Alhoewel hierdie ‘n toer is wat in die verbeelding van veertien blogmaats, die Towerinne, gebeur, is baie van die goed wat beskryf word, eg. Ingewikkeld, maar waar. ‘n Mens moet dit nie probeer verstaan nie, jy moet dit net geniet. En as jy wil lees wat alles op hierdie giggelbus gebeur, kyk hier.
Tans kuier die Towerinne saam met Lekkervurig in Graaf-Reinet se wêreld en sy het ons elkeen bederf met ‘n besonderse geskenkie: Sy het ons verewig as spekboompies in ‘n baie groot, lewende vlag. En hierdie is nie ‘n wolhaarstorie of iets uit die verbeelding nie, dit is regtig, egtig!
Want sien, by Graaff-Reinet werk die mense pro-aktief en spreek hulle die werkloosheid wat ‘n massiewe krisis is, aan, en sommer die osoonlaag ook in die proses. Dit het my nou sowaar opgewonde gemaak. Gaan lees gerus HIER oor die reuse vlag wat hulle oor 66 hektaar bou met vetplante. Dis ‘n lewende vlag wat vir jare en jare, vir ewig gaan staan, wat gaan werk skep omdat dit onderhou moet word. Dit word as een van die top 10 CNN projekte gesien om die wêreld te verander. Kyk die video wat hulle daar het, dis ‘n wonderlike projek. As jy wil, ondersteun dit gerus, ek glo dit het regtig ‘n goeie doel wat tot voordeel van ons land, die omgewing en sommer die natuur ook is.
Lekkervurig het dit goed gedink om namens die veertien Towerinne veertien spekboompies te koop, en sy het my so begeester, ek het ook vir ons elkeen enetjie gekoop.
En skielik wonder ek: Daar waar die Towerinne bymekaar is, gebeur daar altyd iets. Dis nou mooi en alles, maar dis spekboompies, en hoe lank sal daardie 14 boompies, nee, 28 boompies mooi stilstaan in hulle plekke, voor daar ‘n roering sal kom en daar ‘n spekskietery begin gebeur?
Gits! Double Trouble! Hulle kan dalk meng met die ander kleure boompies, of verkeerde tyd blom, of of of … Hulle kan dalk versterkinkies insmokkel wat hulle groter as die ander laat groei, ag die moontlikhede is legio! Hulle kan onder mekaar grappies maak en giggel en die vlag laat wapper, op die ander, meer ernstige boompies se senuwees werk, sorg dat die vlag permanent in die nuus is met hulle manewales. 🙂 Of aspris ‘n ander kleur blom danksy kleursel wat in een of ander vloeistof is wat hulle inneem.
Genadiglik is daar nie 15 gekoop sodat Broodina ook ‘n boompie het nie, maar soos ek haar ken, kan ons enige iets te wagte wees. Die kans is goed dat sy haar daar gaan inwurm.
Al wat ek weet, is dat die vlag sal weet dat die Towerinne deel is van hom. 🙂 Eintlik is ek baie opgewonde daaroor. ‘n Ou vaste plekkie waar ons verewig is. Dis nogal ‘n lekker gedagte, weet julle? 🙂 Die Towerinne vir altyd saam daar in die Oos-Kaap, selfs al skryf ons nie meer lawwe stories nie. :), want dis opgeteken in die boeke. Dié wat ek gekoop het, sê: ‘Die 14 Towerinne van blogland.’
Toortsie
Janee Toortsie ek sukkel soms om te weet wat is rerig of speel speel
LikeLiked by 1 person
Ek vermoed alles is rêrig. 😂
LikeLike
Alles op die groen bus??? Joh!!😁
LikeLiked by 1 person
Jaaaa man! 😁🥂
LikeLike
Gin wonder ek is so bleri moeg man!!!🤣🤣
LikeLiked by 3 people
Verstaan jy!
LikeLike
😅😅absolutely…
LikeLiked by 1 person
Nou weet jy hoekom ek sommer kort-kort uitpass en nie weet wat om my aangaan nie. Pure uitputting!!!
LikeLiked by 1 person
‘n Spekskietery! 🤣 Nee, ons skiet darem nie spek nie, ons onderneem net kreatiewe verbeeldingsvlugte.
LikeLiked by 4 people
Maar as spekboompies te lank in die son staan, braai die spek uit!
LikeLiked by 2 people
Solank dit net nie kierankies is nie…
LikeLiked by 1 person
Ja, maar die hele Toer is darem nie net vir spek en boontjies nie. Dis mos vir lekker maatjies maak en kuier. So laat die spek maar braai!
LikeLiked by 1 person
Jajaaa 😁
LikeLiked by 1 person
Solank dit daai spekkies om die middel of boude is…dan kan dit maar braai!
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Die meesteres van eufemisme 😀
LikeLiked by 2 people
Haai Frannie! Is sit nou soos om te sê ek jok net so effentjies? Hahaha.
LikeLiked by 2 people
Wat beteken eufemisme?
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n gematigde weergawe van ‘n groot leuen 🤣 Understatement
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
As die skoen pas…
LikeLiked by 1 person
👠👡👢
LikeLiked by 1 person
Frannie wanneer jy praat moet ek altyd eers woordeboek toe hardloop. “I love it when you speak foreign!!!”
O ja…wat soek Silver in Knysna se omgewing. Het hom vanmiddag by die Moonshine Diner in Sedgefield gesien. Not to worry…hy was saam ‘n ander biker. Sê net vir hom hy moet nie met so ‘n vreeslike lawaai wegtrek en straat af jaag en die hele dorpie se Sondagmiddag rus versteur nie.
