Ek het in my leeftyd die waarde van breipenne geleer. Goeie breipenne. Lekker breipenne.
Want, soos alle breiers weet, is ‘n breipen nie ‘n breipen nie ‘n breipen nie.
My ma het baie breipenne gehad, sy het graag gebrei. Ek het altyd geweet dat breipenne duur is, en in my ekstra arm, jong getroude jare, het ek gevoel hoe duur breipenne is. Breipenne is soos goud opgepas.
Oor die jare het ek seker by my ma breipenne gekry, maar ook my eie versameling opgebou. Daar was lang jare tussenin wat ek nie ‘n steek gebrei het nie, tot ek weer begin het.
Nou die dag vat ek my ma se breimandjie huis toe, sy brei nie meer nie. Nou wonder ek skielik of ek nie vir haar wol moet neem nie? In haar mandjie is ook ‘n sak vol breipenne.
Dit was my voorreg om hierdie lieflike breipenne uit te soek en die skewes en een-een penne uit te haal. Hier kan nog BAIE gebrei word! 😁
Dis álmal van daardie lieflike penne wat ‘n mens nie meer kry nie.
Kom, laat ons brei!
Toortsie
daars niks so lekker warm soos n handgebreide trui nie! met my 10 duime kan ekself niks uitrig nie, maar ek kan darem die kuns en vaardigheid na behore waardeer
LikeLiked by 2 people
Ek wil dit amper nie glo dat jy 10 duime het nie. 😁
LikeLiked by 1 person
as ons nader aan mekaar gewoon het, sou ek dit vir jou kom bewys het 😁
LikeLiked by 1 person
(Kan natuurlik ook sommer luigeit wees, maar ek dink darem nie so nie.)
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Ek het nog nooit ñ trui aangepak nie, maar een van my vriendinne bless my af en toe met ñ handgebreide trui as geskenk. Hulle bewaar ek soos goud.
LikeLike
Sjoe! Wonderlike geskenk met baie liefde gemaak.
LikeLiked by 1 person
Ja vat bir haar breiwol! Dir kan haar net goed doen!
LikeLiked by 1 person
Ek gaan! Dan kan sy bedsokkies brei.
LikeLiked by 1 person
moet net nie te bveel verwag nie
LikeLike
Ai laat jy my aan my ma dink, sy het net sulke penne gehad en sy kon omtrent brei. Ek doen net blokkies, blykbaar vir ‘n kombers. Niks soos ‘n hand gebreide trui nie
LikeLiked by 1 person
Niks fout met blokkies vir ‘n kombers nie. 😁
LikeLike
🤗
LikeLike
Dis ‘n pragtige versameling! Ek brei glad nie. Ek het verskriklike sweethande en die wol sit altyd vas aan die naalde. Jammer genoeg!
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLiked by 1 person
My ma het pragtig gebrei en my dogter het nou nog handgebreide truie wat ouma vir haar gemaak het. Sy het nog, toe sy 94 was, blokkies gebrei vir kussings wat my dogter gemaak het vir ‘n alzheimerprojek. Ek het my kinders se skooltruie gebrei met ‘n breimasjien vir baie jare, maar nooit die breipenne bemeester nie.
LikeLiked by 1 person
O ek het ook breimasjientruie gebrei op ‘n stadium. Penne is makliker.
LikeLiked by 1 person
Skielik verlang ek na my ma
LikeLike
❤️
LikeLiked by 1 person
Oooo, die penne laat my ook terugdink aan my ma. Sy het van lang breinaalde gehou omdat sy geleer het om haar penne onder haar arms vas te knyp. Die latere breipenne was altyd te kort vir haar. Sy het spesiale staal penne gehad waarvan sy gehou het. Hul was op einde al gekronkel van al die brei. Maar ander penne wou sy net nie gebruik nie. Sy het ook haar laaste paar jaar net meer stroke gebrei vir nekdoeke. Sy het volgens my maklik duisend truie in haar lewe gebrei. Elke keer as daar n mooi patroon uitgekom het, het se dit probeer.
LikeLiked by 2 people
Sjoe! Sy is’n inspirasie.
LikeLike
Sy was beslis. Ek het meestal Donderdagoggende as ek af was by haar gaan kuier en dan het ons meestal n hele bespreking oor n nuwe patroon gehad. Sy het vir my en Tina truie gebrei vir spreekwoordelike Afrika. Tina het altyd gesorg dat daar nuwe wol is wat sy kon brei. Ai dis mooi herinneringe.
LikeLiked by 1 person