Toortsie, is als reg?

Toortsie is nie weg nie. 😁 Ook nie siek nie, hoor. Not heart-broken, not sad. Toorts se hartjie is nie seer nie, haar arm is wel ‘n klein bietjie seer, maar ons kyk daarna.

Toortsie is net beeesig. Waarmee, weet ek ook nie eintlik nie, maar sy hardloop van herwaarts na derwaarts, storm van oos na wes, en kan ook nie regtig wys wat sy doen nie, seker omdat sy nie die verskil tussen oos en wes ken nie!

Hier by ons in die Overberg raak dit, hoe nader die einde van die jaar kom, net al hoe besiger. Die dae raak langer en warmer en ‘n mens raak moeg en rig min uit. Dalk gaan dit maar orals so, ook by julle, maar ek weet mos net hoe dit hier by ons gaan.

‘n Ander blogmaat, wat ek nou nie kan onthou wie dit was nie, praat van Oktobersindroom, en dit maak vir my sin. Die jaar raak lank, die dae langer, ook in die boerdery begin ons klaarmaak, dis oestyd, ure raak meer. Daar’s druk om die oes van die land af te kry voor wind en reën dit vernietig.

Intussen probeer ons steeds pendel tussenin, die admin raak uit beheer, blablabla.

So, soms vang dit die Toorts, soms raak sy bietjie oorweldig, maar die meeste van die tyd is sy dooddollies, hoor! 🙃😎 En die ou liggie probeer nog so tussenin sy ding doen. 🔦

En binnekort kom die Towerinne kuier! 😳

29 thoughts on “Toortsie, is als reg?

  1. En hier by ons noem ons dit sommer “Silly Season” want dit herhaal regtig elke jaar dieselfde tyd…… so ons voel saam met jou

    Sent from my Samsung Galaxy smartphone.

    Liked by 1 person

  2. Dit is definitief hierdie tyd van die jaar sindroom. Tot die tuin staan op sy kop….amper oornag het die onkruid amper kniehoogte gegroei, en al wat ‘n struik is het dringend ‘n haarsny nodig. Sterkte!!!

    Liked by 1 person

  3. Ek weet nie wat op aarde van my dae word nie. Ek kan nie my vinger lê op iets wat ek gemaak, geskryf of gesing het nie, maar die dae vlieg verby. Hoe weet ek nie, want ons is bykans twee weke al vasgekeer in die huis met vrot weer. Tenminste weet jy darem so min of meer waarmee jy besig is.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Bondelsgedagtes Kanselleer antwoord