Die Broodinas in ons lewe

Broodina is dalk ‘n fiktiewe persoon in Blogland, iemand wat die Towerinne verpes op hulle verbeeldingstoer deur die land, maar vir baie van ons is Broodina ‘n werklikheid.

Dis daarom wat ons haar met mag en mening wil weghê, want sonder dat ons dit selfs besef, herinner sy ons aan ‘n werklike Broodina in ons werklike lewe, dalk net ‘n ander naam, maar so werklik.

Daardie persoon wat jy net nie afgeskud kan kry nie, die een wat jou verpes en jou lewe hel maak, wat aanhou en aanhou en net nie wil hoor nie, selfs al doen jy ook wat.

Jy het al álles probeer. Jy was vriendelik, mislik, ongeskik, jy het dit al blatant vir hom of haar gesê, die persoon geignoreer, jy was selfs al in ‘n hofsaak met die persoon betrokke, maar nog is het einde niet. Hoe harder jy hom/haar probeer afskud, hoe vaster klou hy/sy.

Ek het al sulke mense in my lewe gehad en ek gaan nie my blog besoedel om oor hulle te skryf nie. En dalk was ek al ‘n Broodina in iemand anders se lewe, ek hoop nie so nie! Jy sien, soms veg jy so vir ‘n verhouding, jy besef nie jy tree soos sy op nie!

Watter raad ek het? Ek weet nie.

Het julle Broodinas in julle lewe? Wat maak hulle? En wat maak julle om hulle te hanteer? En hoe kan ons verseker dat ons self nie Broodinas is nie?

Toortsie

As jy wil weet wie Broodina is, lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.

23 thoughts on “Die Broodinas in ons lewe

  1. Ek dink ons almal het. Ek dink ook in mate gee ons hulle te veel power. Vandat ek besluit het ander se opinie betaal geen rekening van my nie en hulle opinie is net dit – hulle opinie, voel ek baie beter. Was ek al een in ‘n ander se lewe- ek is seker ek was en kan net sê jammer en hoop dit gebeur nie weer nie🌻

    Liked by 2 people

      1. Ek het gelukkig darem nou ouer en wyser geword en breek net totaal en al met sulke ouens. Daar was n paar hier in NZ wat my skoon amper van my wysie gehad omdat ek net nie myself kon wees nie. Nou voel ek sommer baie beter en minder depressief noudat hul uit my lewe is en ek myself kan wees.

        Liked by 1 person

  2. Ons almal het een of ander stadium ‘n Broodina in ons lewens. Part kry dit reg om van hulle ontslae te raak, ander nie…mag ek net nooit een word nie! En as ek een is, vra ek sommer nou al vergiffenis!

    Liked by 1 person

  3. Arme ou Broodinatjie. Sy het net ‘n bietjie liefde nodig. Soms, nie altyd nie, het sulke persone net behoefte aan ‘n bietjie liefde en aandag. Ongelukkig is ek iemand wat baie vinnig wegtree uit ‘n groeiende verhouding sodra dit te persoonlik / intiem word – ek is ‘n gebore kluisenaar. Dis my grootste drawback in die lewe.

    Like

Gesels saam, asseblief!