Die Towerinne in die Klein Karoo

Soos ons almal weet, toer die Towerinne tans in die Klein Karoo saam met Positief. Nee, hulle toer mos nie regtig nie, dis mos net in ons verbeelding. Maar, soos ek reeds voorheen verduidelik het, is dit wat ons vertel soms net verbeelding, en ander kere regtig egtig.

Die toerbus beweeg nou al hoe meer in my bekende wêreld in.

Ek het ‘n leeftydlange verbintenis met die Klein Karoo. Ek kon ook nie wag dat Positief skryf nie sodat ek kon sien wát sy alles gaan noem nie.

As klein dogtertjie het ons graag gaan kuier by my tannie-hulle op Groenfontein, Calitzdorp. Later jare het sy dit as gastehuis ontwikkel en die nuwe eienaars bedryf steeds ‘n gastehuis daar. The Retreat, Groenfontein.

Dis egter nie waar my verbintenis met die Klein Karoo stop nie. My man is ‘n boorling van die Klein Karoo. Gebore en getoë in die Klein Karoo en destyds het hy hierdie jong bruid van hom soontoe geneem waar ons ons eerste huweliksjare deurgebring het op ‘n baie kleine plasie saam met sy ouers. Ons seuns is ook daar gebore. Dit was finansieel uiters swaar, maar tog het ons as persoon goeie jare beleef en baie goeie lewenslesse geleer. Ons het geleer om vas te byt in uiters moeilike omstandighede en by mekaar te staan omdat daar geen ander keuse was nie.

Al het ons later na die Overberg getrek, het ons bande met die Klein Karoo sterk gebly en boer ons steeds gedeeltelik daar. Wel, ek moet bysê dat ons nie die afgelope drie jaar amper geen reën gehad het nie. Hul praat dat dit die droogste is in 300 jaar. Hierdie bloginskrywing is al meer as ‘n jaar gelede geskryf, en intussen het dit net nóg droër geword.

Ons het nie net droogte in die Karoo beleef nie, ook vloede. Kyk gerus hier hoe vloedwaters ons getref het. En voor ek net al die negatiewe dinge noem, ons het ook besonder mooi tye daar beleef.

Vir jare lank het ons nog vir my skoonouers gaan kuier in die Klein Karoo en van ons beste vriende woon steeds daar.

Maar dis nie al nie. Toe ek in standerd sewe was, was ek op ‘n staptoer deur Gamkaskloof, oftewel Die Hel. Dit was ‘n belewenis. Ek dink ons het by dieselfde Seweweekspoort wat Positief noem, oorgebly die aand voor die tyd, en is die volgende oggend by die Duiwelse Trapleer af tot in Die Hel, waar ons ‘n hele paar dae gebly het. Ons staptoer het gestop by Calitzdorp. Gaan lees gerus my hele storie oor daardie staptog HIER.

Oeee en julle MOET gaan lees van ‘n ander dag wat ons as gesin Hel toe was, wat omtrent in ‘n ervaring van sy eie ontwikkel het.

Met die Baviaanskloof het ons ook al ‘n hele verbintenis en het al baie keer daar gebly. Een keer het ons met ‘n te lae kar daardie pad aangedurf en regtig swaar gery. Dis nou die pad wat Positief so mooi beskryf.

Jaa, dis ook my wêreld daardie!

Groetnis

Toortsie

Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.

23 thoughts on “Die Towerinne in die Klein Karoo

    1. Dis wat hierdie toer so lekker maak. Dooie plekke waarvan ons niks weet nie, kry nuwe lewe. As ek en my man weer die land invaar, sal ons dalk ‘n paar van die plekke besoek. Ek wil juis ‘n klompie gehekelde jurkies iewers loop aflewer.

      Like

  1. Ek het al jou skakels gaan lees…daai gastehuis is op my bucket list….ek dink my Pa se Oudsthoorn roots is diep in my wese ingegroei want elke link van jou laat my binneste bly voel…ek wil ook daar gaan oud word… (Ek is nou al oud, maar jy weet wat ek bedoel)

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s