Ek was nog altyd lief om ‘n bietjie spinasie in my tuin te hê. As jy dit eers het, hou dit aan met groei en jy kan na hartelus pluk wanneer jy nodig het.
In ons dorpstuin was dit weer so. Maar nou maak manlief tuin en die spinasie wat net daar staan, werk op sy senuwees. Een dag sny hy hulle almal af, met die doel dat dit weer sal uitgroei, maar nooit weer is hulle dieselfde nie. Die peste en plae val hulle aan. En Toortsie se wange is dik.
Intussen is ons besig om te verhuis en hy maak solank tuin by die nuwe huis. Hy plant bome en maak groentetuin, te mooi. Die spinasie en pietersielie en ander kruie groei welig.
Manlief dra spinasie aan. Wasbakke vol! 😊 Dit bly sommer in die een kombuiswasbak lê en as ek water gebruik, word hulle natgespat en bly dit vars en lewendig.
Intussen doen Toortsie navorsing: Elke moontlike resep wat spinasie bevat word bekyk hoe dit Bantingvriendelik voorgesit kan word. Dis spinasie in die slaai, spinasie in die bredie, spinasie en skelvis, spinasie in hoender, spinasietert, ryk en romerige spinasie, …
Manlief noem so terloops dat ons nou net spinasie eet.
Net toe ek dink ek het die hoop spinasie gewen, lê daar ‘n nuwe, vars pluksel, ‘n hele wasbak vol!
In ‘n restaurant merk hy op dat ek moet kyk op die spyskaart, daar is spinasiegevulde biefrolletjies. Hy help ook nou al reseppies uitsoek!
Nou na, spinasie sensasie, ons gaan STERK word, as Pop-Eye reg is!
Toortsie
Ns. Onthou, as julle wil weet hoe om spinasie lekker voor te sit, vra net vir Toortsie. Sy eet, leef en droom spinasie.
Ja, die Towerinne weet! Hahaha. Ons is ook baie lief vir spinasie (dis nou ek en my dogter) en my man begin ook mor oor al die “groen” kos wat hy moet eet.
LikeLiked by 1 person
Ek vra hom gisteraand of hy al moedeloos is daarmee, toe antwoord hy dat dit darem goed versteek is. 😁
LikeLiked by 1 person
Haha
LikeLiked by 1 person
Njammies! Self mal daaroor, veral so vars uit eie tuin! Heerlik gelees.
LikeLiked by 1 person
Lekker…ek het juis ‘n yster tekort! 😄
LikeLike
Ek het een keer gelees dat die ysterwaarde van spinasie dalk nie reg weergegee is nie. Of dit waar is, weet ek nie. Intussen werk ek die groenigheid maar oral in. Vanaand? Omelet met spinasie en kaas. 😂
LikeLiked by 1 person
Nou is ek sommer lus vir jou spinasie omelet as ontbyt…njammies!
LikeLiked by 1 person
Ek moes sout op die sampioene gegooi het. Smaak het ietwat ontbreek! 😂
LikeLike
Spinasie is seker my heel gunsteling groente
LikeLiked by 2 people
Ek raak nou liewer vir dit. Dit moet net nie oorweldig nie
LikeLiked by 1 person
Spinasie groei so lekker en maklik. Ons het self hier heelwat spinasie, ek hoop die ander goed begin binnekort vrug dra, dat ons bietjie verskeidenheid kan hê. Jy is meer kreatief as ek met die spinase.
LikeLiked by 1 person
Ek moet wees! Vanaand is dit in sie bredie saam met ander groente.
LikeLike
Wat doen jy alles met spinasie?
LikeLike
Spinasie is my liefste lekkerste groente. Ek maak quich (sonder kors), roomspinsie, gevolde hoenderborsies met spinasie en spek omgedraai, spinasie pannekoek ens
LikeLiked by 1 person
Spinasiepannekoek het ek destyds voor Banting baie bestel.
LikeLiked by 1 person
Bak banting pannekoek
LikeLiked by 1 person
Ek sal dit nog probeer. 😁
LikeLiked by 1 person