Ek en hangbrûe

Hierdie is ‘n verbeeldingsvlug van Toortsie, wat deel is van ‘n toer in die verbeelding van 14 dames, genaamd die Towerinne. Indien u die hele verhaal wil lees, kan u op hierdie skakel kliek.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Kyk, jy kan maar sê van Hester wat jy wil, maar sy is ‘n bok vir sports. Eintlik ‘n ystervrou, as jy my vra! Sal sy ons sowaar na die Lake Eland Natuurreservaat daar in KwaZulu-Natal neem en ons met ‘n slap riem vang om oor die hangbrug te stap! Die ergste van Hester is, sy kry dinge reg! Daar word geen teëpratery van enige aard geduld nie.

Nou mense, ek het al ‘n geskiedenissie met hangbrûe. Die ding is, my balans is regtig nie baie goed nie, en die ou hangbrûe (is dit brue of brûe? brûe voel meer reg, sê julle maar) uit my kinderdae was maar lamlendig en gevaarlik om oor te loop.

Dan is my man nog ‘n platjie ook en net sodra ek die brug betree, laat hy dit beweeg, asof die brug op sy eie baie stil staan!

Keer op keer steek ek my vrees in my sak en gaan bewende en skreeuende daar oor. En dis wat vir my so interessant is, dat Hester sê ek het die ander gemotiveer om oor die hangbrug te loop!? Dalk was hulle bevrees vir die gille en het hulle net besef dis nou of nooit, ons moet hier oor!

Toe kom die grootste uitdaging nóg: Stormsriviermond se hangbrug. Die eerste keer wat ek daar kom, het ek net nie die moed om daar oor te gaan nie. Ek gee ‘n praar treë en draai maar eerder om.

 

Maar Stormsriviermond se hangbrug roep my keer op keer. 77 meter, sê Google.

Die volgende keer skraap ek al my moed bymekaar en toe daar niemand op die brug is nie, loop ek voetjie vir voetjie oor. Die sweetdruppels loop teen my rug af, ek bewe van angs, maar ek kom oor en weer terug.

‘n Volgende keer waag ek dit selfs met ander mense op die brug, tot een amper sê ek ‘n vieslike woord persoon dink dis nou tyd om te spring op die brug. Ek het soveel woorde geskree wat ek nie geweet het bestaan nie, ek dink nie sy sal dit in haar lewe weer waag nie!

Nou ja, dis toe dat Hester dink ons moet weer ‘n ou hangbruggie probeer. En ons het. En ons het vasgebyt. En ons is daar oor. Ja, die kranse hét antwoord gegee, maar wie gee nou om daarvoor?

Toortsie

40 thoughts on “Ek en hangbrûe

    1. En dan moet jou metgeselle mooi werk met jou.
      By Stormsriviermond is nou ‘n tweede hangbrug. Ons loop daaroor en dit gaan baie mooi, toe gee die brug ‘n verskriklike ruk. Ek gil dat die kranse antwoord gee. Toe was dit my broer wat gegly het en reg agteroor geval het. Gelukkig steeds op die brug, darem nie afgeval nie!

      Liked by 1 person

  1. Dis altyd erger as daai hangbrug oor ‘n rivier of ander bewegende massa water is. Dan voel dit mos asof die water jou ingewande meesleur en jy moet saamgaan. Nou moet jy darem toegee dat die KZN brug nie heeltemal so erg is nie – daar is net bosse en bome daar onder en die brug is nogal stewig ook. Maar julle was baie dapper, hoor?

    Liked by 2 people

  2. Ek moet ongelukkig met jou verskil…..en dankie dat jy my aan doe Stormsrivierbrug herhinder het. Hom het ek al voetjie vir voetjie oorgeloop….en tot ‘n bietjie gestaan en kyk na die see onder my. Hy is nie so hoog nie. Hester se brug is laaaank en baie hoog. Daar is nie ‘n manier waarop ek oor daardie brug sal loop nie. Virtueel het ek hande viervoet -op maat van jou gille wat die kranse laat antwoord gee (soos Abrie tereg gesê het) – gekruip.😉

    Liked by 1 person

  3. Maak nie saak nie…oor n brug wat oor die water gespan is en wat beweeg, sal ek moeilik net kan oorstap. Geblinddoek, proppies in die ore en op my maag, sal ek dit DALK oorseil, terwyl ek Toortsie sie stryd sal aansê oor wie die hardste gil!

    Liked by 1 person

  4. Ek is nou bietjie anders, hangbrue maak my nie bang nie. Ek sing nou soos die dapper muis, nee dazrs niks wat my kan vang nie. Ek kom agter met my ouer raak raak ek klastrofobies, nog nie te erg nie, maar tob. Met hoogtes is ek nog ok.
    Wens ek het ń video kamera gehad om die tog oor die brug vas te lê vir die nageslag.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s