Die kombers

Ursula het al seker twee jaar gelede hieroor geskinder, maar Aletta se foto-uitdaging laat my nou voel om dit weer te plaas. Sy het foto’s geplaas van die allermooiste gehekelde kombers.

Ek het hierdie kombers vir my dogter as trougeskenk gehekel. Daar is maar baie ure in, maar ek hekel mos vir die lekker, vir afwisseling, by die braaivleisvuur of op die pendelpad. Dan raak dit net lekkerte.

Hier lê dit 2 enkelbeddens toe.

Mooi dag!

Toortsie

20 thoughts on “Die kombers

  1. Baie mooi en die kleure is in die kol. Dis nou die soort erfstuk wat ‘n mens wil bêre sodat die honde en katte dit nie beskadig nie. Maar dit moet eintlik gebruik word, want anders loop jy baie lekkerte mis. Jou dogter is gelukkig om so ‘n mooi geskenk te kry.

    Liked by 1 person

    1. So 2 jaar gelede. 😁 En hulle gebruik dit, waaroor ek baie bly is. Gelukkig is daar nog nie honde en katte nie en sy weet sy mag dit nie as piekniekkombers op die gras uitgooi nie. Ag, en as hulle dit opgebruik oor tyd, was dit beslis die moeite werd. 😁

      Liked by 1 person

  2. Dis beslis n mooi geskenk en erfstuk. Ek het ook in die verlede as ons gery het ltyd n hekel of breiwerkie in die hand gehad. Noudat ek self bestuur doen ek dit nie meer nie. Dis egter heerlik om so met jou hande besig te wees. Het jy alweer iets nuuts gemaak?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s