LikeLiked by 2 people
Ja die bloggers praat soms groot woorde. Erg groot.
LikeLiked by 1 person
😀 Ag dis lekker om van jou te hoor – jy is stil daar in Knysna! Wat meer is as wat mens van Silver sou kon sê, ne?
LikeLiked by 2 people
Dit is so ‘n wonderlike manier om ons pret te verewig! Dankie daarvoor, Toortsie en Lekkervurig!Ek oorweeg dit om vir Broodina ‘n kaktus te borg.🤣
LikeLiked by 4 people
Ek dink jy moet. Hoe uitgesluit moet sy nou voel? 😂
LikeLiked by 1 person
So ‘n lekker stekelrige een😄
LikeLiked by 1 person
Netso
LikeLiked by 1 person
En ‘n kaktus sal by haar geaardheid pas.
LikeLiked by 1 person
I will disinherit you…. 😦
LikeLike
😱 😂
LikeLike
Julle dink ek grap…hehe!
LikeLiked by 1 person
Jy sal ons eers daai testament moet wys voor ons kan besluit of ons jou ernstig gaan opneem. 😁
LikeLike
As man wat weet wat hierdie dames alles toe in staat is (neem Boordina se toekoms wat bespreek word byvoorbeeld) het ek nie die vrymoedigheid om julle Spekboompies te noem nie – netnou is julle n.a.v. van Frannie se opmerking hierbo ‘n eufemisme is vir iets anders!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy weet wat goed is vir jou!
LikeLike
🤣
LikeLike
Dit lyk my sommige mans weet wat goed is vir hulle. My man weet gewoonlik ook! 😂
LikeLiked by 1 person
Jy speel nou in die dorings, Abrie!
LikeLiked by 1 person
Turksvydorings. Ek wonder of hy weet wat hy doen?
LikeLiked by 1 person
Het spekfiguur ek bedoel boom dan dorings?
LikeLiked by 1 person
Wie sê daar is nie turksvye tussen die spekbome nie? Hulle is ook mos groen.
LikeLike
Ou grapjas!🤣
LikeLiked by 1 person
Nou moes ek vir jou lag Perdebytjie….maar as jy vriende met Lekkervurig wil bly moet jy die kaktus idee maar laat staan.
LikeLiked by 2 people
Ek is nogal skrikkerig vir haar…haar naam is nie verniet Lekkervurig nie!😄
LikeLiked by 2 people
Presies!!! 🙄
LikeLiked by 2 people
Ek onterf julle as Broodina staanplek in my Camdeboo kry, gaan koop vir haar ‘n hondeklip by daai koue see… of wag Ek sal haar in die ouetehuis op Pofadder inboek. Hy is bure met die grafplaas.
LikeLiked by 2 people
Beslis nie ‘n klip by die see nie, asseblief. Moenie die see besmet nie!
LikeLike
😀😀
LikeLike
Ek staan agter jou Lekkervurig. As my spekboompies nou vir ewig in Broodina se dorings moet vaskyk gaan ek nie floreer soos ek moet nie.
LikeLiked by 3 people
Dankie Kameel, ek weet ek kan op jou staatmaak! Lyk darem of die res van die groep my gehoor het, lyk my ek sal haar aan die einde van die toer op Pofadder los. 😉
LikeLiked by 2 people
Arme Pofadder….gaan nie weet wat hulle getref het nie.
LikeLiked by 1 person
Ek soi eerder dink Mosambiek!
LikeLiked by 1 person
Wat van doer bo in Afrika…. Timbaktu bv.?
LikeLiked by 1 person
Klink net al hoe beter!
LikeLiked by 1 person
Pofadder! Sjoe!
LikeLike
O wee…skielik is ek bly ek is welkom op die bus!!! Pofadder se begraafplaas??
LikeLiked by 1 person
😂😳
LikeLike
Gelukkig is jy nie die tipe wat jou sal indwing as mense met jou lelik is nie.
LikeLike
Nee o gaats…ek is daai een wat vinnig wegraak in die skare sou dit gebeur!!
LikeLiked by 1 person
Dan is jy veilig. 😁
LikeLike
Kyk, ek kan ook nie wag vir ń geleentheid na Erna se dorp toe nie. Dis so, so cool dat ons spekboompies in die regtige wêreld bestaan, amptelik, opgeteken. Dis die beste idee wat ek hierdie hele jaar beleef het.
LikeLiked by 5 people
Heppie Krismis, liewe Una!
LikeLiked by 2 people
Lekkervurig se wonderlike gebaar het my stomgeslaan – ek kon tot nou nog nie eers probeer om vir haar te vertel hoe ek dit waardeer nie – en nou kom jy en oorstelp my nog verder!
LikeLiked by 2 people
❤️🥂
LikeLiked by 1 person
Man , dis mos eintlik om sommer die projek te ondersteun. Op so ‘n manier kry een persoon amper vir ‘n halwe maand salaris. Seker vir ‘n derde maand.
LikeLiked by 1 person
Fenominale idee gewees Lekkervurig en Toortsie, ons saluut julle. Dis nou ń riem onder die hart, ons is verewig! Maak my nou nog meer lus vir ń kuuer in die Candeboo.
Hou Broodina ver ver ver weg. Ons verkoop haar aan ń Arabier in die Sahara woestyn, daar kan sy lekker kaktus speel.
LikeLiked by 1 person