Die veertien spekboompies van Graaf-Reinet

Alhoewel hierdie ‘n toer is wat in die verbeelding van veertien blogmaats, die Towerinne, gebeur, is baie van die goed wat beskryf word, eg. Ingewikkeld, maar waar. ‘n Mens moet dit nie probeer verstaan nie, jy moet dit net geniet. En as jy wil lees wat alles op hierdie giggelbus gebeur, kyk hier.

Tans kuier die Towerinne saam met Lekkervurig in Graaf-Reinet se wêreld en sy het ons elkeen bederf met ‘n besonderse geskenkie: Sy het ons verewig as spekboompies in ‘n baie groot, lewende vlag. En hierdie is nie ‘n wolhaarstorie of iets uit die verbeelding nie, dit is regtig, egtig!

Want sien, by Graaff-Reinet werk die mense pro-aktief en spreek hulle die werkloosheid wat ‘n massiewe krisis is, aan, en sommer die osoonlaag ook in die proses. Dit het my nou sowaar opgewonde gemaak. Gaan lees gerus HIER oor die reuse vlag wat hulle oor 66 hektaar bou met vetplante. Dis ‘n lewende vlag wat vir jare en jare, vir ewig gaan staan, wat gaan werk skep omdat dit onderhou moet word. Dit word as een van die top 10 CNN projekte gesien om die wêreld te verander. Kyk die video wat hulle daar het, dis ‘n wonderlike projek. As jy wil, ondersteun dit gerus, ek glo dit het regtig ‘n goeie doel wat tot voordeel van ons land, die omgewing en sommer die natuur ook is.

Lekkervurig het dit goed gedink om namens die veertien Towerinne veertien spekboompies te koop, en sy het my so begeester, ek het ook vir ons elkeen enetjie gekoop.

En skielik wonder ek: Daar waar die Towerinne bymekaar is, gebeur daar altyd iets. Dis nou mooi en alles, maar dis spekboompies, en hoe lank sal daardie 14 boompies, nee, 28 boompies mooi stilstaan in hulle plekke, voor daar ‘n roering sal kom en daar ‘n spekskietery begin gebeur?

Gits! Double Trouble! Hulle kan dalk meng met die ander kleure boompies, of verkeerde tyd blom, of of of … Hulle kan dalk versterkinkies insmokkel wat hulle groter as die ander laat groei, ag die moontlikhede is legio! Hulle kan onder mekaar grappies maak en giggel en die vlag laat wapper, op die ander, meer ernstige boompies se senuwees werk, sorg dat die vlag permanent in die nuus is met hulle manewales. 🙂 Of aspris ‘n ander kleur blom danksy kleursel wat in een of ander vloeistof is wat hulle inneem.

Genadiglik is daar nie 15 gekoop sodat Broodina ook ‘n boompie het nie, maar soos ek haar ken, kan ons enige iets te wagte wees. Die kans is goed dat sy haar daar gaan inwurm.

Al wat ek weet, is dat die vlag sal weet dat die Towerinne deel is van hom. 🙂 Eintlik is ek baie opgewonde daaroor. ‘n Ou vaste plekkie waar ons verewig is. Dis nogal ‘n lekker gedagte, weet julle? 🙂 Die Towerinne vir altyd saam daar in die Oos-Kaap, selfs al skryf ons nie meer lawwe stories nie. :), want dis opgeteken in die boeke. Dié wat ek gekoop het, sê: ‘Die 14 Towerinne van blogland.’

Toortsie

68 thoughts on “Die veertien spekboompies van Graaf-Reinet

      1. Frannie wanneer jy praat moet ek altyd eers woordeboek toe hardloop. “I love it when you speak foreign!!!”
        O ja…wat soek Silver in Knysna se omgewing. Het hom vanmiddag by die Moonshine Diner in Sedgefield gesien. Not to worry…hy was saam ‘n ander biker. Sê net vir hom hy moet nie met so ‘n vreeslike lawaai wegtrek en straat af jaag en die hele dorpie se Sondagmiddag rus versteur nie.

        Liked by 2 people

    1. As man wat weet wat hierdie dames alles toe in staat is (neem Boordina se toekoms wat bespreek word byvoorbeeld) het ek nie die vrymoedigheid om julle Spekboompies te noem nie – netnou is julle n.a.v. van Frannie se opmerking hierbo ‘n eufemisme is vir iets anders!

      Liked by 1 person

  1. Kyk, ek kan ook nie wag vir ń geleentheid na Erna se dorp toe nie. Dis so, so cool dat ons spekboompies in die regtige wêreld bestaan, amptelik, opgeteken. Dis die beste idee wat ek hierdie hele jaar beleef het.

    Liked by 5 people

  2. Fenominale idee gewees Lekkervurig en Toortsie, ons saluut julle. Dis nou ń riem onder die hart, ons is verewig! Maak my nou nog meer lus vir ń kuuer in die Candeboo.
    Hou Broodina ver ver ver weg. Ons verkoop haar aan ń Arabier in die Sahara woestyn, daar kan sy lekker kaktus speel.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!