kom n ding. Ook toe hy jou so oor sy skouer gooi en op die fiets laai het kouer rilling lam=ngs my ruggraat afgeloop. So bly jy het van jou laat hoor. Mens wil nie moeilikheid maak nie maar dit klink of ons Towerinne n span moet saamstel om jou te “red” uit jou penarie.
LikeLiked by 2 people
Penarie, voorwaar!
LikeLiked by 1 person
so bly Toorts is ( net- net) eilig. Ek kan nie die Oerrberg alleen vir julle wys nie – sy moet saam!
LikeLiked by 1 person
Jajajaaaa hoe dan anders? 😁
LikeLiked by 1 person
nie Heilig nie, Veilig!
LikeLike
Heilig, hahaha. St. Toorts. Ek is darem bly jy is veilig al is jy nie heilig nie, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
😎
LikeLiked by 1 person
Hierdie laaaaaik ek sommer baie 😁😁😁😂 Hester.
LikeLiked by 2 people
Toorts, solank jy veilig is, baie bly jy is terug met ons.
LikeLiked by 1 person
Virgo! 😱
LikeLike
Grinnik… Ek bly doodstil
LikeLiked by 1 person
Is jy terug?
LikeLiked by 1 person
Jip Vandag die eerste keer die hele dag my bril op
LikeLiked by 2 people
Persoonlik dink ek Undertaker (Loekie?) en Brodina het iets met mekaar te doen
LikeLiked by 1 person
Die kans is soooo goed! Sulke mense het ‘n manier om mekaar aan te trek.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir hierdie ‘tip’. 😁
LikeLiked by 1 person
Broodina en Loekie is kop in een mus. Hoekom het sy haar mes vir jou in Toorts..omdat jy in haar slaai krap?
LikeLiked by 1 person
Soveel mense sien my as bedreiging, en dit sonder rede! Is dit omdat ek lank is? Mense in die oë kyk? Wie sal weet. Maar ek wil dink sy is nou uit ons hare omdat Loekie nie meer saam met ons ry nie.
LikeLiked by 1 person
Begrafnisondernemers lyk mos hoeka verdag en praat verdag, so hulle eie taal. Pasop net vir die rus, ek vertrou hom ook nie.
Genade Seegogga ek wens ek het ń mede helper gehad hier in die Kaap. My broek bewe en my mond is droog. My woorde warrel sommer in die wind rond. Ek gaan dink ek weg kruip.
LikeLiked by 1 person
Nee man! Jy sal dit kan doen.
LikeLike
Ai weet jy Toortsie my tegnologie is papeties, hierdie telefoon tik tak maak my mal.
LikeLiked by 1 person