Towerinne, waar was Toortsie

NB. Suiwer verbeelding van die Toortsie, as deel van ‘n lang, filtiewe storie wat deur ‘n groep bloggers, genaamd die Towerinne, geskryf word.

Eerstens, dankie vir julle bekommernis oor my, dis ‘n riem onder die hart. En al wat ek kan sê, is dat julle met reg bekommerd oor my was.

Ek kan ongelukkig nie alles vertel nie, want my hele lewe hang daarvan af. Ek is gewaarsku, sien. Gedreig! 😱

Ek móés maar sê ek het vasgevang by my rekenaar gesit om ‘admin’ te doen, en soos een tereg vermoed het, was dit nie die waarheid nie, maar daar het geen stoutighede plaasgevind, soos vermoed is nie.

Die Undertaker is ‘n gevaarlike man, dis eintlik al wat ek julle kan sê. Ek bedoel, sommer van die eerste oomblik af wat hy my soos ‘n sak aartappels hanteer het, moes ‘n mens mos besef iets is verkeerd! 😱 G’n wonder daar was skok en afgryse op my gesig nie, soos Virgo so mooi beskryf het nie.

Maar, op ‘n manier het ek weggekom en moes wegkruip. Dinge lyk maar steeds nog nie heeltemal veilig nie, maar al wat ek julle kan sê is dat ek redelik veilig is. Relatief.

So, hou maar duime vas.

Toortsie

En genadiglik is hierdie glad nie waar nie.

Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.

43 thoughts on “Towerinne, waar was Toortsie

        1. Nou toe! Salamander, salamander, so deur die bos
          My pappa en mamma kook lekker kos
          My boetie verstik aan ‘n druiwetros
          En die laaste een se kop word afgekap!
          Genade!
          Gelukkig is daai een nie Salamander nie, maar Koljander. 😁

          Like

          1. Met my lees van die ou verkeerde woordjie, besluit ek vriend Bali het besluit om ń nuwe woord te skep. Die betekenis van sababder, is soirt gelyk aan sabbatical, net hierdie is sabader, vir rus van banting. Ek was geskok Toortsie. Gelukkig is dit net salamander😥😥

            Liked by 1 person

  1. Toe ek daardie Undertaker se gesig en uitdrukking sien het ek al gevoel hier kom n ding. Ook toe hy jou so oor sy skouer gooi en op die fiets laai het kouer rilling lam=ngs my ruggraat afgeloop. So bly jy het van jou laat hoor. Mens wil nie moeilikheid maak nie maar dit klink of ons Towerinne n span moet saamstel om jou te “red” uit jou penarie.

    Liked by 2 people

  2. Begrafnisondernemers lyk mos hoeka verdag en praat verdag, so hulle eie taal. Pasop net vir die rus, ek vertrou hom ook nie.
    Genade Seegogga ek wens ek het ń mede helper gehad hier in die Kaap. My broek bewe en my mond is droog. My woorde warrel sommer in die wind rond. Ek gaan dink ek weg kruip.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!