Die tong

As daar nou een stukkie in die Bybel wat waar is en wat swaar is, is dit die stuk oor die tong in Jakobus 3. Oeeee!

Ek het al as jongmens baie ernstig aandag gegee aan hierdie stukkie, woorde hardloop mos maklik by my mond uit. En raai, oor jare kan ek regtig sê dat baie gebed, baie werk daaraan, baie keer val en weer opstaan, doelbewus let op wat ek sê, doelbewus konsentreer daarop dat positiewe goed, eerder as negatiewe goed, by my mond uitgaan, het vrugte afgewerp. Ek hét geleer.

Maar net sodra jy dink jy is nou oulik, kyk, dan word jy tot realiteit geroep op die mees onverwagte oomblik en val die dominoes wat jy oor jare opgestapel het, klik, klik, klik, om. Poef!

Dis mos darem nou nie dat ek nie gewaarsku is nie. I like to read what Minister Aldtric Johnson writes everyday, you can learn so much from him. In this blog post he writes about the bad impression that you had left behind and that you have to live through it by being good in your everyday life. I think it is not all about first impressions, but also about being good to the people around you, the people in your house, where you also slip up sometimes.

Maar, dis nie net Minister Aldtric wat my waarsku nie, In my stiltetyd staan ek steeds stil by Jakobus en doen tans Geloof vir ‘n tyd soos hierdie deur Johan Smit. Jakobus, en Johan Smit, waarsku my dat ek moet dink voor ek praat, dat as ek dit kan regkry om my tong te beheer, ek ook sal regkry om ander dinge in my lewe te beheer. Selfbeheersing. Van bote beheer met ‘n kleine roer het ek geen ondervinding nie, ek sien maar net altyd hoe die grote oliebote by ons suidpunt verbyvaar, deur mooi waters, deur stormwaters, ek sien soms hoe die branders bo-oor ‘n boot slaan. Van ‘n perd en ‘n stang in sy bek het ek ‘n bietjie meer ondervinding, ek het nogals ‘n bietjie ponie gery kleintyd.  Johan Smit sê dat my tong my in die regte, óf verkeerde rigting kan stuur en dat ek alleen in beheer is van hom.

Susan Coetzer probeer my ook waarsku my in Smarties vir die siel. Sy sê ons moet vas aan skadelike woorde, onnodige, afkrakende, negatiewe woorde, dat ons ons gedagtes moet bekyk voor ons dit uitsaai. Ek maak ewe ‘n ! by dit. Sy sê, soos Jakobus, dat woorde soos vuurhoutjies is, en nie te lank terug nie het ek ook met groot oë gekyk hoe ‘n vuur kan brand!

Ook by Toortsie strike die pawpaw soms die fan, val die appelkar soms om. Dis niks om oor trots te wees nie, maar baie om aan te werk, deur die genade van die Here.

Groetnis

Toortsie

19 thoughts on “Die tong

  1. Ek onthou een van die gesegdes wat in ALMAL se destydse autograph boekies verskyn het was: beware of your tongue. Remember its in a wet place and likely to slip…..so jammer ons het daai tyd nie mooier daaroor gedink nie!

    Liked by 1 person

  2. Dis ‘n stryd vir my ook en soms is ek so onnosel, ek kom nie eens agter dat ek die verkeerdste ding op die verkeerdste moontlike tyd gesê het nie. Ek kan darem baie mooi om verskoning vra, maar dan is die kwaad reeds gedoen.

    Liked by 1 person

  3. Ag Hester…ek is gereeld in kookwater daaroor want om een of ander rede is my woorde wat ek spreek en die woorde wat die ander party aanhoor heeltemal verskillend…dan breek oorlog uit!!😂

    Like

Gesels saam, asseblief!