Broodina, jaaaaa jong!

Hierdie bloginskrywing is deel van ‘n verbeeldingsvlug van 14 blogmaats, beter bekend as die ‘Towerinne’, wat besig is met ‘n verbeeldingstoer deur die land. As jy wil lees wat hulle alles aanvang, kliek op hierdie skakel, waar al die stories in hierdie reis gelys is:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Terloops, hierdie is die 70ste hoofstuk in hierdie storie.

Kyk, as jy nou nie wil hoor nie, moet jy maar voel! En Broodina wil duidelik nie hoor nie. Soveel keer het sy haar nou al in die Towerinne vasgeloop, soveel keer het sy al probeer moeilikheid maak, vals berigte versprei, maar steeds wil sy nie hóór nie!

Die toppunt was toe sy dit probeer regkry het dat ons nie die pragtige, kleurvolle, Dullstroom mag besoek het nie en ewe met polisiebegeleiding deur die dorp geneem is. Wat meer wil jy nou hê? Waar, in jou lewe, het jy al van so iets gehoor?

Maar, soos ek reeds genoem het, het Broodina nie ore nie, of dalk nie verstand nie, nie wysheid nie, nie insig nie, ek ken nie besluit wat sy nie het nie! Of dalk het sy ‘n persoonlikheidsversteuring, dat sy ons keer op keer wil terugkry vir moeilikheid wat sy self veroorsaak het? Dalk hou sy van moeilikheid soek? Ek weet regtig nie. Want, as sy slim genoeg was, sou sy weet dat jy nie met blogmaats moeilikheid soek nie, soos ek al lankal vertel het wat met trolle gebeur wat moeilikheid op blogs soek.

Maar, soos die ou bekende kat van Ou Jan Wilson, wat keer op keer teruggekeer het, so is sy.

Ou Broodina is ‘n trol wat ons net nie wil verlaat

Ons het alles geprobeer om haar van ons weg te keer,

maar sy wil net nie hoor 

en bly ons aanhou pla

nou, dan moet sy maar voel 

en self die gevolge dra!

Maaarrrr

Broodina kom weer, want sy wou nie langer wag

Broodina kom weer, net die volgende dag

Broodina kom weer, glo vir my dis waar

Die anderdagmôre was Broodina weer daar!

Kameel het besluit dat dit sommer nonsens is dat sy probeer beheer uitoefen oor Dullstroom, die polisie, én die Towerinne. Wie, dink sy is sy? Dus, toe Kameel haar plan vir ons fluister, het ons soos een span op die perde geklim en vir haar gaan wys dat ons nie in ‘n blik te druk is nie. Ha!

Intussen het Scrapy haar planne mooi bymekaargekry en vir haar, voor sy haar oë kon uitvee, in ‘n vinnige vuurpyl ‘n klomp draaie om die aarde laat vlieg. Dít sal haar leer!

Sal sy nou haar les leer? ‘n Mens weet nooit! Ons toer is halfpad en ons het nog ver om te gaan. My grootste vrees is dat sy besluit om suid te gaan en ons hier iewers in te wag, so ek het solank voorsorg getref en vir die eienaar van die Suidernuus solank gewaarsku dat hy tog nie so ‘n haakneus joernalis wat die afgelope jaar onder andere in Hartebeespoortdam en Dullstroom gewerk het, aanstel nie. Sy voorspel net moeilikheid vir hom en sy koerant, en julle weet mos hoe dit in klein dorpies gaan.

Nou ja, net die tyd sal leer.

Groetnis

Toortsie

47 thoughts on “Broodina, jaaaaa jong!

  1. Dit is goed jy het die Suidernuus voorberei….maar ek hou nogsteeds duimvas dat sy nadese haar les geleer het. Ek sluk swaar aan Broodina kom weer!!! Sy laat my net te veel aan my oujongnooi onderwyseresse uit my hoërskooldae dink. 😣

    Liked by 3 people

    1. Die tweede versie van daardie lied laat my ril.
      Hul sit haar op ‘n skip en stuur haar na Ceylon
      Die skip was gelaai met 12 000 ton
      Nie ver nie van die land
      Het die skip gesink
      En al die matrose op doe skip het verdrink.
      Maarrrr

      Liked by 2 people

        1. Sonder haar bril moet dit nogal angswekkend wees om teen so ‘n spoed deur die ruimte te wentel. Siestog, dalk moet ons haar laat terugkom en haar bietjie lawe met ‘n bederfie. Kan dalk haar houding verander…lae selfbeeld en so-aan, sit agter alles.

          Like

  2. Hoop net die brandstof in die vuurpyl is genoeg om haar te keer dat sy nie in die suide land nie. Ek het die timer vir Dullstroom gestel maar mens weet nooit nie. Sjoe jul moes daardie gesig gesien het toe die vuurpyl afgaan en op haar af jaag. Al haar hare het regop gestaan. Sy het haar skoon uit haar bril geskrik. Nou kan sy nie juis sien nie.

    Liked by 3 people

  3. Mooi gedoen Scrappy ons koop vir jou ń medalje, briljante plan. Mag haar brandstof in die ruimte op raak en sy vir ewig wentel. Toortsie ek hou niks van jou lied nie, mag dit glad nie profetiese woorde wees nie.
    Ek maak dadelik werk daarvan om die Tygerburger ook te waarsku teen haar.

    Liked by 4 people

    1. Ja wat, as ons kan voorbrand maak, het sy nie ‘n kat se kans om verder op ons roete moeilikheid te maak nie. Ons móét haar beskerm teen haarself. Ek hou ook nie van hierdie lied nie, maar sy kom sowaar keer op keer terug. Sy is erger as ou Jan Wilson se kat!

      Like

  4. Net soos Bondels was my brein ook op n slow strike…maar ai Toorts! Broodina kan nou maar emigreer want ons towerland het nou te klein geword vir haar. En by the way…..jy is n liedjieskrywer van formaat!!

    Liked by 1 person

  5. Kan ons nie maar vir Broodina wegtower nie, so tjoef tjaf, poef, weg! Of anders vir haar ‘n mooi persoonlikheid laat kry.
    Op daai selfde noot, hoop ek om die ouditeure wat hier is tjoef tjaf weg te toor (sug)

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!